Huishulp-saak na Bronkhorstspruit teruggeskuif

Die beskuldigde tydens ‘n vorige verskyning. Foto: ANA.

Die Pretoria-streekshof het beslis dat die saak teen ʼn 45-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om bestialiteit te pleeg, weer na die Bronkshorstspruit-streekshof oorgeplaas moet word.

Die landdroshof in Bronkhorstspruit het op 24 April bepaal dat die saak na die Pretoria-streekshof verwys moet word vir die veiligheid van die beskuldigde en hofpersoneel. Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters het die oorplasing teengestaan en gedreig om die landdroshofgebou aan die brand te steek as die oorplasing nie teruggetrek word nie.

“Die mense aan die hoof van veiligheid hou vol dat die veiligheid van die beskuldigde en ander persone in Bronkhorstspruit verseker kan word,” het me. M Louw, landdros by die Pretoria-streekshof, in haar uitspraak gesê.

Dit het ook in die lig gekom dat die besluit, om die saak oor te plaas, aangespoor is deur ʼn voorval op 14 November waar die gebou van die Bronkhorstspruit-landdroshof deur lede van die gemeenskap beskadig is toe Jacobus Potgieter (34), ʼn boer, en Heinrich Dumas (48), ʼn plaasbestuurder, vrygelaat is op borgtog nadat hulle na bewering ʼn negejarige meisie aangerand het.

Die aansoek teen die oorplasing van die saak van die 45-jarige man, is Donderdag gebring deur staatsaanklaer Matric Luphondo, wat aangevoer het die saak is nie behoorlik gekeur voor ʼn besluit geneem is nie. “Die beskuldigde sê ook hy voel veilig in Bronkhorstspruit. As daar enige ontwrigting was sedert die saak in Bronkhorstspruit begin het, sou dit as regverdiging kon dien. Ek is besorg oor my veiligheid in Bronkhorstspruit, maar ek kan nie sê hierdie saak moet nie in Bronkhorstspruit aangehoor word as gevolg van die Dumas-saak nie,” het Luphondo gesê.

Die man staan tereg op 10 aanklagte insluitend verkragting, seksuele aanranding en opsetlike saakbeskadiging. Hy is in November verlede jaar in hegtenis geneem. Die voorval het na bewering op 23 Oktober 2017 in Riamarpark in Bronkhorstspruit plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Geen werkers ·

Doen self, stel geen werkers meer aan nie, dis wyse raad.

Blits ·

en die eff kry hulle sin, die howe luiser te veel na mense van buite, mens sal sweer die publiek is die regters en proks en advokate, dis hoekom daar so baie onregverdige verhore is.

snoefie ·

hy sê….
sy sê….
laat albei, maar deesdae dink ek al hoe meer dis net nodig vir die klaer, om aan n leuenverklikker gekoppel, te vertel wat gebeur het.

Casper Labuschagne ·

@snoefie, leeunverklikkers is nie in alle gevalle betroubaar nie. Daar is te veel subjektiewe faktore wat so ‘n toets kan beïnvloed, op die beste is dit ‘n aanduiding maar beslis nie ‘n onteenseglike bewys nie.

Se maar net ·

Hulle was in n verhouding…die dag het hy dit seker te ver gevat

Johanni ·

Sies ek skaam my dood vir blankes. G’n wonder almal haat ons nie. Dan is daar nog die Baasbrein, die Krugersdorp mafia, die gruwelhuis in Springs, Louisa Koekemoer en haar aanhangsel, die Modimolle monster, ag nee sies wat ‘n vrotspul.

Per capita ·

Gaan leer eers iets van statistiek voor jy sulke oningeligte aanmerkings maak. Tip: lees op oor ‘per capita’

D P J ·

NEE!!!
Per capita!
Hoekom nie wag vir die uitspraak nie. Kan nie net ‘n aanname maak nie. Het jy al die feite aangehoor of vind jy iemand skuldig op jou aannames???

ChrisE ·

Dit is ongelukkig so dat enige persoon daarvan verdink word dat hy ‘n minderjarige of anderskleurige moontlik mishandel of seksueel aangerand het, hy deur die samelewing aangekla, skuldig bevind en gehang word. Die sogenaamde demokratiese bestel word totaal ignoreer deur massa histeriese barbaarse optrede en dreigemente van verwoesting en anargie. Die blanke/wetsgehoorsame lid moet ligloop en bedag wees op die totale minagting en verkragting van die sg wet en orde in die land.

Casper Labuschagne ·

Die beginsels van ‘n regverdige verhoor asook die aanvaarding van onskuld voor skuldigbevinding is twee fundamentele hoekstene in die regsproses.

Beide die lede van die EFF asook van diegene wat op hierdie webblad hieroor kommentaar lewer het reeds die aangeklaagde veroordeel. Die plaaslike landroshof (sowel as my eie opinie) voer aan dat daar nie ‘n regverdige verhoor sal plaasvind in die plaaslike hof nie. Ongelukkig is die uitspraak van ‘n hoër hof om die saak terug te plaas na Bronkhorstspruit.

Veral in die lig daarvan dat die aangeklaagde verstandelik gestremd is asook dat hy klaarblyklik op regshulp moet staatmaak maar ook in die lig van bogenoemde aansprake asook die feit dat die EFF die verhoor omskep in ‘n populistiese protes, twyfel ek dat hier ‘n regverdige verhoor sal plaasvind.

Daar is aanduidings wat daarop dui dat die aanklag van verkragting nie geldig is nie aangesien die dade oor ‘n lang tydsverloop plaasgevind het sonder dat daar klagtes gelê is of dat iemand daarvan in kennis gestel is. Maar hier is nou effektief ‘n eensydige verhoor wat ook in ‘n politieke verhoor omskep is, en waar die beskuldigde nouliks die intelektuele vermoë besit om sy eie kant van die saak te stel.

bgj van der westhuizen ·

wel geen blanke kry in reg verdigr verhoor in suid afrika nie wand die mense besluit voor af waar aan hulle skuldig is en die regerters is on bevoeg om die werk te doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.