Huishulp deur honde verskeur

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Huishulp is in ʼn kritieke toestand nadat twee Amerikaanse veghonde haar Vrydag in Newlands-Wes in Durban verskeur het.

“Toe paramedici van Netcare 911 by die toneel opgedaag het, was paramedici van ʼn ander diens reeds besig om haar te behandel,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Die voorval het omstreeks 14:15 in Arkwestweg plaasgevind.

“Ons span het by hulle aangesluit om die pasiënt te stabiliseer. Sy is daarna in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Stingel ·

Waar is die span Pitbull fans,hulle dink nou lank. Hulle gaan weer al wat n ellendige verskoning opdis en nog onskuldige mense gaan seerkry.

grotman77 ·

Hi ek is n pitbull eienaar en bestuur n jeug kampterrein en sy kry die geleentheid om elke groep te besoek en kinders dood te lek. Die probleem le nie by die hond nie maar hoe die eienaar die hond grootmaak en hanteer. Gaan lees die karakter trekke van die betrokke groep honde- pitbulls. Ek sal haar nie los by n grommende hond, bye of bobbejane nie want dan is daar beslis ‘n geveg en veeaarts koste.

Mari Rudman ·

Ons dink nie lank hieroor nie!! Die probleem met sulke ‘stories’ …waar is die pic van die betrokke hand? Too many people don’t know the difference between the terrier / bully breeds or mixed breeds…what gets done then????? Blame the poor pit bull!!!

Kobus ·

As jy n hond ken en hom nie een of ander tyd mishandel het nie sal hy jou nie aan val nie

#lovecats ·

Die eienaars moet hospitaalkostes betaal en traumaberading daarna. As mense nie wil hoor nie moet hulle dit dan maar aan hul sak voel. Sekere honderasse is nie troeteldiere nie.

Mike ·

Verbied die aanhou van hierdie honde soos ook in Engeland. Daar was nou al genoeg ongelukke en onskuldiges wat daaronder lei. Genoeg is genoeg. Intelery gebeur ook te dikwels.

bobbo ·

My Yorkie dink sy’s ‘n Rotweiler. Sy skraap gereeld almal. Moenie altyd die ras van ‘n hond OORDEEL NIE!!

anoniem ·

Ek stem 100% saam ..!! ek het n “english bulterrier” sy is d dierbaarste sag ge-aardste persoonlikheid ooit..! Mense moet leer om diere te respekteer..!! en in any case.. “there’s always 2 sides of every story..!” no dog will just attack anybody unless provoked ..!!

Kost ·

Hier gaan ons alweer. Die eienaars moet brutaal gedagvaar word n daardie wrede bond uitgesit word. En die munisipaliteite moet wakker skrik, dis tyd om hierdie wrede mensvreters te verban!

gatiep ·

Kost ja hoe moet die arme skelms hulle werk gedoen kry met sulke gevaarlikke honde. Al ons mense regte op enige iets gaan nog weg gevat word en dan sal julle seker tevrede wees.
Ek het self n pitbull en is n vredeliewende hond met kinders ook.
Hoe kan n mens smeek dat jou regte weg gevat word weet ek nie.

pitbul ·

ek het pitbull en hy is in die huis groot gemaak ek het van klein af hom nog nooit hom uit ge terg dat hy moet grom as hy speel nie, hy is nou 3 jaar oud en enige iemand kan hom deur die hek vryf , hulle kan selfs in kom as hulle wil. daar is n grooter kaans dat my yorkie hulle sal op eet voor hy sal, ek dink dis hoe jy die hond groot maak en hoe jy die hond behandel. baie mense maak hulle hond groot om mense anteval en dit is waneer honde so op tree en dis nie net pitbulls nie dis boerboele, varkhonde stefies ens. so moet nie hond blameer nie blameer die eienaar!

Johan ·

Pitbull, absoluut dra ‘n eienaar by tot dier se gedrag. Maar genetiese teel redes kom altyd deur. Soos ‘n vleisetende dier nie gemanipuleer kan word om tevrede te wees met spinasie nie, so sal ‘n veghond op ‘n stadium nie sy genetiese drange kan keer nie… Dis die dag wat jy begin glo jy het ‘n poedel groot gemaak… Bly altyd bedag op jou hond se gedrag en beplan voortydig wat jy gaan doen as hy byt…

Columbiana ·

Bully for you. Jy is een van die gelukkiges wat hond nog nie iemand verskeur het nie. As jy op die voorblad van die koerant kom as jou hond jou of ander persoon verskeur kan hierie pragtige storie van jou hond weer geplaas word

