‘Huishulp-verkragting’: Man wil honde terughê

Die beskuldigde tydens ‘n vorige verskyning. Foto: ANA.

Die 45-jarige man van Bronkhorstspruit wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om seksuele dade met sy honde te pleeg, het aangedui hy wil om borgtog aansoek doen en dat hy sy twee honde wil terughê.

Die polisie het ná die man se inhegtenisneming in November verlede jaar as deel van hul ondersoek op sy honde beslag gelê om DNS-monsters te neem en vir toetse te stuur. Sy honde is sedertdien in die sorg van die Dierebeskermingsvereniging (DBV).

Die man se voorneme om dié twee aansoeke in te dien is deur sy regshulpprokureur, Ehleketani Maluleke, Dinsdag tydens sy verskyning in die Bronkhorstspruit-landdroshof, oos van Pretoria, voorgelê. Sy voorneme om vir borgtog aansoek te doen, volg nadat hy sy formele borgtogaansoek in November laat vaar het, vermoedelik uit vrees vir sy eie veiligheid.

Staatsaanklaer Tiisetso Leballo het aan die hof gesê dat die DNS-uitslae van die beskuldigde en die 41-jarige huishulp gereed is, maar dat die honde se DNS-uitslae steeds uitstaande is.

“Die staat staan die beskuldigde se aansoek dat sy honde aan hom terugbesorg word, teen,” het Leballo gesê.

Landdros David Shikwambana het die saak tot 19 Maart uitgestel vir die beskuldigde om vir borgtog aansoek te doen. Shikwambana het gesê die beskuldigde kan nadat die borgtogaansoek afgehandel is aansoek doen om sy honde terug te kry.

Maroela Media het vroeër berig die beskuldigde het na bewering die huishulp in Oktober verlede jaar in ʼn kamer in sy ouerhuis in Riamarpark in Bronkhorstspruit ingesleep en haar tot vroeg die volgende oggend herhaaldelik verkrag, waarna hy glo die honde betrek het.

Hy staan tereg op tien aanklagte, insluitend van verkragting, seksuele aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.

Die man, wie se naam nie genoem mag word voordat hy gepleit het nie, is in November in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

ʼn Klein groepie EFF en ANC ondersteuners het Dinsdag buite die hof gesing en dans en byna ʼn bejaarde man aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Saartjie ·

Die artikel laat na om te berig is dat die beskuldigde swaksinnig is.

PJC ·

Ja Saartjie as dit waar is wat hierdie ou gedoen en gesê het is hy heeltemal die kluts kwyt en hoort hy vir sy eie en ander se beswil in ń inrigting vir die res van sy dae.

Nakkie ·

Ek voel as daai mens
swaksinnig was sou hy nie vir sy honde kon terugvra nie, nog minder vir borgtog. Hy moet daai honde in vrede Los en bly waar hy is. Ek kan ook swaksinnig raak as my lewe in gevaar is……

kas ·

Ib ‘n vorige berig het hulle bevestig die man was in ‘n spsiale skool omdat hy in die gewone skool”gedop” het.Ek kan dus die afleiding maak dat sy I K nie baie hoog is nie.Die hof sal dus verslae moet indien van sielkundiges om te bepaal of die man toerekeningsvatbaar is en dus verhoor kan word.Dit sal bepaal of hy kon onderskei tussen reg en verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.