Huishulp dood in badkamer aangetref

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Gauteng ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn huishulp Vrydag in die huis in Laudium waar sy werksaam was aangetref is.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 14:00 plaasgevind.

Die liggaam van die huishulp (41) is glo deur haar werkgewer gevind toe sy by die huis gekom het.

“Haar liggaam is in die badkamer aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgebind en sy het ʼn hoed in haar mond gehad,” het Moloto gesê.

Moloto het aan Maroela Media gesê daar was nie sigbare beserings aan haar liggaam nie, maar dat die polisie nie wil spekuleer oor die oorsaak van haar dood tot die uitslae van die nadoodse ondersoek gedoen is nie.

Die motief en hoe die verdagtes toegang tot die huis verkry het, is in dié stadium onbekend.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

madels ·

Dis verskriklik, moordenaars is oral!!! Huishulpe moet ook geleer word om op hul hoede te wees wanneer hulle alleen is deur die dag en moet toegrus wees met n “paniek knoppie” indien hul vermoed daar is iemand besig om in die huis in te breek.

Leahim ·

Geen vrees vir die wetstoepassers of die nagevolge van hulle dade nie al wat sal help is bou groter tronke of bring doodstraf terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.