Huishulp, kleuter ‘erg getraumatiseerd’ ná huisroof

Die polisie op die toneel. Foto: Verskaf

Die polisie op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Vreesbevange huishulp en tweejarige kleuter moes Woensdagoggend op die vloer in ʼn huis in Parkhill, in die noorde van Durban lê, terwyl gewapende rowers die huis omgekeer het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê die maatskappy se nooddienssentrum het omstreeks 10:00 inligting van die plaaslike buurtwag ontvang dat ʼn inbraak by ʼn huis in Clarendonweg aan die gang is.

“Gewapende rowers die elektriese hek voor die huis van sy spoor gelig om in te kom. Die huishulp was alleen tuis saam met ʼn tweejarige seuntjie en hulle is gedwing om op die kombuisvloer te lê, terwyl die mans die huis omgekeer het,” het Van Reenen gesê.

“Die mans het elektroniese toerusting en ʼn groot kluis, waarin daar na bewering ʼn groot bedrag kontant en juweliersware was, gevlug.”

Van Reenen het gesê die gebied is gefynkam, maar niemand is in hegtenis geneem nie. “Die huishulp en die seuntjie is nie beseer nie, maar was erg getraumatiseerd en is deur Marshall Security se mediese ondersteuningseenheid bygestaan,” het hy gesê.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die polisie is op soek na ses verdagtes. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

De Villiers ·

Dis baie erg, dit was onnodig en ek is baie jammer vir hierdie slagoffers. Maar nou wonder ek wat was die ergste: hierdie geval of die ander geval waar twee wit mans ‘n swarte in ‘n kis gedwing het. Dit gesê wonder ek nou of die media dieselfde sensasie hieraan gaan gee as die kis-storie, waar die rolle 10/1 omruil is. Indien nie, bevestig dit weer Kallie Kriel se standpunt oor dubbele rassisme teen blankes.

Cherokee ·

Wat jy sê is meer waar as wat die mense wat ligweg hier lees, besef. Diesulkes wat soveel drama opgeskop het by die kommentaar van die berig waarna jy verwys, verstaan nie wat jy hier sê nie. Hulle sweep mekaar op by berigte soos daardie en is stom by berigte soos die.

C ·

De Villiers ek stem 100% saam met jou. As hierdie rowers aangekeer word en in die hof verskyn gaan die eff, anc en da dieselfde groot hoe haa maak soos hul nou met die kis voorval doen? Ek glo nie, die kis voorval wat dit mos nou 2 wit mans betrokke maar in hierdie geval is die aanvallers mos nou aan die regte kleur grens. Dubbele standaarde in ons land word beslis baie streng toegepas as dit kom tussen wit en swart.

marlene ·

Ondersoek maar naby die huis – hul het vooraf kennis gehad vd “groot kluis met al die juwele en kontant”

Pastoor ·

Ja verseker. Inside job. Sy sal ook haar cut kry. Eks n bobbejaan maar eks n ou bobbejaan. Hoe weet n skelm as hy verby n huis ry. Daars geld en n kluis. Hulle is getip

Elna Kupke ·

Mense moet my nou nie oordeel nie, maar ek het al genoeg gewerk saam met ons “dierbare mede nasie”. As daar ‘n nasie is wat BAIE GOED kan toneelspeel is dit hierdie klomp-ek praat uit ondervinding (een wie se ma oorlede is en toe skielik weer springlewendig na 7 maande). Vreeslik hartseer gewees en getraumatiseer en ek was nogal saam hartseer (bid jou aan). Hulle praat uit jou huis met ander bediendes en vertel presies wat in jou huis is en aangaan. As ek ons mense raad kan gee. Probeer blankes kry om na jou kleingoed te kyk en probeer om jou plek self skoon te maak of kry iemand net op ‘n Saterdag (wie jy kan dophou). Ons mense vertrou TE VEEL op die anderskleuriges en RAAK TE GEMAKLIK!

ada ·

Hi Maroela waarom is hierdie berig nie ook sulke groot nuus soos die “coffin” nuus nie? Dit is duidelik dat die kleuter en huishulp erg getraumatiseer was net soos die ou in die “coffin”.Wat is die verskil?

Cherokee ·

3 Ure later en dit lyk nie asof jy ‘n antwoord gaan kry nie, Ada.

ada ·

Wat is die ergste – die kleuter van 2 jaar oud wat deur n nagmerrie is of die groot man wat in die kis gesit is. Gaan die kleuter dieselfd media dekking kry? Wat is die verskil tussen die twee gevalle? Waarom nis ook voorbladnuus oor al die plaasmoorde en ander moorde op blankes in die land nie? Is dit dan nie van waarde vir voorbladnuus nie?

De Villiers ·

Presies ADA. Dis hoe ek ook voel. Die doodskis-geval is ‘n geïsoleerde geval, en kyk die bohaai. Plaasmoorde en gevalle soos hierdie waarvan die geweld en brutaliteit 10 keer hoër is vind daagliks plaas, met glad nie dieselfde media dekking nie. Daar is die rolle gewoonlik omgeruil as die doodskis-geval. Indien die media nie dieselfde dekking hier of aan plaasaanvalle gaan gee as die doodskis-geval nie, word Kallie Kriel se standpunt oor dubbele rassisme teen blankes net bevestig.

Hannetjie Harvie ·

Sit julle kind onmiddelik in n kleuterskool, ek stem saam”inside jog” Dan vra mense hoekom jy drastiese stappe neem as iemand wat jy nie ken nie, jou eiendom betree????

Ruby ·

Hulle het dalk ook soos Victor kortpad deur die huis gevat.

Waar is die EFF nou?

Dubbelstandaarde!

Sharon ·

Ja ne, more hoor ons niks weer van die geval nie, dit sal nie weer genoem word nie, maar ja, dit was mos nie wittes wat dit gedoen het nie.

Marika ·

Nou wonder ek wat maar dom is met sulke goed- hoe het hulle die kluis oopgekry? Daar word nie gesê dis oopgebreek nie. My kluis se sleutel is altyd by my. As ek nie tuis is nie is die sleutel nie beskikbaar nie. As die sleutel by die huis gebêre is moes iemand daar geweet het waar dit is en dit uitgewys het. Om dit oop te breek gaan ‘n ruk vat – of word kluise deesdae so vervaardig dat jy net aan die deur pluk dan gaan dit oop? Ruik ‘n rot!!!

ai ai ai ·

Marika lees asb die berig weer! en dan lees jy jou kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.