Huishulp-moord: ‘Dit het hom gebreek’

Wilma van Tonder. Foto: Facebook

Wilma van Tonder. Foto: Facebook

“Dit was een van die moeilikste tonele waarop ek nog was. Dit was só emosioneel.”

Só het adv. Jean Berdou, voorsitter van die Douglasdale GPF, aan Maroela Media gesê met verwysing na die moord op Wilma van Tonder (42). Die ma van twee is op 12 Oktober wreed vermoor in ʼn veiligheidskompleks in Scealesweg in Lonehill in Johannesburg.

Die gesin se huiswerker, Norma Mudondo, is Sondag in Florida Lake in Roodepoort in verband met die moord in hegtenis geneem. Ao. Balan Muthan, polisiewoordvoerder, het bevestig Mudondo het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn. Sy is borgtog geweier en moet weer op 27 Januarie in die hof wees.

Volgens Berdou het die huiswerker slegs sowat drie maande vir die gesin gewerk. “Ons verstaan daar was ʼn woordewisseling oor geld wat glo vermis was. Dit het na die volgende dag oorgespoel toe Wilma vermoor is.” Wilma is verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Wilma en haar man, dr. Mario van Tonder, se een kind was ten tyde van die voorval tuis. “Wilma en Mario het deur die dag op WhatsApp gesels toe sy ewe skielik nie meer geantwoord het nie. Mario het kort daarna huis toe gery waar hy op Wilma se liggaam afgekom het en sy vyfjarige seun wat ook tuis was. Die ander kind is deur ander familielede by die skool gaan haal.”

Volgens Berdou is Mario steeds platgeslaan ná die moord op sy vrou. “Dit het hom gebreek. Hy en die kinders het ná die moord by ander mense tuisgegaan, hulle kon net nie terugkeer na die huis toe nie. Dit lyk of hulle die huis gaan verkoop. Ander inwoners in die kompleks is ook erg geraak deur die moord op Wilma. Hulle het die dag van haar moord buite op die sypaadjies gesit en huil. Hulle kon dit nie glo nie.”

Berdou het die ondersoekspan geloof vir hul toewyding om die verdagte vas te trek. “Ons verneem sy kom van Zimbabwe en dit is nog nie duidelik of sy wettig in die land was nie.”

Lenka Tokarzewski, Wilma se vriendin en buurvrou, het gesê sy moes haar vriendin se bloed opvee. “Sy is wreed vermoor. Sy is herhaaldelik gesteek in haar bene en bors. Ek het langs haar lyf gekniel, haar hand vasgehou en ernstig gebid dat haar siel in vrede sal rus en dat sy haar plek na die hemel sal vind, selfs al het dit beteken dat sy haar man, haar twee klein seuns en die huis wat sy met haar hele hart liefgehad het, moes agterlaat.”

Van Tonder sou Woensdag 43 jaar oud geword het. Sy is op 19 Oktober uit die NG kerk in Bryanston begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

rudi ·

Zuma sing “kill the boer” en Malema se bloed moet vloei. Die huishulp is een van duisende wat die opdrag getrou uitvoer

snoefie ·

borgtog is geweier want sy is by start verby en het R200 gekry.

PMB ·

Mag die doodstaf weer terug kom!!!! Hulle moor links en regs onder ons mense en dan vra hulle om genade en mense regte. Waar is die arme vrou wat vermoor is se reg om te leef. If live by the sword, you should die by the sword!!

Van ·

Ons lewens is niks meer werd onder hierdie spul Goddeloses nie, dit laat mens so moedeloos. Elke dag lees mens net weer van iemand wat so sinnelloos en wreed uit haat vermoor word en niks word daaraan gedoen nie…

Dkape ·

In Leviticus se dit as jy ‘n lewe geneem het moet jy jou lewe gee. Bring die doodstraf terug. Hierdie moord en al die ander is net so geweldig hartseer

Suki ·

SNEL. ek glo en vertrou jy sal dieselfde sê as sulke wrede moorde op jou geliefdes uitgevoer word. Ek is kind van God. En God sal oordeel. Maar hier op aarde het elke daad ‘n gevolg. Oog vir ‘n oog…. 10 gebooie. Jy mag nie moor nie. Lees bietjie meer verse voor jy ongevoelige aanhalings maak in mense se ergste seer en verlies.

