Huishulp tydens roof doodgeskiet, werkgewer kritiek

Die eienaar van die huis voordat hy per helikopter na ‘n hospitaal gevlieg is. (Foto: Netcare 911)

’n Huishulp is Woensdag doodgeskiet en die eienaar van ’n huis in Rietfontein, Pretoria, ernstig gewond tydens ’n oënskynlike huisrooftog.

Ancelize van der Kooi, woordvoerder van die sekerheidsmaatskappy Kilnerpark Sekuriteit, het aan Maroela Media gesê veiligheidsbeamptes is net ná 11:00 na ’n huis in 28ste Laan ontbied. Hier het ’n buurman hulle met hul aankoms meegedeel dat die eienaar van die huis geskiet is.

Netcare 911 se helikopter het in dié stadium pas geland om die man na ’n hospitaal te haas. Die huishulp was in dié stadium nog in die huis.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die huishulp het ’n skietwond aan die kop tydens die rooftog opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die eienaar van die huis het ook ’n skietwond aan die kop opgedoen en is kritiek gewond. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy per helikopter na ’n hospitaal gevlieg is vir verdere mediese behandeling.

Van der Kooi sê dit is in dié stadium onduidelik hoeveel rowers daar in die huis was aangesien niemand hulle gesien het nie.

Die verdagtes het met die eienaar se motor op die vlug geslaan.

Maroela Media het verskeie navrae aan die polisie gerig, maar het teen Donderdagoggend geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kirst ·

Moenie dat die EFF die opskrif sien nie. Hulle sal dit interpreteer dat die huishulp se eienaar kritiek is.

Werner ·

Nou sal daar aandag aan die geval gegee word want die huishulp is oo geskiet.Dit is n terroriste aanval.

Mieke ·

Sjoe! Dis so tragies… Sterkte aan die eienaar se familie en sy naastes. Innigste simpatie vir die huishulp se familie. . SA beslis buite beheer en ‘n speelplek vir kriminele.

ES ·

Nou hoop ek Bheki sien hierdie berig en maak vuur onder die basse van die mense wat met ons vuurwapenlisensies werk by die sentrale vuurwapen register. Hoe moet ons onsself verdedig as ons langer as ‘n jaar moet wag vir ons vuurwapenlisensies?

Thom ·

Wees innoverend ; jare terug was een van Omnia se depots onder bedreiging van onbeheerste betogers ___. ‘n paar jongmanne het van die ammoniaktoedieners bokant die wind getrek en die krane oopgedraai ; die gevolglike chaos was verruklik ___ ‘n onsigbare vyand haal toe letterlik die wind uit hulle seile uit ! Kosbaar !

Werner ·

Jy droom as jy dink ou Cele sal vuurmaak.Hierdie aanvalle dra hulle goedkeuring weg nou hoekom sal hy jou help dat jy jouself kan verdedig.

Hoekom ·

Nog bloed op die ANC regime en “our people” se hande…

Tiptol ·

Bring die doodstraf terug. Dit sal hierdie tipe kriminele twee keer laat dink.

Kerneels ·

In beginsel stem ek saam met jou. Die moordenaars verdien die doodstraf.

Net jammer dat ek geen vertroue het dat die howe dit eerlik sal toepas nie. Dit sal net nog ‘n sambok word in die regering se hand om die “whities” mee te klits.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.