Huishulp vas oor diefstal van vuurwapens, juwele

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Huishulp en haar kêrel is Vrydag in Sydenham, Durban, in hegtenis geneem op aanklag van diefstal, die onwettige besit van vuurwapens en vermoedelik gesteelde eiendom.

“Die vrou, wat as ʼn huishulp by ʼn huis in Howellweg gewerk het, het vroeër vandeesmaand glo haar werkgewer se vuurwapens en juwele gesteel,” het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê.

Toe die werkgewer ontdek die eiendom word vermis, het sy die saak by die polisie aangemeld. “ʼn Saak van diefstal is by Sydenham-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Naicker gesê. “Die ondersoekbeampte se ondersoek het hom tot Inanda gelei waarheen die verdagte gevlug het. Sy is in hegtenis geneem en het die polisie na haar kêrel se huis geneem waar die gesteelde goedere gevind is.”

Die polisie het beslag gelê op die gesteelde juwele, 9 mm-pistool, ʼn rewolwer en 49 rondtes ammunisie. Die kêrel is dadelik deur die polisie in hegtenis geneem. “Albei verdagtes sal na verwagting Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

GES ·

Daar is steeds mense wat huishulpe met alles wat hulle het vertrou en sonder toesig alleen by die huis laat.

James ·

My vrou doen die werk in die huis en ons spaar duisende rande , niks word gesteel of gebreek nie .

Renee ·

Ek doen my huiswerk self, spaar baaaie geld, my kruideniersware word net deur ons gebruik, en ek bederf myself met lekker spa behandelings en gaan gereeld vir my naels. My juwele en ons besittings is veilig – ons ok!

Chris W ·

My vrou het al haar huiswerk self behartig vir 30 jaar tot en met ons motor ongeluk.Nou kan sy niks meer self doen nie ,ook nie haarself eers aantrek en bad nie en ly aan geheue verlies.Sy kan nie eers onthou watse linne of klere sy het nie!EK doen nou ALLES self EN versorg haar ook nou vir 2 &1/2 jaar.Dit kan gedoen word.Maar daar is steeds te veel wit mense wat te sleg is.Ja ek weet ek gaan gekritiseer word maar gee nie om nie.Ek nooi enige een om in my skoene te kom staan.

SNEL ·

Chris, ek haal my hoed vir jou af! Jy verdien n medalje en n standbeeld. Dis baie op n man se skouers, jou vrou het n juweel van n man om so mooi na haar te kyk en om nog om te sien na die huis en alles wat nodig is. Ek sak my kop in skaamte, ek moet net my huis skoonmaak en doen dit ook net waar die oog kan sien…the house was cleaned last week, sorry you missed it; is my motto. Vir die wat hulle huiswerk self doen, het ek egter die raad, sit n klomp word-gou-gesond kaartjies op n plek waar mense dit kan sien, as jy dan kuiermense kry en die huis is in n toestand sal hulle dink jy was siek as hulle die kaartjies sien, en jou baie jammer kry en jou opslag vergewe vir die stoffies.

Elizabeth ·

Ek is 69jr oud. Werk nog as finansiele raadgewer en sien nie kans om nog skoon te mask nie. My huishulp werk al 14 jr vir ky en nog nooit id uets gesteel. As ek geld by die huis vergeet weet ek verseker dut sal daar wees. Ken al haar broers wat in tuine werk en weet waar om haar te kry indien nodig. Dis onnosele mense wat hulp van die straat hier wat hulle nie kan tetug verwys na iemand wat hulle ken. Hulle moet self verantwoordelikheid aanvaar.

Yvonne ·

Dit kan gedoen word. Ek werk voltyds en het reeds die afgelope 15 jaar nie n huishulp nie. Die goue reël in ons huis is dat almal agter hulself skoonmaak en dan werk ons op n roterende rooster waarop take verdeel word op n weeklikse basis. Vertrekke word ook geroteer sodat niemand bv permanent verantwoordelik is om die toilet te skrop nie! Dit was aanvanklik n gesukkel om álmal te betrek maar dit het gou beter gegaan. Boonop het ons met die geld wat gespaar is gelydelik hulpmiddels soos n skottelgoedwasser en vele meer aangeskaf. Dit verg min onderhoud en dink maar self aan al die ander voordele! Nee wat, dis moontlik en dit word gou n lewenswyse. Ek verlekker my in my privaatheid en onafhanklikheid van buitehulp!

Armando ·

Yvonne en Chtis W, baie geluk! Julle dien as goeie voorbeelde vir baie ander wat met hulle verskonings enigeiets sal rasionaliseer. Maak nie saak hor hard jy stry nie, daar is ‘n vremdeling in jou huis, alleen! En baie keer een wat in sy/haar gemoed jou en joune haat. Kyk na Madonsela en haar dogter.

Elbie ·

Ek en my man doen liefs alles self, juis oor ons dit geniet om dinge saam te doen! Hy is mal oor kosmaak na werk en ek doen die inkope, meeste naweke is ek in my tuin! Einde van die jaar kan ons met n geruste hart vakansie gaan hou!

Michael ·

Die huishulpe se salarisse sal binnekort van so aard wees die gewone huisgesin sal dit nie meer kan bekostig nie so ons moet gewoond raak daaraan

François ·

Hoe was dit moontlik? Vuurwapen moet in kluis gesluit wees. Onbevoegde vuurwapen eienaar? Ek & my vrou doen alles in & om die huis self. Die sogenaamde huishulpe is niks anders as bronne vir ‘inside info’ nie!

Hartman ·

My pel het geld en goed verloor uit n kluis uit en die kluis was gesluit. Die marram het seep gevat en moulds gemaak van sy kluis sleutel! Dit was later op kamera opgevang en sys gefire.

Liewe heksie ·

Ek het probeer om self te doen maar na 4 rugoperasies kon ek nie meer nie kry saterdae ene wat heeltyd onder my oë is altans ek probeer bere als wat waardevol is om haar nie in versoeking te stel nie Glo my ek het ok op harde manier geleer

François ·

Hartman, ek bly by my stand punt, hoe kry die huishulpe dit reg? Waar was die kluis se sleutel? Veronderstel om by die eienaar te wees, dan nie?! Agterlosigheid & onbevoegde om vuurwapen te besit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.