Huishulp aborteer glo baba in badkamer

Argieffoto

[WAARSKUWING] Die inligting in die berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

ʼn Jong vrou het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van moord nadat sy na bewering haar ongebore baba in ’n badkamer by haar werkplek geaborteer het.

Volgens kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, is die 22-jarige vrou Vrydag by ʼn huis in Mayfair, Johannesburg, in hegtenis geneem waar sy as huishulp werk.

Mbele het gesê die vrou se werkgewer het die polisie omstreeks 08:00 na dié huis ontbied nadat die werkgewer ʼn emmer met ʼn fetus van sowat sewe maande in die huis ontdek het.

Mbele het gesê dat die werkgewer agterdogtig geraak het toe die vrou haarself vir sowat twee uur in die badkamer toegesluit het met die kraan wat oopgedraai was.

“Sy het vir haar werkgewer gesê sy was haar klere, maar die waspoeier was in die kombuis,” het Mbele bygevoeg.

Sy het die badkamer met ʼn emmer verlaat waarna haar werkgewer haar winkel toe gestuur het. Die werkgewer het daarna in die emmer gaan kyk waar die skokontdekking gemaak is.

Paramedici is na die toneel ontbied wat die ongebore baba op die toneel dood verklaar het, het Mbele gesê.

Die vrou sal weer op 25 Maart in die hof verskyn. Sy sal na verwagting dan om borgtog aansoek doen en bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Charlie ·

Hierdie sort ding gebeur soms natuurlik en soms geforseerd.
Voordat van “moord” gepraat word moet op mediese kundiges geleun word om uitspraak te maak.
Ek kan dit nie nou met inligting tot my beskikking doen nie.

Haan ·

Alle aborsie is moord. Hetsy dit nou deur n dokter gedoen word of nie.

LD ·

Ek is maar dom met die soort goed maar hoe bring jy self ñ 7maande oue fetus af? Is dit moontlik?

Jennifer ·

ek’t aan my koffie verstik…………..
so ek probeer hierdie berig in ‘n prentjie omsit sodat ek kan verstaan
dis verskriklik…………. so het sy ‘n aborsie pil gehad? of wat op aarde?
dalk is die kind beter af sonder so tipe ma
die arme vrou wat die emmer gekry het sal nooit weer dieselfde wees nie, sterkte vir jou!

ne ·

Sterliseer haar onmiddelik. Daardie mensie het nie gevra om daar te wees nie!

bianca ·

Die meisie is 22. Kon dit nie n miskraam wees en sy het nie geweet wat om te doen.

bianca ·

Sy was dalk bang en nie geweet wat om te doen. Mens sal nooit weet. Voel net jammer vir dai klein mensie. Sy was dalk gedreig deur famielie dat as sy voortgaan met swangerskap sou hulle haar afskryf. Of dalk die pa van die baba wat nie gelukkig was met die baba en sy het bang geraak, daar moet n duidelike antwoord wees op wat sy gedoen het. DIT BLY WREED EN TRAGIES.

Humble opinion ·

Mense, mense. Hierdie gebeur. Nie almal bou ‘n kind uit liefde nie. Sommiges word daarin gedwing met geweld. Haal julle oogklappies af. Hierdie dame het ‘n besluit gemaak om nie kind te hê terwyl sy nog steeds ‘n kind is nie. Hoeveel drome het sy nog nie vir haarself nie? Nou word sy gekruisig. Ek skaam my soms vir ons wit Afrikaners wat so gou op hul high horses klim. Sy is dalk fyn/groot gebou en het eers laat besef van die swangerskap. Alles in moontlik. En ja…dalk was daar nie iemand vir haar om in vertroue te neem nie. Duidelik het het die werkgewer nie aandag gegee nie

GM ·

Ongeag of sy dit self laat gebeur het, en of die baba net vroeg gekom het, hoekom die baba in ‘n emmer prop? Dis wreed.

Ek het al gelees van konkoksies wat hul aanmaak en drink, of dit werk weet ek nou nie, maar as die vrou so iets gedoen het, hoekom wag tot op 7 maande en nie toe sy uitgevind het sy verwag nie?

Die regering moet Dischem en Clicks klinieke begin betaal en hul gebruik om goed soos voorbehoeding uit te deel. Dalk sal meer jongmense daarvan gebruik maak as hul nie ure by ‘n staatskliniek hoef te gaan sit elke maand/ses nie. Maar almal dink ook weer “dit kan nie met my gebeur nie”, so dis geen waarborg nie.

Johanna ·

Duidelik moet daar n mediese rede hiervoor wees. arme mens. !

Andrea van Vuren ·

Doelbewuste beplande aborsie (geboorte) van lewensvatbare baba. Oor ‘ n paar maande is sy weer swanger!

Skerpioen ·

Ek het in ‘n NICU gewerk…. ons het babas vroeg deurgetrek. Dis ‘n sterk moontlikheid dat as hierdie jong vrou vir hulp gevra het, die baba vandag nog kon gelewe het. Of sy iets gedrink het om in kraam te gaan en of sy spontaan in premature kraam gegaan het, sy het die keuse gemaak om nie vir hulp te vra terwyl daar aan die ander kant van die badkamerdeur hulp vir haar was nie. ‘n Ma sal alles gee en doen om haar baba en kinders te help… hierdie jong vrou is nie in ma nie. Sy is ‘n monster.

