Huishulp vas ná moord op ma

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op Wilma van Tonder.

Van Tonder, ʼn ma van twee, is op 12 Oktober wreed vermoor in ʼn veiligheidskompleks in Scealesweg in Lonehill in Johannesburg. Een van haar kinders was tuis ten tyde van die moord.

“Dit spyt ons om inwoners mee te deel dat ʼn volwasse vrou weens steekwonde gesterf het ná ʼn onderonsie met ʼn huiswerker. Die verdagte is geïdentifiseer en die polisie is op soek na die persoon,” het die Lonehill-inwonersvereniging destyds in ʼn verklaring gesê.

Adv. Jean Berdou, voorsitter van die inwonersvereniging, het intussen bevestig ʼn verdagte is laat Sondag in Florida Lake in Roodepoort in hegtenis geneem. “Na weke se noukeurige en intensiewe ondersoek het die polisie die verdagte vasgetrek.”

Berdou het gesê meer inligting sal later bekend gemaak word. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Nandi Mayathula-Khoza, LUR van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling, het kort ná die moord haar skok oor die voorval uitgespreek en gesê die departement het ingegryp om die kinders, onderskeidelik vyf en nege jaar oud, by te staan ná die moord op hul ma deur die “ontevrede” huiswerker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Mike ·

Hoop nie die kommentaar “n ontevrede huiswerker” is ingebring as n motief vir die huiswerker en n tipe van verskoning vir haar optrede nie. Sy moet maar haar straf kry, al is ek hoe ontevrede kan ek nie my werkgewer net vermoor nie.

Gatvol ·

Mike, ek stem saam, sy moet maar haar straf kry, maar die vraag is of sy haar straf gaan kry. Ons sit met n korrupte polisiemag en regstelsel, so die kanse dat sy gestraf sal word vir haar dade kan ek jou se is nul!!

Baie Tevrede ·

Mens voel jammer vir die gesin wat n vrou en moeder verloor het.
Gelukkig is die minimumlone nou oppad wetboek toe. As iemand nou kom huiswerk vra is dit duidelik:
Vra vir ‘n BEE sertifikaat, ‘n “Tax Clearance” sertifikaat en ‘n tender dokument vir die werk wat gedoen moet word. Oorgenoeg bewyse vir die SAPD as iets verkeerd loop.

TTh ·

Nee, doen self die werk, maak ‘n plan maar moenie die mense aanstel nie.

Lea ·

Ek is regtig n soft hearted love everybody tipe mens. Maar sowaar ek voel woes ontevrede hier diep binne oor hoe dinge hanteer word as die rolle omgeruil word!

Danie ·

Nog n moord slagoffer , ons land van Moord en doodslag , kry die kinders baie jammer wat agter bly . Is dit nie tyd DAT daar gekyk word om die doodstraf terug te bring . Genoeg is genoeg , maar soos altyd sal dit op dowe ore val . Ons will nie meer in vrees leef nie , ons will nie meer bang wees om in die straat te loop of om ons minders skool toe te stuur nie . Ons wil nie meer in die aand gaan bang slaap met die onsekerheid of ek nog more gaan leef nie . Dit is tyd om iets daadwerkliks daar omtrent te doen .

Alida ·

Ag Danie doen jy iets as jy kan en bring sommer die doodstraf terug. Ons so bly wees.

Skokkend ·

Danie, dit vra ons almal, vir die doodstraf, en vir ingryp vir wat hier in SA aan die gebeur is! Vraag is: wie gaan inspring en help?! Ons kannie net vra en vra nie! Wanneer gaan wie waar begin?!!! So jammer vir die kinders en vir al die families in Suid Afrika wat trauma beleef het.

Asjas ·

Ek stem 100% saam met jou Danie, ek kan nie onthou wanneer laas ek dwarsdeur die nag geslaap het sonder om te wonder oor elke geluidjie wat ek hoor nie. Dis nie die inbreek en besteel wat soveel pla as die feit dat hulle sal jou vermoor net omdat daar geen nagevolge vir hulle dade is nie.
Ons land is wetteloos. Ek wens ook die doodstraf kan terug gebring word maar die Polisie is self korrup en kan on meeste gevalle nie eers die moordenaars vang nie.

Michelle ·

Dit lyk my julle wat so skreeu “Bring terug die doodstraf”, dink heel duidelik nie baie ver nie?! As die doodstraf terug gebring word, gaan hoeveel van ons mense ‘wettiglik’ teregstel word, net oor ons velkleur.

