Huishulp verdrink in swembad

Die polisie is Maandagmiddag na die huis in Inanda ontbied (Foto: SAPS)

ʼn Huishulp het Maandag in ’n swembad by haar werkgewer se huis in Inanda, KwaZulu-Natal, verdrink.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die polisie in Durban se duikeenheid en soek-en-reddingspan is die middag na die huis in die Matabetuleshe-gebied in Inanda ontbied.

Mbele sê met die polisie se aankoms by die huis het hulle die vrou in die swembad aangetref. Sy was reeds dood en het in die swembad gedryf.

Die vrou is geïdentifiseer as die 46-jarige Nobuhle Ndlovu. Sy was ʼn huishulp by dié spesifieke huis.

Ndlovu se liggaam is aan die polisie in Inanda oorhandig en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Thea

Dis vreeslik hartseer. Ek sê altyd en ek sal dit altyd sê, die staat doen nie genoeg om mense in minder gegoede buurte meer in te lig oor water nie. Die staat moet meer doen om kindertjies te leer swem van klein ouderdomme af, dan sal dinge soos hierdie minder wees.

Onnie

Baie hartseer, wonder wat was die oorsaak dat sy in die swembad beland het.

Jaco

Die een wat die polisie laat kom het, kon ook maar eerste gehelp het om haar uit die swembad te kry. Al daardie tyd om die polisie te bel én vir die polisie te wag is kosbare tyd wat sy gered kon gewees het.

Jack

Die net was nie op nie so die huisbaas gaan vir moord aangekla word.

Danie

Die huiseienaar beter sy geldsake in orde kry.
Hy gaan baie betaal.
Indien nie ook teregstaan op n aanklag van moord nie.