Elize ·

Stem 100% saam. Bring die doodstraf terug. Dit kan nie so aangaan nie.

Gerard ·

Die moord het niks met Romeine te doen nie. Die moordenaar staan onder die wet

Alida ·

Julle sing elke dag dieselfde deuntjie. Bring ASB die doodstraf terug as julle kan.

Skokkend ·

Alida,hoekom bring jy nie die doodstraf terug nie?! As jy kan? Ons moet op ons knië bly! Moordenaars, sowel as ons almal, moet almal 1 staan voor God! Nie 2 of 3,4 saam nie! Maar 1 vir 1

Annemarie ·

Daar was vanoggend ñ nuusberig dat navorsing bewys die doodstraf kan beslis as afskrikmiddel vir moord en ander ernstige misdade gebruik word. Nou moet ons net genoeg druk op die regte plekke toepas om dit te ondersteun.

Chrisjan ·

Die doodstraf sal nie terugkom nie. Elke burger het egter volgens die grondwet die reg om homself te beskerm. Berei voor, wag jou kans af en gebruik jou reg om geregtigheid te laat geskied.

Johan ·

En moet nie dink as jy jou kans gehad het is dit verby nie. In die land is die kans goed dat dit meer as een keer met jou kan gebeur!

popeye ·

Die ideaal sou wees om diesulkes nie enigsins ‘n plek in die son te gun nie! Bly Suid Afrikaans. Dit is egter baie tragies en my innige simpatie teenoor ‘n baie hartseer familie.

Deon ·

In die land kan jy nie jou self beskerm nie. Die misdadigers het meer mense regte as die slagoffers!!!

Sonet ·

Navorsing… Nes statistiek… Niks werd. So maklik om dit te manipuleer. Dis wat ons “regering” doen. Maak n verskil of bly stil.

Margie ·

Daar moet doodeenvoudig net nie meer vir hulle werk gegee word nie! Daar word net te veel haat teenoor wittes die hele SA vol verkondig en so neem hulle links en regs wittes se lewe, want hulle dink dis geregverdig…SA het ñ siek land geword…baie hartseer vir die familie en vriende. Mag sy in vrede rus.

Robbie ·

Ons bly nou al amper 15 jaar oorsee en mis hoegenaamd nie ‘n huishulp of ‘n tuinnier nie. Dit is net ‘n ernstige onnodige risiko deesdae.

Alida ·

Skokkend as jy my kommentaar verstaan sal jy besef hoe gatvol ek is oor almal doodstraf predik en NIE een van ons kan iets doen nie.

popeye ·

Ek ontvang maandeliks gemiddeld sowat 35.CV’s …Zimmers word summier na “deleted items” gereduseer…so wat maak dit van my?

Catharina ·

Almal se bring die doodstraf terug…maar dan gaan ons eers vrees vir ons lewe…want soos dinge nou aangaan in ons land staan ons nie n kaans nie…ons gaan niks regte he nie…want ons het klaar nie…

Mariette ·

Stem ook saam. Wie dink julle gaan die doodstraf waarvoor julle so skree uitvoer?? Ons “regverdige” regering? Net sekere “kleure” gaan doodstraf kry vir niks
So baie hardseer vir die gesin sonder hul ma/vrou

Christine V ·

Wat van medelye met Wilma se geliefdes? Rus in vrede. God met jou familie en vriende.

Jan ·

Net die doodstraf is goed genoeg vir die moordenaar, sy het geen bestaansreg nie. Sy het die regte van die een wat sy doodgemaak het weggevat, waarom moet sy nou op regte aandring wat haar laat bly lewe.

Muller ·

Malema se opswepery is die oorsaak van hierdie moored!!!! Die familie van die oorledenes moet hom van moord aankla.