Pierre Celliers ·

Ek moet net vir Michelle herinner. Die doodstraf word nie toegepas net oor velkleur nie, maar oor dade wat die skuldige pleeg

Lou ·

Ek haal my hoed af vir al die beskaafde mense wat nog probeer om in Suid-Afrika te oorleef, en nog probeer om ‘n toekoms te bou in Afrika. Ek glo dat al die mense, van Europese afkoms, die land moet verlaat! Dit help nie om te probeer oorleef totdat dit te laat is nie, julle volwassenes mag dit miskien oorleef, maar wat word van julle nageslag? As julle nie nóú bereid is om 100% met al die plaaslike mense te meng, op alle vlakke, insluitend trou en kinders hê, is daar geen rede om in SA te bly nie! Baie van julle sê dat God dié land aan julle gegee het as die beloofde land, almal dink so oor hul land, maak nie saak waar in die wêreld jy bly nie. Ek dink die meeste van julle is te bang dat julle jul geld gaan verloor, en dan ‘n bespotting wees onder jul vriende en familie. Dink aan jul kinders! Die agtergeblewe mense gaan nooit tevrede wees met jou, wat het, terwyl hy nie het nie! Daar is ook baie van julle wat sê dat hulle nie kan padgee nie, want hulle weet nie waarheen nie. Dit is nóú die tyd dat julle op jul Skepper vertrou, en alle opsies ondersoek, voor dit jou beurt is om met geweld uit te vind dat jy nie daar hoort nie.

Manie ·

As jy ontevrede is mag jy moor in die nuwe SA. Die rassistiese DA sal nie kommentaar lewer want n swarte is nie die slagoffer

Simon ·

Manier, Sowat van n eenogige subjektiewe kommentaar is n kenmerk van iemand wat sy menings gevorm het sonder om deeglike ondersoeke te doen.
Word volwasse.

Neewat ·

Neewat Simon, dis net so eenogig soos die aandag aan die doodskis-episode en pers gesigte was. Ongelukkig maak wat hy se seer, want dit is die waarheid. Dis die nuwe SA waarin ons leef. Waar is die DA en al die ander ondersteuners nou met die moord op ‘n wit ma?

Tiger ·

Baie bly die moordenaares is agter tralies.Mense moet nie huishulpe indiens neem nie dis al oplossing want die oorgrote meerderheid is nooit tevrede met iets nie en hulle besteel mens deeglik.

NuweLoon ·

Dit is nie meer moontlik om huishulpe vir ons middelinkomste mense te he nie, nie met die minimum loon en hulle eise nie, al wou ek.

ada ·

Ouers moet nie julle kinders by huishulpe laat nie. Dit is lewensgevaarlikm Kry eerder familielede om na kinders om te sien. Asseblief luister na my raad. Dit gaan nog erger word.

Gemsbok ·

Die risiko’s is eenvoudig te groot om van huiswerkers gebruik te maak, veral wanneer hulle slegs of selfs minder as die minimumloon betaal word.

callie ·

Gemsbok. is jy nou tevrede. Jy is die een wat glo as n werker nie genoeg betaal word nie het hy die reg om n witman te vermoor. Gister het jy dit duidelik gemaak in die artikel oor minimum lone. Nou weer loop jy die Malema pad en se dit is gevaarlik

Joe ·

Die huishulp se kleur word nie genoem nie, so dit kan nie wit wees nie!! As dit wit was ,was die president, Malema en die hele land weer aan die toitoi.

Sydney ·

“Joe” waaom nou nog kleur soek as ons almal al te goed weet dat die meeste huiswerkers swart is. Dit wil nie se dat almal sleg is nie. Ons het ‘n huishulp gehad jare terug wat alles in vermoee gedoen het om ons te help. Sy was in sekere gevalle toe ‘n beter, grootter Christen as baie van ons. Sy was die een met ‘n hart van goud. maak haar kleur “swart” van haar ‘n slegte mens

Rugsteker ·

My hart gaan uit na die kinders. Maar ek sit nou met ñ situasie waar ongesoolde blanke man met 3 kinders die hand byt wat hom kos gee. Maar aan die anderkant staan vyf swart werkers agter my.

