Brig. Ronald Koll, woordvoerder van die polisie, het gesê die 36-jarige vrou van New Brighton het reeds twee kinders en werk as ʼn huishulp in Bainstraat in Port Elizabeth. Sy het na bewering haar pasgebore baba versmoor en in ʼn boks in ʼn agterkamer van haar werkgewer se huis versteek.
Dit is nie in hierdie stadium duidelik wie die baba se liggaam ontdek het nie, maar die vrou is vier uur later in hegtenis geneem. Terwyl sy deur speurders weggeneem is polisiestasie toe, het sy haar mussie laag oor haar kop getrek en deurentyd afgekyk.
Volgens Koll is die vrou verlede Woensdag huis toe gestuur omdat sy siek gevoel het.
© RDM News Wire
Reeds twee kinders? Genade hulle moet jou lank baie lank toesluit.
Geagte Maroela,
So as mens die Agbare Staatspresident in kommentaar “Jakob” noem , word kommentaar verwerp?
Nie regtig nie Jakes. Miskien het jy al gesien dat ek van hom praat as Jakob.
Nie regtig nie Jakes. Miskien het jy al gesien dat ek van hom praat as Jakob en dit word nie as ‘n probleem beskou nie. Die probleem egter is dat jy hom as ‘agbaar’ beskou.
Waarom gebruik hulle nie voorbehoedmiddels nie!! Dis veronderstel om GRATIS beskikbaar te wees by alle staatshospitale!! MAGTAG – Om ‘n pil te sluk kan nie so moeilik wees nie!!
Ek sal graag my komentaar lewer ek is self in die sekuriteitsdienste veg misdaad en ek sien baie en hoor baie so stuur of laat weet my van al die gebeure dankie