‘Huishulp-verkragting’: Hof hoor oor ‘verhouding’

Die beskuldigde tydens ‘n vorige verskyning. Foto: ANA.

Die 45-jarige man van Bronkhorstspruit wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om seksuele dade met sy honde te pleeg, het Maandag gesê hy en die beweerde slagoffer was in ʼn romantiese verhouding.

Die man, wie se naam nie genoem mag word voordat hy gepleit het nie aangesien hy teregstaan op aanklagte van ʼn seksuele aard, het Maandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof, oos van Pretoria, formeel om borgtog aansoek gedoen.

Sy beëdigde verklaring is deur sy regshulpprokureur, Ehleketani Maluleke, aan die hof voorgelees. Hy ontken dat hy die vrou verkrag het en het gesê hy het met haar instemming seksuele omgang met haar gehad.

“Dit was nie die eerste keer wat ek seks met haar gehad het nie,” lui sy verklaring.

“Ek stel dit dat die staat se saak teen my swak is. As ek op borgtog vrygelaat word, sal dit nie die openbare orde ontstig nie, aangesien die publiek nie geweet het ek was in ʼn verhouding met die klaer nie.”

Maluleke het ook ʼn verklaring van die beskuldigde se getuie aan die hof voorgelees wat die beweerde verhouding bevestig het. Die getuie, Johanna Maga, was nie self by die hof nie en haar verklaring is ook voorgelees.

“Ek weet hulle was verlief. Ek het dikwels in ʼn woonwa naby die taxistaanplek in Bronkhorstspruit saam met hulle ontspan en gedrink,” lui haar verklaring.

Staatsaanklaer Tiisetso Leballo het die man se borgtog teengestaan en kapt. Van Rooyen as die staat se getuie laat getuig.

Van Rooyen het aan die hof gesê dat die vrou kneusplekke aan haar vaginale area opgedoen het, ʼn oop wond aan haar regter binnebobeen gehad het en glo ook met ʼn houtplank onder haar voete tydens die beweerde verkragting geslaan is. Hy het gesê dit is onmoontlik vir enige persoon om sulke beserings tydens seks met instemming in ʼn romantiese verhouding op te doen.

Maroela Media het vroeër berig die beskuldigde het na bewering die huishulp in Oktober verlede jaar in ʼn kamer in sy ouerhuis in Riamarpark in Bronkhorstspruit ingesleep en haar tot vroeg die volgende oggend herhaaldelik verkrag, waarna hy glo die honde betrek het.

Hy staan tereg op tien aanklagte, insluitend van verkragting, seksuele aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging. Hy is in November in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Landdros David Shikwambana het die saak tot Donderdag vir slotbetoë uitgestel.

Lees die vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rissie ·

Romantiese verhouding? Nou wonder ek wat het die honde met hulle romantiese verhouding te doene.

Amelia ·

Ek wonder net vandat ek die saak die eerste keer gelees het. Hoe de joos dwing jy n hond om iets te doen wat nie in sy natuur is nie?

JAILHOUSE ·

Nee sies hulle moet hom toesluit en die sleutel weggooi, dit is ALLES ONVAANVAARBAAR en vieslik!

sonja ·

DIS VREESLIK DIE WERELD DAAR BUITE IS REGTIG SIEK!!!!!!!!!!!AS DIE 2 WEL N VERHOUDING GEHAD HOEKOM HAAR HERHAALDELIK VERKRAG EN DIE HONDE INSLUIT???HOOP DIE MAN KRY WAT HY VERDIEN.EK’S OOK 3 JAAR TERUG BY MY WERK VERKRAG DIS DIE VREESLIKSTE ONDERVING OOIT!!!!!!!!!WENS DI6 NIE EERS MY AARDSE VYAND TOE NIE.JY VOEL VUIL,MISBRUIK,EN NIE GOED GENOEG VIR NET VIR VIESLIKE EN WALGLIKE SEKS.DIT SAL JY NOOIT OOIT KAN VERGEET NIE WANT DIT SPOOK DAG EN NAG BY N MENS.STERKTE VIR DAAI VROU!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.