Sam ·

Liewe Huishulp. Ek is ontsettend jammer dat jou naam nie eers genoem is in hierdie artikel nie. Ek is JAMMER dat jy by die uitvoer van jou pligte wreed aangeval is. Ek was ook aan geval deur ‘n pitbulterrier. Ons eie, En glo my al die ongeskikte kommentare hier bo is ongevraagd en ek wil net jammer sê dat mense so ongevoelig is. Ek was deur 1 Pitbull terrier aangeval. ( SONDER PROVOKASIE, let wel ek het gedink hy speel net, my ma het gesien hy het aangeval) Jy moes teen twee baklei. Ek bid nou dat Jesus jou sal aanraak dat jy GEEN pyn sal voel nie, dat jy geen merke sal oorhou nie en ten volle genees , in Jesus naam. Amen. Ek ken jou nie, maar ek weet dat jou pad vorentoe erg gaan wees. Jy gaan nou elke keer as ‘n hond blaf skrik en dalk vries. Jy gaan selfs nagmerries kry, want ek ervaar dit nou nog, selfs 20 jaar later. En al daai negatiewe kommentaar van die rekenaarstoele sal dit nie kan verstaan nie. My hart gaan uit na jou en ek wens hulle kon ten minste jou naam publiseer. Sodat ek jou by jou naam kon noem. Ek bid steeds vir jou en jou gesin, want jy is dalk ‘n broodwinner. Huis hulpe werk hard en ek admireer jou. Liefde Sam

Annieberry ·

Ai Sam…baie dankie vir jou mooi brief. Ek kry die vrou bitterlik jammer . Als wat jy se is so waar. Ons moet ne aanhou bid vir haar. Stem saam dat die areme vrou se naam genoem kon word. Hoop Maroela laat weet ons hoe dit met haar gaan.

Liendempers ·

Die hond het gebyt. Punt. Ongeag wat en of sy iets gedoen het. Dis die huishulp so die hond ken haar. Ek glo dat honde “iets” kan aanvoel en dan anders sal optree. Ek self het n Doberman. Pragtige ding. Maar ongelukkig gaan die hond wel van kant gemaak moet word. Hy sal weer byt. Indien sy iets gedoen het aan die hond is dit regtig jammer dat die hond nou aan die kortse ent gaan trek. Ek hoop nie ek is ooit in daardie posisie nie. Net sy en die hond weet wat gebeur het en ongelukkig kan die hond nie praat nie. Dis net vir my opvallend in die kommentaar, dat wanneer n hond n inbreker/aanvaller gryp, almal vir woef n steak wil koop? Ek se weer, honde voel dinge aan……

M A ·

Alle honde kan aggressief raak vir redes wat ons nie verstaan nie. My groot hond het nou die dag my klein hondjie se kop afgebyt en die ander een beseer. Hulle het saam grootgeword en was liefste maatjies. Daar was nie kos betrokke nie. Party rasse is maar net sterker en meer geneig om te byt. Kinders is veral kwesbaar omdat hulle op oogvlak met honde is. As jou hond nog nooit iemand gebyt het nie, is dit genade en nie sy ras of die manier waarop hy grootgemaak is nie – dit het skerp tande vir n rede!

Mariaan ·

Net omdat ń hond nog nooit iemand gebyt het, beteken dit nie hy gaan dit nooit doen nie.
Dis gewoonlik die eienaars wat sê hulle honde byt nie, maar dis nie wat die hond sê nie.

Ja nee ·

Dit is NIE die hond se skuld nie. Kyk na die huis. Kyk na die eienaar. Kyk of die hond opgelei is. ń Hond moet opgelei word, gesosialiseer word met mense en ander honde. Moet weet hul is ondergeskik. Baie liefde kry en dissipline.

sue-ann ·

Ek bet agter gekom ons huishulp slaan ons hond met die besem as ons nie tuis is nie. Die uiteinde is die huishulp se dienste is beindig. Vier jaar later en ons hondjie is steeds vreesbevange as iemand met ń besem werk…

Jan ·

Honde word net vir een rede aangehou. Dit is die land se regstelsel wat sy burgers gefaal het, dit is noodsaaklik dat ons kwaai honde aanhou wat jou, jou gesin en besittings beskerm.

Tjert ·

Die naam “Pitbull” word deesdae aan ENIGE hond wat byt toegedig! En al was dit ‘n Pitbull…soek die oorsaak by die omstandighede wat gelei het daartoe dat die honde aangeval het. Mense moet opgelei word en honde moet gedisiplineer word. Ek het 3 Staffie/Pitbull kruisings. Hulle is weens hulle opvoeding drie bondels liefde – enige iemand kan hulle streel en met hulle speel, selfs my kleinkinders. Jammer vir die trauma van die insident maar honde word toevallig met tande gebore en ‘n instink wat deur korrekte disiplinering gereguleer moet word.

