Werkgewers word nou verplig om hul huiswerkers by die Vergoedingskommissaris te registreer aangesien huiswerkers voortaan die reg het om vergoeding te eis vir beserings en siektes wat hulle aan diens opdoen.
Huiswerkers word voortaan deur die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes gedek.
Dié aankondiging is deur die vergoedingskommissaris, Vuyo Mafata, in die Staatskoerant gepubliseer.
Luidens die Staatskoerant sluit die vergoeding wat aan huiswerkers betaalbaar is vir beroepsbeserings en -siektes dieselfde voordele in wat aan alle ander beseerde werknemers betaalbaar is.
Voordele betaalbaar sluit onder meer in tydelike ongeskiktheid wat geld in gevalle waar ’n werknemer vir vier of meer dae afgeboek is. Die voordeel kan vir tot 24 maande betaalbaar wees.
Wat permanente ongeskiktheid betref, is ’n lompsom ook betaalbaar aan ʼn werknemer met ʼn finale mediese verslag van ’n dokter wat aandui dat die werknemer nie van die siekte of besering gaan herstel nie.
Vergoeding is ook betaalbaar aan ’n werknemer se afhanklikes indien hy of sy dood is weens besering of siekte aan diens.
Die volgende dokumente moet deur werkgewers ingedien word vir registrasie van hul huiswerkers.
- ʼn Voltooide CF-1E-vorm
- ʼn Afskrif van ID/paspoort/werkspermit van die werkgewer
- ʼn Bewys van woonadres van die werkgewer
- ʼn Afskrif van die ID/paspoort/werkspermit van werknemer
- ʼn Afskrif van die dienskontrak
Aansoeke om registrasie kan na [email protected] of [email protected] gestuur word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
As ek ‘n huishulp in diens neem, en ek moet voldoen aan vele wetgewing, dan behoort ‘n huishulp se salaris as uitgawe, belasting afrekbaar te wees. Dit is nie.
Ek het sopas my sitplek langs die bokskryt ingeneem. Baie nuuskierig om te sien wat hierdie toernooi gaan inhou.
Ek wonder watter “siektes” n huishulp by haar werk sou konopsoen?
Rian
Ek wonder watter siektes huishulpe by die werk sou kon opdoen?
Nuwe ministers pos. Minister van Versekerde werkloosheid.