Rooikop ·

Julle sien elke dag op die nuus hoe die wet net vir een groep geld en nie vir die ander nie. Wat dink julle gaan gebeur as die doodstraf NOU terugkom? Dink julle regtig ons korrupte stelsel gaan regverdigheid laat skiet? Die kanse is BAIE groter dat jy, of jou kinders, of jou ouers onskuldig gehang gaan word vir “hate crimes”…

antjie ·

Dis waarom ek glad nie meer n huishulp het nie….ek werk liewers self…Sterkte aan die familie

Hugo ·

Ek dink ons blnkes moet bietjie ons beursies toemaak. geen rose langs die pad koop nie, geen karwagfooie betaal nie, sonder ‘n tuinier en ‘n huishulp klaar kom, die krippel langs die pad sy paar sente ontneem. Dink dis tyd dat ons net nie meer blind deur die lewe loop nie. ons vertrou te vinnig die huishulp 3 maande tot 30 jaar… onthou jy is nie hulle prioriteit nie. as hulle moet kies tussen hulle mense en jou… wees maar gewaarsku jy maak nie die kortlys nie. MAAK TOE jou beursie. ‘n mens kan mos self bietjie afstof en tuin maak. Het voorheen gesê en sal weer – my innige meegevoel vir die familie.

WW ·

Ek stem saam met jou , Hugo. Mens sien NET witmense wat karwagte, bedelaars, ens iets in die hand stop; die broeders doen nie.

Susan de Klerk ·

Stem saam. Benodig geen huishulp of tuinwerker nie, baie dankie. As ons familie of vriende wil kuier gaan eet ons lekker ontbyt iewers. Rugby samekomste is lankal iets van die verlede. My huis kan maar stowwerig wees, tuin oorgroei maar ons leef daarmee saam en is heel gelukkig.

Wilma ·

Dis hoekom ek ook al 32 jaar sonder ‘n huishulp klaarkom. Wat ek nie vandag gedoen kry nie doen ek môre of volgende week. Hoekom mag hul wegkom met diefstal en jy mag nie daaroor praat nie. Jy mag hulle nie op hul foute wys of berispe nie hulle raak moorddadig kwaad. En as jy ‘n hulp het lyk dit my moet jy nou oral in jou huis versteekte sekuriteitskameras op strategiese plekke oprig om jouself te beskerm en alles op band opneem as jy wel ‘n gesprek het met jou huishulp/ tuinhulp oor sake wat jou grief of wat ook al.

Denise ·

Wat n pragtige vrou sy straal op die foto dit is so hartseer dat sy moes sterf asgevolg van iemand wat geen beheer oor haarself het nie sterkte aan die gesin !!!!

Klippie ·

Dis nou 6 jr wat ek landuit is. Ek is ontslae van n baie siek Suid Afrika. Dankbaar vir wat ek nou het. Ek mis my familie baie maar dis n besluit wat elkeen vir hom/haarself moet maak.

Neilia ·

Dis nie n siek Suid Afrika nie die mense is siek nie die land nie.

Uvonka ·

Nee wat vir my part kan hulle maar krepeer, my en my gesin se veiligheid is baie meer belangrik. Sterkte aan Wilma se familie!!! Ongelukkig sal die doodstraf net op ons van toepassing wees, dit sal ‘n baie makliker “wettige” manier wees om blankes uit te moor.

Louise ·

Ja wens net dit was vir almal moontlik om die gemors land te verlaat nie land nie die flippen mense. Maar dit is nie altyd moontlik nie.
As dit moontlikwas, was ek al gister weg!
Ek is keelvol vir hierdie EIE aan myself nasie wat niks of niemand anders raak sien behalwe hulle self nie.
Net hulle met alles die hel met die res,
RIV dame en sterkte aan almal wat direk betrokke was met jou afsterwe.
Daai aanval in Rustenburg wat die onderwyseres aangeval het was n groep mans wat met borde staan en kamstig werk soek.

Schalk ·

Die doodstraf kan terugkeer maar die regverdige toepassing gaan dalk probleme skep. Alternatief moet daar lospryse geplaas word op sulke wreedaards. Dit is nie wreed om iemand wat geen gevoel of berou het se lewe te verloor nie. Die skade aan diegene wat pligsgetrou hulle deel bring is veel groter en onvervangbaar.
Die immigrante beheer stelsel gaan baie meer kriminele probleme oplos as ons dit kan verskerp en toepas.

FM ·

Muller ek sekondeer jou. Malema is vir ons die grootste vyand. Hy is n rassehater teenoor witmense. Sy haatbeleid is die oorsaak van witsterftes. En die anc laat nie van hulle hoor nie, wat betref die volksmoord op witmense. Ons kan maar net vir SOLIDARITET, AFRIFORUM ens ondersteun. Hulle moet maar net aanhou om aan te hou om malema in die hof te kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.