Foxi ·

Verskriklik jammer dat dit moes gebeur het. Maar hierdie soort honde het fantastiese temprament. Dit is net hoe jy hulle handteer en behandel. En o ja……hulle kan n rower en n kwaadwillige persoon ruik en aanvoel. Hierdie honde se gedrag verander met tye…..raak ook gou geirriteerd……..alhoewel hulle tog rustige diere is….moet jy hulle nie onderskat nie.
My pa het ook altyd gesê……moet nooit hierdie soort honde in die oë kyk nie……maar moet ook nooit jou rug teenoor hulle draai nie. Hierdie honde moet net die regte opleiding kry, want hulle kan jou lewe red in alle omstandighede.

Pieter ·

Wys my ‘n slegte hond en ek wys jou ‘n slegte eienaar, wys my ‘n slegte kind en ek wys jou ‘n slegte ouer, wys my ‘n slegte werker en ek wys jou ‘n slegte baas.

Foxi ·

Pieter…..jy kon dit nie beter gestel het nie…..DIT IS SO WAAR!

André ·

Stem 100% saam met jou Pieter. Wens mense wil ophou om altyd die diere die skuld te gee as so iets gebeur.

Sam ·

Wat ookal die rede is vir die ongeluk, punt bly staan iemand het lelik seer gekry. En voor so iets weer gebeur moet die honde van kant gemaak word, soveel as wat dit my pyn om dit te se, maar as ‘n pitbull een keer bloed geruik/geproe het is die kanse baie groot dat dit weer kan gebeur. Sterkte aan die huishulp maar sterkte aan die gesin ook. Ek glo nie dit is maklik vir hulle om te aanvaar dat hulle honde kinders verantwoordelik is hiervoor nie.

Mica ·

Jy weet die snaakse ding hier is dat anti-pit bull verbanner aktiviste selfsugtige kat liefhebbers wat so graag hulle brak mondjies uitspoel oor hierdie hond het nog nie gesien hoe een van hierdie honde n kind met hul lewe sal beskerm wanneer n skelm besluit om homself die huis gemak te maak nie. Heil die pit bull! Heil die ervare pitbull eienaar waarvan ek een is!

Christel ·

Elke hond het tande en elke hond kan byt maak nie saak van grootte of tipe nie. Ek het self n pitbull. Nou 4 jaar oud en hy beskerm my en die kinders met als wat hy het. Geen vreemde persoon sal naby ons kom nie. Ek se nie dat hy nie eendag sal byt of teen ons draai nie maar hoekom moet die honde altyd die skuld kry. Mens hoor altyd van kinders en mense wat gebyt word deur sulke honde maar kyk jy ooit na die agter grond van die hond of hoe die hond groot gemaak was, liefde ens. Hulle word wel gebruik vir veg maar hulle het ook n reg om te bestaan nes enige ander hond, dier en mens. Hulle is regtig nie altyd so sleg soos almal se hulle is nie. Soek ook maar net liefde.

M'Lady ·

Dis nie die hond se skuld nie. Te veel “backyard breeders” en onverantwoordelike eienaars wat in die eerste instansie nie n hond moes gehad het nie.

Nevi ·

Kyk hoekom altyd as iemand deur honde aangeval word kry die honde ras die skul?
Die mense wat si teen die honde ras is, is dieselfde mense wat altyd kla oor die hoë misdaad syfer in die land. Het julle al gedink dalk hoekom die honde haar moontlik aangeval het. Dalk altyd geskel en slaan? Ekt al ‘n paar (wrede rasse) tee gekom wat dan eintlik sagter as worsies is.
Ek glo persoonlik dat hoe jy hond grootmaak eerstens en dan hoe die persoon wat in sy gebied kom hom hanteer is wat die hond se gedrag bepaal. Ook as sy weet die honde hou nie van haar nie, wat soek sy by hul? Dalk die hekkie oopgelos of oopgemaak? Dankie dit was net my mening. Die honde is nie altyd die gemors nie

CommentQueen ·

Neewat. PitBul liefhebbers kan niu maar op hul koppe staan en deur hul agterstewe fluit…. Dis n Amerikaanse VEGhond VEGhond VEGhond…. Daar is TE VEEL GEVALLE om aan te hou met die storie – “hulle is onskadelik” ek vertrou hierdie honde GLADNIE en my kinders gaan kuier ook nie by maats as daar n VEGhond of Rotweiler of Boerboel is nie….

spook ·

Nou woner ek wat mut ons se??? Ons het 2 jack russels, n reun en teef wat al 10j oud is en Woensdag het ons reun v GEEN rede my man gebyt en dit net oor hy wou kyk of da ni dalk iets in sy bek vas sit ni oor ons agter gekom het hy le net en eet ni, selfs by di veearts wou hy hom byt en hule wou hom uit sit, want hule het gedink hyt hondstolheid, mar ekt net eenvoudig geweier en opi ou einde het ons agter gekom hys blind… Mense is te gou om altyd di dier di skuld te gee. Vra eder ees hoekom hule ha angeval het!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.