Sanna ·

Het onlangs met n onderwyseres gepraat. Kon nes sy nie glo wqt ek gehoor het nie. Dogters in haar kkas, was kliniek tie vir voorbehoedmiddels. Daar was nie om hulle (gr7) te gee nie. Die suster het hulle gesê om nie te stres nie, sou hulle swanger raak, sal hulle aborsies sommer dasr in die kliniek kry.

Jo ·

Net nadat ek hierdie skokkende berig gelees het oor ‘n fetus/baba wat sommer in ‘n emmer geprop is, lees ek ‘n berig oor ‘n verlamde varkie wat gered word. As daar hoop vir ‘n varkie is, waarom was die arme moeder is so ‘n wanhoop gedompel?

Jo ·

Net nadat ek hierdie berig gelees het, lees ek die berig van die verlamde varkie wat beroemdheid gewerf het. As daar hoop en hulp vir ‘n verlamde varkie is, waarom was hierdie moeder in so wanhoop stadium dat haar kind in ‘n emmer beland het?

AmY ·

En as sy die baba by ‘n aborsie-kliniek laat afbring het, dan was dit nie moord nie…

Leweiskosbaar ·

Aborsie is nie wettig op so laat stadium nie. Nie dat dit saak maak nie. #steedsmoord

Andrea ·

Baie vroue/meisies in sekere kulture raak swanger om te wys hulle is vrugbaar en dus goeie troumateriaal. Dan is daar natuurlik die SASSA geldjie ook. Tydens die verloop van die swangerskap loop sake of planne skeef en aborsie is n maklike uitweg. Nie almal voel dat n ongebore baba kosbaar en spesiaal en reeds n mensie is nie. Veral nie n onbeplande, ongewenste een nie. Nie almal se etiese ingesteldheid teenoor ongebore babas, swangerskappe en gesinsneplanning is dieselfde nie.

Mark ·

Natuurlik is jou kommentaar gebou op swak smaak en voor oordele. Die vrou weet sou sy ‘n baba he sou sy soos ‘n hond weggejaag word. Tweedens is dit nie almal wat hulle “skandes” kan wegstuur na ‘n ander dorp, as hulle besef hul dogters is in die “andertyd” nie. Hierdie vrou moes naruurlik tot hierdie vieslike daad oorgaan aangesien sy nie sonder die “honger loon” kon lewe nie. Die feit dat hierdie huisvrou die polisie bel en nie die ambulans nie motiveer my antwoord. Sies.

Mark ·

Natuurlik is jou kommentaar gebou op swak smaak en voor oordele. Die vrou weet sou sy ‘n baba he sou sy soos ‘n hond weggejaag word. Tweedens is dit nie almal wat hulle “skandes” kan wegstuur na ‘n ander dorp, as hulle besef hul dogters is in die “andertyd” nie. Hierdie vrou moes naruurlik tot hierdie vieslike daad oorgaan aangesien sy nie sonder die “honger loon” kon lewe nie. Die feit dat hierdie huisvrou die polisie bel en nie die ambulans nie motiveer my antwoord. Sies.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

….waaroor teef julle…dis mos eers n baba na 9 maande…voor dit is dit net n sak selle wat weggespoel kan word.

LINDA ·

MOENIE GOD PROBEER SPEEL NIE! Die oomblik as selle saamsmelt is daar reeds n lewe deur God gevorm. DIE WAT GOD PROBEER SPEEL SAL TWEEDE KOM.

Ra Amon Khan ·

Julle is almal idiote ….gaan kyk hoe lyk n baba wat op 6 maande gebore is i.p.v. 9 maande ……..God die Skepper slaap nie.

Cynthia TREDOUX ·

Maak nie saak wie HOE beredeneer hier nie…hierdie vrou was 22 jaar oud…en ja…sy weet nie van al die HULP wat sy GRATIS KAN KRY NIE….so daar was geen verskoning vir haar grusame optrede nie…het die mens dan nou ERGER AS DIERE GEWORD? n DIER SAL NIE SOMMER SY KLEINTJIE WEGGOOI NIE…gaan na die natuur…en kyk hoe dit daar gebeur…en laat maar al die SMALENDE OPMERKINGS teenoor die DAME vir wie sy gewerk het…OPSY ASSEBLIEF…..moenie die bal skuif soos dit jou pas nie…ALMAL WEET VAN DIE DAG LOON….

Andrea ·

Is dit nie belaglik dat die vinger nou na haar werkgewer gewys word nie? ! Wat op aarde het dié vrou met dit te doen? Word dit nou weer n ras-ding?

Hollandse ouma ·

Afrikaners vat nou allemaal jou Bijbel en lees die Evangelie in Johannes 8 vers 3-11 Wie kan zeggen : zonder zonde te zijn? HELP DIE VROUW!,,

OOK N MA ·

dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie jy maak nie dood nie ons Liewe Vader gaan nie iets op jou pad bring wat Hy nie weet jy kan hanteer nie. Dit is te maklik vir die kinders om groot mens dinge te doen want hulle mag al van waste ouderdom rond slaap ons goverment moet reg kom hulle gee regte en wie sit met die gebakte pere op die einde van die dag. nee wat moord is moord straf haar miskien sal sy by kom daar is soveel hulp daar buite en vrouens wat wag om babas aan teneem HOEKOM DIE KIND BEROOF VAN N LIEFDEVOLE HUIS EN N LEWE……..KERRIE JY IS SEKER N MAN WAT #$%^&* WEET NIE GAAN KRAP OP N ANDER PLEK

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.