Joa ·

Dit is nie net swart mense wat sleg behandel word deur ryk werkgewers of diegene wat dink dat hulle status die belangrikste is nie. Baie wit mense word sleg behandel deur hul werkgewers en die meeste van die tyd is die salariss wat hulle betaal ook nie goed nie. Maar omdat werk so skaars is vir wit mense, bly hulle maar werk, al is omstandighede nie wenslik nie.

Jean ·

Joa jy is so reg. Omdat werk skaars is, word witmense maar net so sleg behandel deur (sommige) werkgewers. Geen onderskeid tussen wit of swart word meer by sekere organisasies gemaak nie. As jy kla, word daar direk vir jou gesê gaan soek dan ander werk, jy weet waar die deur is. Steeds hoor jy nie kort kort van witmense wat geboue afbrand of met plakkate rondstaan KILLTHEBOSS nie, hulle vat maar wat na hulle kant toe kom om hulle kinders te versorg en deur die skool te sit.

Asjas ·

My tuinier het eers vir ons buurvrou gewerk. Ja sy was naar en onregverdig teenoor hom agv haar kastige status op die dorp. Hy werk nou by ons vir minder maar hy werk lekkerder.

Nee ·

Ons het ‘n SIEK politieke korrekte kruiperige slaprug nasie geword. ‘n Ma van twee word WREED vermoor en julle soek die fout by haar? Daar was geen bewyse dat sy haar huishulp sleg behandel het of nie die minimumloon gegee het nie. Hoekom begin julle nie by die moordenaar nie? Ongelukkig weet ons almal die raskaart en loongeskil kaart gaan hier gespeel word en niemand kan die teendeel bewys nie want die vrou is dood. IPV minimumlone dink ek moet almal van hulle huiswerkers ontslae raak, dit sal nie die eerste moordenaar of eerste informant wees wat jy voed nie.

Theresa ·

Presies. Dis male sonder tal bewys dat baie van dié wat vertrou word, soms jaaaaaaaaaaaaare by iemand in diens – info uitgee en sodoende rooftog/inbraak/moord moontlik maak.
Nie almal doen dit nie, maar verseker ‘n groot persentasie, wel.

Mickey ·

Hier waar ons bly is die meeste ongeskool en hulle kan net hulle eie taal praat. Hulle is geweldig arm – dan kom smeek hulle vir werk en sê hulle sal vir minder werk. Dan werk hulle vir so 2 maande dan kla hulle jou aan oor die min geld en jy’s minus die helfte van jou huis. Dan het jy in daardie 2 maande net gebruik om hulle die basiese beginsels van higiëne te leer en jy moes die meeste werk self doen want hulle ‘vergeet’. Nee wat – kan nie meer bekostig nie op alle vlakke.

Reg Mickey ·

Het al so baie daarvan gehoor. Sal aanvanklik vir ‘n bord kos werk en as jy weer sien behoort hulle aan ‘n Unie en gee jou aan as hulle 15 minute oortyd gewerk het, hulle hele familie nie in die kamer mag bly , of hulle nie verlof kon neem toe hulle wou of sonder ‘n sieksertifikaat by die huis kon bly nie,. Die hand wat jy vandag voed, byt jou more, dan sit jy nog met ‘n CCMA saak ook teen jou.

Theresa ·

Ai, hoe vreeslik jammer vir die kindertjies dat hul mamma op so n manier moes sterf. Hoop hul het goeie familielede wat sal kan versorg. Die huiswerker is ‘n moordenaar en niks minder nie. Basta met wat die rede was. Liewe aarde tog! Moord is moord. Al die argumente om ‘n rede te vind en dit voor iemand anders se deur te lê, is belaglik. Daar is mense wat eenvoudig te maklik moord pleeg vir elke ding onder die son en dink dis ok, want hul is vies vir iets (of nie) :( Moord kan nie regverdig word nie.

Amanda van der Merwe ·

Gelukkig het die kinders en hul pappa goeie bure, familie en vriende Theresa. Wilma se man is ‘n awesome pappa en albei hul kinders is dus in goeie hande. Hul bure was en is nog steeds almal daar vir hom en die kinders. Hierdie WREEDAARD het geen berou getoon toe sy Wilma vermoor het nie en ek twyfel of sy dit gaan toon tydens haar hofsaak. AS DAAR EEN SAL WEES, by gesê.

Reinhardt ·

Hoekom het julle almal nog huishulpe?! Verstaan julle nie dat goedkoop arbeid (slawerny, inboekelinge) die rede is hoekom ons is waar ons is nie. Doen die werk self, hou op staat maak op ander.

