Huishulp se medepligtiges vas oor aanval op werkgewer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige huishulp se hofsaak het Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin vir haar beweerde rol in die gewelddadige aanval op haar Kaapstadse werkgewer.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het gesê Mvuzo Ndlangana, sy meisie Nomasango Xhego en haar broer Camagu Xhego het saamgewerk toe hulle die plan beraam het om Xhego se werkgewer, Evril Page, in April 2015 te vermoor.

Ndlangana is Maandag altesaam tot 57 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld beken het op vyf aanklagte, insluitend moord, poging tot moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede. Die hof het beveel dat die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word, wat beteken dat hy effektief 20 jaar agter tralies sal deurbring.

“Nomasango het die twee in kennis gestel dat haar werkgewer die huis omstreeks 09:00 verlaat en die plan was om haar by die huis te kry, maar hulle het laat opgedaag. Toe sy die middag by die huis aankom, het hulle haar gegryp en na ʼn slaapkamer geneem terwyl Nomasango in die kombuis was,” het Ntabazalila bygevoeg.

Volgens hom het Nomasango egter geweier dat hulle haar vasbind, “sodat sy soos ʼn slagoffer sou lyk, soos beplan is”.

Die hof het in die saak teen haar kêrel bevind dat hy op Page se maag gesit en haar gewurg het totdat sy haar bewussyn verloor het. Terwyl Nomasango in die kombuis was, het die twee die huis geplunder.

“Hulle het R11 500, ʼn Blackberry Z10-selfoon, vier Samsung-selfone, ʼn swart XBox 360, tien video’s, Neotel WiFi, verskeie kledingstukke en ʼn sonbril, kombuistoebehore, ʼn kamera, video-opnemers, juwele, ʼn skootrekenaar, tabletrekenaar, hardeskywe en ʼn swart Audi Q3 gesteel,” het Ntabazalila bygevoeg.

Terwyl hulle geglo het Page is dood, het die mans van die toneel gevlug terwyl Nomasango agtergebly het.

Haar broer, wat ʼn pleitooreenkoms aangegaan het, is reeds tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Ndlangana en Camagu is vroeër in Maart 2015 ook gevonnis vir moord nadat hulle Africa Truck Sales, ʼn maatskappy vir wie Ndlangana gewerk het, beroof het. Hulle het ʼn veiligheidswag, Ronald Ziwenga, met ʼn speelgoedgeweer met ʼn staalhandvatsel aangerand totdat hy gesterf het. Hulle het nog ʼn veiligheidswag, Kennedy Mpofu, aangerand en gedreig om hom ook te vermoor.

“Hulle het sleutels geëis, maar hy het dit nie gehad nie. Hulle het die deure oopgeskop en die motorsleutels en dokumente gevind. Ndlangana het volgehou dat hy dit doen uit weerwraak vir sy voormalige werkgewer, omdat hy vantevore by die maatskappy gewerk het. Hulle het ʼn Intel-rekenaar, ʼn faksmasjien, ʼn kroegyskas, ʼn mikrogolfoond, ʼn elektriese ketel, radio, Toshiba-waaier, wit Mercedes Benz Vito en ʼn silwerkleurige Cherry Tigo gesteel.”

Ntabazila het gesê hulle het Mpofu gedwing om met hulle na Kraaifontein te ry waar hulle ʼn koper gehad het vir gesteelde motors. Hulle het hom die volgende dag vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Why ·

AANVAL OP WERKGEWER?! DIS MOORD OP WERKGEWER! HOEKOM DIT ALTYD SO SAG STEL?!

David ·

Mag God ons land en mense red. Dis die begin van die einde maar ons God sien alles en sal ingryp Glo dit of nie !

victorious ·

Dis nes ek vroeer vandag gese het. 80% van die aanvalle kom van binne. Mens kan niemand meer vertrou nie

jennefer ·

Dit sal nie beter word nie, laat die kinders help met skoonhou , hou vreemdes uit jou huis. Dan praat ons nie van ouers wat hul babas tuis laat by die bediendes.

AL ·

20 jaar effektiewe tronkstraf nadat jy n moord gepleeg het?! Belaglik, huisrowe waarin die slagoffer vermoor word, moet die beskuldigde lewnslank kry sonder parool!!!
Die kriminele kry belaglike ligte vonnisse!

Jana ·

Mense wat nog bediendes en tuinwerkers in hul huise vertrou na jarelange berigte oor hul betrokkenheid by grusame moorde, moet hul koppe laat lees. Ek en my oorlede Pa het al in 1995 die patroon raakgesien.

Louwrens Coetzee ·

Miskien moet die wat die berig uitmekaar trek eers mooi lees n veiligheidswag is vermoor, Evril Page is gewurg en sy het haar bewussyn verloor “terwyl hulle geglo het page is dood, het die mans van die toneel gevlug terwyl nomasango agtergebly het”

Raai Raai ·

Wat my pla ons hele land praat van god of God. Elke geloof ongeag wat se geloof dit is het n god. Of hetsy n boedus of n afgod, noem maar self die gelowe op almal noem hom god. Sekerlik moet daar n onderskeid getref word met n ander naam vir die regte EEN. Sy naam kan beslis nie wees as die ander gode nie. Ons kan die Almagtige nie gelykstel aan die ander gode/god nie. So asb maak n onderskeid tussen die Regte Een an die ander god.

julius ·

Die twee is Maart 2015 gevonnis vir moord. Hoe is dit moontlik dat hulle in 2017 nog steeds vry rondloop? Hoe lank het hulle gesit of was hulle nooit toegesluit nie?

Mariette ·

Goeie vraag Julius!! Dis die heel eerste ding wat ek ook gewonder get.

dom ·

My eerlike opinie. Dank hulle af. Op plase,in huise hulle gaan nog teen almal draai. Is net n kwessie van tyd. Daar is baie wit mense daar buite wat werk soek. Gee dit liewer vir hulle.

Tanya ·

Baie slegte wit mense daar buite wat werk soek, bedoel jy. Verwag ‘n dag loon van R1000 + !!! Het geen ondervinding en maar weinig tussen die ore dan is hulle nie bereid om vir R400 per dag te werk nie.

Wil werk ·

Tanya, ek soek ook werk vir R400 per dag. Ek kry nou nie eers R120 per dag nie, en ek doen meer as een persoon se werk

antjie ·

Estem saam met Tanya…ek het ook al wit mense in diens geneem…glo my jou hare sal rys as ek moet vertel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.