Huishulp wat Bloem-gesin wou beskerm ter ruste gelê

herman-toerien-02

Herman Toerien. Foto: Verskaf

“Ek verwag om net een keer deur hierdie lewe te wandel. Enigiets goeds wat ek kan doen, of enige vriendskapsdaad wat ek teenoor enige lewende kan openbaar; laat ek dit nou doen. Laat ek nie daarvan afwyk of dit afskeep nie, want ek sal nie weer hierlangs kom nie.”

Met dié woorde van die skrywer en een van die VSA se stigters, William Penn, is Mita Koromang Maphinya (66), die Bloemfonteinse huishulp wat oorlede is nadat sy haar werkgewer teen huisrowers probeer beskerm het, Saterdag ter ruste gelê.

Maphinya was die huishulp van vryskutskrywer Herman Toerien en sy vrou, Joan. Toerien is ook onder Maroela Media se lesers bekend as die skrywer van die daaglikse Nuuskommentaar.

Joan het vandag Maphinya se begrafnis namens die Toerien-familie bygewoon en ʼn huldeblyk in vlot Suid-Sotho aan hul geliefde Mita gelewer. Dié huldeblyk is saam met talle beste wense en simpatieboodskappe van lesers in ’n bundeltjie opgeneem. ’n Aantal kopieë van dié bundeltjie is by die begrafnis uitgedeel en opgeraap. Dit sluit boodskappe van twee LP’s en ’n voormalige Wes-Kaapse premier in.

Maroela Media het vroeër berig twee rowers het die oggend van 30 November die Toeriens se huis in Langenhovenpark binnegestorm. Joan was nie ten tyde van die voorval by die huis nie, maar Herman was wel voor sy rekenaar aan’t skryf, terwyl die egpaar se outistiese seun, Jandré, in sy kamer was.

Die rowers het hulle egter eerste teen Maphinya vasgeloop wat hard geskree het om Herman en Jandré te waarsku. Sy is ses keer met ʼn mes gesteek en haar kop is teen ʼn muur geslaan. Sy het sulke ernstige breinskade opgedoen dat sy enkele dae later oorlede is.

Toerien (63), wat ʼn Waldenström-kankerlyer (ʼn soort limfatiese kanker) is en intensiewe behandeling waaronder chemoterapie ontvang, was ondanks die feit dat hy baie moeilik loop ook in ʼn struweling met die rowers betrokke, maar het nie ernstige beserings opgedoen nie. Jandré was ongedeerd.

Toerien sê Penn se woorde beskryf Maphinya se lewe “met hart en daad”. As voormalige assistentdirekteur vir verhoudingsbevordering in die Vrystaat sê hy hy is besonder beïndruk met die versoenende aard van lesers se reaksies op Maphinya se heldedaad.

“Ek het Mita postuum genomineer vir die jaarlikse erkenning deur die FW de Klerkstigting van iemand wat baie vir tussengroepverhoudinge gedoen het,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

John ·

Ja, Herman. Julle harte moet seer wees. Eintlik is daar en was daar nog altyd soveel goeie verhoudinge tussen ons Boere en mede Afrika-bewoners. Wonderlike vertellings van samesyn en medemenslikheid is deur die eeue vertel en leef in dle annale van ons geskiedenis. Soos maar altyd is die bose met ons wat die diep geborgenheid en ingebedde gemeensaamheid wil vernietig en eerder weersin en vyandigheid opwek. Dalk net sal hierdie onsigbare band ons, in weerwil van die weersinswekkende, deur die drif trek. Ons het iets opgebou wat nerens ter wereld bestaan nie.

AW ·

Saluut Mita !!

“evil Must Never Be Allowed To Triumph Over Good.”

Wilma ·

Vuilgoed gee nie om dat onskuldige mense vermoor word ni. Sterkte aan Mita se geliefdes en werkgewers. Mag God jul Vertroos. R.I.V . Dierbare Mita

leser ·

herman en gesin, van mykant af 1x minuut van stilte vir ‘n kort gebed vir Mita en julle met die moeilike tyd waardeer julle nou gaan
hoop en bid dat julle weer met ‘n “MITA” in jul lewens geseen kan wees, om net so raakvak soos Mita sal wees (1uit ‘n 10,000)
kies versigte met die onderhoude om weer ‘n Mita aan te stel

Engela de Klerk ·

My skoonma (woon in Bloemfontein) het vir baie lank Herman Toerien se skrywes in die koerant uitgeknip en gebêre vir my man. Ons woon in Kanada. Jammer die gesin en hul huishulp moes deur hierdie trauma gaan. Daardie vrou was ‘n held!

Snowball ·

Dit is so hartseer, sy was inderdaad ‘n groot gees om haarself nie te ontsien ter wille van ‘n ander mens nie. Daar is min sulkes (van alle rasse in SA) oor. Sy laat my dink aan AG Visser se ‘Amakeia’. Mag die Here vertroosting gee vir almal wat haar gaan mis.

Smurfie ·

Wens daar was n mooi foto van haar.
Dat ons kan sien hoe het n heldin gelyk

J. van Rensburg ·

Tragies – en tog wonderlik – dat so ‘n goeie mens feitlik haar eie lewe gegee het om ander te beskerm. Rus in vrede, Mita!

Elsa ·

RIV Mita. Jy het ‘n wonderlike hart gehad. Dis net vir my hartseer dat daar so min kommentare gelewer word en mense wat gereeld kommentaasr lewer oor hoe sleg “hulle” is en hoe die blankes uitgemoor word of gaan word, nou almal tjoepstil is! Mita was ‘n swart vrou wat haar lewe gegee het om haar blanke wergewer te beskerm, maar daaroor word die minimum kommentaar gelewer.

Cornelia ·

Mnr.Toerien en eggenoot Joan, u eie bydrae tot ‘n gelukkige Mita in u huishouding, verdien ook ‘n huldeblyk. Die bundeltjie wat u saamgestel het getuig van u eie offer en gebaar van liefdevolle gee. U eggenoot wat in vlot Suid-Sotho na hul hart gespreek het en eer bewys het aan die wat agterbly. U het u eie nalatenskap van opregte waardering en meelewing uitgestuur. Seënwense aan u en u gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.