Huishulp vas ná egpaar se gru-moord

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Vrou is in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op ʼn egpaar wat Donderdag dood in hul huis in die Alabama-nedersetting buite Klerksdorp in Noordwes aangetref is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is die vermoorde egpaar se huishulp.

Dit kom nadat ʼn buurman Donderdag omstreeks 22:00 opgemerk het dat die egpaar se veiligheidsdeur en vensters oopstaan. Die buurman het na die huis gegaan om ondersoek in te stel en het na die egpaar oor die heining geroep.

Toe hy geen antwoord kry nie, het hy die huis binnegegaan en die 60-jarige man se liggaam in ʼn plas bloed op die vloer aangetref. Hy het die 56-jarige vrou se liggaam in die slaapkamer gevind. Sy is verwurg.

“Die polisie se voorlopige ondersoek toon dat kontant en ʼn selfoon uit die huis gesteel is,” het Makau gesê. Die polisie is ontbied en ʼn ondersoek is van stapel gestuur wat tot die inhegtenisneming van die egpaar se huishulp gelei het.

Die 45-jarige verdagte sal Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord. Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Celia ·

Doen julle eie werk mense of huur die talle blankes wat werkloos is.

Louwboepens ·

Kom by mense.Hierdie twee mense woon in `n kleurling woongebied.Hoekom altyd aanvaar dit is blankes en dan met simple kommentare en voorstelle kom.Dit is tragies as mense so vermoor word maak nie saak van watter rasgroep hulle is nie.

Rupert Ashford ·

Mnr Boepens, en wie het gemoor? Meeste stellings staan nogsteeds. Beste om jou eie plek te versorg.

DeWaal ·

Ek stem saam Louw, van die lesers maak hulle eie stories op en raak goed kwyt wat die artikel nie regverdig nie.

LB ·

Nee Louw, of dit nou ‘n pers of pienk mens was wat vermoor is dit is verskriklik tragies en onnodig, maak jou eie huis en tuin skoon, spaar en verminder jou kans om vermoor te word drasties. Daardie betroubare werker wat jy goedsmoeds inlaat is ‘n wesenlike gevaar. leer mense nooit uit ander se ervarings nie?

Johannes ·

Dit gaan nie oor wie vermoor is nie, dit gaan oor WIE die verdomde moorde pleeg!!!!!

Snuffels ·

Ek is my vrou se huishulp…ek as die man in die huis geniet dit om die werk ligter vir my vrou te maak, help met als dan het ons nie iemand nodig nie dankie

Gerrit ·

Die berig is so swak en sonder feite dit lyk of n laerskool kind dit geskryf het.

JEHAANIS ·

Ek lewer vir die eerste keer kommentaar op `n kommentaar oor `n berig. GERRIT, ek dink jou kommentaar oor die berig is regtig onsmaaklik. Jy bevraagteken die skrywer van die berig se integriteit. Hulle kan nie meer feite gee, as wat tot hul beskikking is met die skryf van die berig nie. Hoekom word jy nie `n beriggewer of joernalis , aangesien jy kwansuis beter geleerd, en `n beter skrywer van berigte is as die “laerskool kinders” wat dit nou doen???

Melaney ·

Ek stem 100% saam met Johannes. Die berig is in elk geval swak geskryf.

Sjoe ·

Die feit dat dit wat nie direk genoem Is en jul wil dit so he, maak nie die artikel swak geskryf nie. Sjoe n paar keer oorlees, klink soos n Gr 4 leesbegrip.

elize naude ·

Ek had nog nooit n huishulp nie… ook nie in europa waar ek sedert 20 jaar woon en werk nie…

rita snyman ·

indien moordenaars na behore gestraf word sal hierdieonheilge dinge einde kry kyk die weerlose babas en kinders wat ook so wreed sterf deur hule ouers wat hulle moetv beskerm

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.