Huishulp kom op vrou se lyk af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 65-jarige vrou van Vanderbijlpark se liggaam is Saterdagoggend in haar huis deur haar huishulp gevind.

Kapt. Johannes Motsiri, woordvoerder van die polisie, het gesê die huishulp het omstreeks 10:00 vir werk aangemeld by die huis in Flora Gardens. Sy het opgemerk dat die veiligheidshek oopgeforseer is en toe haar werkgewer se liggaam in die huis aangetref.

Volgens Motsiri was twee van die vrou se vingers afgesny. Daar was egter geen tekens aan die liggaam wat aangedui het wat die oorsaak van haar dood is nie.

Motsiri kon nie onmiddellik bevestig of iets uit die huis gesteel is nie en het gesê dié moontlikheid word nog deur die polisie ondersoek. Hy het bevestig dat die vrou alleen gebly het. ‘n Saak van moord word ondersoek.

Die naam van die oorledene is aan Maroela Media bekend, maar word op versoek van die polisie weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

E ·

om 10:00 eers aan te meld vir werk? Ek ruik n rot. Jammer vir die vrou en haar familie.

Bokkie ·

E- ek stem saam. En daardie rot is vrot. Seker weer loongeskil soos dit deesdae gaan. Innige simpatie met haar geliefdes.

Sputnik ·

Ek stem saam – ek ruik dieselfde “10-uur aanmeld vir werk” rot!!

Sputnik ·

Dit is net soos die outjie wat 13:00 op ‘n Saterdagmiddag by my tuinwerk gesoek het, maar nie weet dat ek hom gesien het toe hy eers ‘n draai by my voertuig, waarvan die deur oop was, gegooi het om te sien of daar nie ‘n beursie, selfoon of dalk sleutel was nie.

Woedend ·

Innige simpatie aan haar familie en vriende! Die hele storie klink nie reg nie! Hier is n groot klomp vet rotte wat ek hier ruik! Hoop hulle word gevang. Wanneer gaan dit ophou?

Jef ·

Daar is niks verkeerd om 10-uur aan te meld vir werk nie, ek ken mense waar die huishulp vroeg begin werk by een werkgewer 3 uur werksaamhede verrig en vervolgens na n ander wergewer gaan om daar vir 3 ure te werk.
Innige simpatie met vrou se familie.

jemma ·

ja nee hierdie forum se klomp amateur speurders verras my. Mens noem dit “kommin” taar

Cobus ·

In die ou dae toe selfs die “kerk” die “A” sogenaamde sonde woord nog saam met regering goedgekeur en gedoen het, het ons volkie nie sulke wreedhede geken nie.
Ek het gelees van getuienisse van wonderke van hoe aanvalle deur “terroriste” bendes op grensplase destyds met net gebed en geweer geveg afgeweer is, soms net deur die aksies van die man en die vrou. Een so ‘n getuienis was van ‘n oorlede oom Kallie, ‘n oud Suidwester wat in die Parys omgewing gewoon het. Ons moet regtig begin besin oor wat seën en vloek is… Lees DEUTERONÓMIUM 28 in die 1933/1953 vertaling. Dit is ‘n vloek dat ons mense so sterf.

lizaan ·

Om 10uur aan te meld vir werk is ook goed maar om te sien dat veiligheidsdeur oopgeforseer is en werkgewer op vloer aan te tref binne huis, is bietjie baie gese. Dink eerder dat daar onmiddellik alarm gemaak moes gewees het. Geen bewyse oor nie.

Donovan ·

Floragardens is n relatiewe veilige omgewing waar buurtwag aan die orde van die dag is. Jy gaan nie net in en kom uit nie, meeste van die inwoners het kommunikasie met mekaar en is baie paraat. Die moordenaars moes verby hulle geglip het en moes weet wat daar aan gegaan het… Jammer net vir die tannie wat met haar lewe moes boed…

Elize ·

Die Tannie het daarvan ge hou om laat te slaap, ek het haar geken. Die bediende het net so nou en Dan gewerk. Sy het ook regtig niks gehad om te steel nie, en die bediende sou dit weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.