Denise ·

Dit is n opgevoede vrou wat vermoor is en sy sal nie so laag gedaal het om iets vieslik te se nie dit is baie hartseer dat n moeder moet sterf asgevolg van n huiswerker en so sterf mans vrouens elke dag asgevolg van barbare wat geen beheer oor hulle self het nie !!!! Ons wit mense word dood gemaak sonder rede iets is erg fout daar word deesdae baie min gesteel dit is of hulle net wil moor dit is soos ek dit sien !!!! Without prejudice!!!!! Terloops ek raak ook vies maar ek gan nie en moor my bure nie of rand iemand aan nie !!!!!

Vytjie ·

Daar is mense wat regtig huishulpe nodig het. En wat goed na hul huishulpe omsien. Ek herhaal weer wat ek laas gese het. Ek is `n gekwalifiseerde kleuterskoolonderwyseres. My werkgewer het dit aan my bekend gemaak dat sy my nie oortyd kan betaal nie. Waarby ek ingestem het. Inruil kry ek aftyd vir die oortyd gewerk. ASSEBLIEF!!!!!!!. Dit is van kardinale belang dat wanneer iemand aangestel word VRA vir `n Police Clearance en ook hom/haar Geloofs agtergrond. Dis nie te se U kom op hom/haar geloof af nie, maar dit dra by tot U huishouding. Vreemde geeste word in U huis ingedra sonder dat U dit agterkom.

Jean ·

Dankie, Vytjie, ek is ook glad nie teen die mishandeling of slegte behandeling van huiswerkers of tuiniers nie. En ongelukkig het ou mense of mense met gestremde kinders of gestremde ouers ‘n ‘caretaker’ so nodig. Hulle is absoluut goud werd. Ek meen ‘n spastiese kind kan nie vir homself of haarself sorg nie, nog minder iemand wat bedleend is, en daarvoor is hierdie ‘engele’ wat na hulle omsien so belangrik. ‘n Gelowige betroubare caregiver in so ‘n huis is absoluut onmisbaar, en soos jy se, meestal is hulle ook geskoold en verdien goeie behandeling en ‘n goeie salaris. Die kinders gooi soms maar almal saam, en help om ‘n ouer op die manier versorg te word omdat baie van die ‘inrigtings’ te duur is. Dankie vir die puik werk wat jy doen Vytjie. By ons werk kry ons ook nie oortyd nie, ons kan dit ook in ure afneem.

Joa ·

Ek dink dit gaan defnitief oor wreedheid hier. Wit mense maak nie hul base dood as hulle nie ooreenstem of as hulle uitgetrap word oor iets nie. Maar nouja, die meeste kom weg met moord in ons land. Daar is duisende mense wat nie ‘n gewete het nie en daarom pla dit hulle nie om sommer moord te pleeg nie. My persoonlike opinie is die volgende: As jy in God glo, dan sal jy ‘n gewete he wat jou vir altyd sal aankla daarom pleeg jy nie moord nie en jy behandel alle mense met respek totdat hulle die teendeel bewys. Dan draai jy maar die rug op hulle.

Amelia ·

Vir almal wat die doodstraf wil terug he onthou net dat die Boeremag manne sou die doodstraf gekry het. En dan is hulle nie eers skuldig van hoog verraad nie. Besef julle hoe maklik dit is om bewyse te vervals nie? Ek dink regtig die meeste blankes in SA het nie meer die wil om te lewe nie. Hoekom anders sal jy ‘n huishulp of ‘n tuinier he as ons almal weet dat die meeste inbrake (en alles wat daar mee gepaard gaan – moord, verkragting), is “inside jobs”?

Gatvol ·

Pierre, net vir inligting, daar is duisende mense wat tronk toe gestuur word vir moord wat onskuldig is danksy ons korrupte regstelsel en politieke vakbonde (cosatu) wat maak en breek soos hul wil. Maklik om te se bring die doodstraf terug as onskuldige mense daaronder moet lui oor ons land se groot korrupsie in die staatsdiens. Hoop en bid jy eerder dat nie een van jou familie of naasbestaandes onder so iets gebukkend moet gaan nie want omkopery fier hooggety in ons land as dit kom by so iets soos wat hier gebeur het naamlik werkgewer teenoor werknemer . Gaan jy nogsteeds smeek dat doodstraf terug gebring moet word terwyl reg en geregtigheid glad nie geskiet in die meeste sulke gevalle nie.!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.