Huishulpe moet nou geregistreer word

Argieffoto

Werkgewers word nou verplig om hul huiswerkers by die Vergoedingskommissaris te registreer aangesien huiswerkers voortaan die reg het om vergoeding te eis vir beserings en siektes wat hulle aan diens opdoen.

Huiswerkers word voortaan deur die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes gedek.

Dié aankondiging is deur die vergoedingskommissaris, Vuyo Mafata, in die Staatskoerant gepubliseer.

Luidens die Staatskoerant sluit die vergoeding wat aan huiswerkers betaalbaar is vir beroepsbeserings en -siektes dieselfde voordele in wat aan alle ander beseerde werknemers betaalbaar is.

Voordele betaalbaar sluit onder meer in tydelike ongeskiktheid wat geld in gevalle waar ’n werknemer vir vier of meer dae afgeboek is. Die voordeel kan vir tot 24 maande betaalbaar wees.

Wat permanente ongeskiktheid betref, is ’n lompsom ook betaalbaar aan ʼn werknemer met ʼn finale mediese verslag van ’n dokter wat aandui dat die werknemer nie van die siekte of besering gaan herstel nie.

Vergoeding is ook betaalbaar aan ’n werknemer se afhanklikes indien hy of sy dood is weens besering of siekte aan diens.

Die volgende dokumente moet deur werkgewers ingedien word vir registrasie van hul huiswerkers.

  • ʼn Voltooide CF-1E-vorm
  • ʼn Afskrif van ID/paspoort/werkspermit van die werkgewer
  • ʼn Bewys van woonadres van die werkgewer
  • ʼn Afskrif van die ID/paspoort/werkspermit van werknemer
  • ʼn Afskrif van die dienskontrak

Aansoeke om registrasie kan na [email protected] of [email protected] gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Francois Le Cochon ·

As ek ‘n huishulp in diens neem, en ek moet voldoen aan vele wetgewing, dan behoort ‘n huishulp se salaris as uitgawe, belasting afrekbaar te wees. Dit is nie.

KB ·

Dan behoort talle huisvrouens ook geregistreer te word.
Hierdie wetgewing behoort summier van die tafel gevee te word. Dis totaal belaglik.

Stof ·

Ek het sopas my sitplek langs die bokskryt ingeneem. Baie nuuskierig om te sien wat hierdie toernooi gaan inhou.

Rian ·

Ek wonder watter “siektes” n huishulp by haar werk sou konopsoen?

Rian

Rian ·

Ek wonder watter siektes huishulpe by die werk sou kon opdoen?

Persheks Adri ·

Hulle gaan enige snert uit dink net om nie te kom werk nie en te kan eis magtag

Jacobus ·

Nuwe ministers pos. Minister van Versekerde werkloosheid.

Jack ·

Hierdie wet sal net so geredelik as die wet op werloosheidversekering geignoreer word. Hoe meer rompslomp. hoe meer werkloosheid.

Kremetart ·

Net nog ‘n rede waarom ek nie weer ‘n huishulp sal hê nie.

Persheks Adri ·

Nee wat dan kan sy maar sonder werk sit en gaan geld vra vir die “slim” minister tsek man pffft

Pietertjie ·

Ek het geen simpatie met mense wat te lui is om agter hul eie sterte skoon te maak nie. Laat hulle maar betaal!

Anoniem ·

Pietertjie jy neem die woorde so uit my mond uit. Die witman sal eerder betaal voor hy agter sy stert sal skoonmaak.

Persheks Adri ·

Ek gaan jou nie ‘n af duimpie gee nie, maar neem in ag daar is mense wat in ‘n helse ongeluk was en ‘n nek en rug operasie gehad het en sekere take nie kan doen nie. Almal se omstandighede verskil ongelukkig, maar myne moet op pensioen gaan so sy kan gly in elk geval al het sy net Dinsdag en Donderdag kom werk

marius ·

My huishulp weier want sy gaan haar kinder toelae verloor . Punt

Caroline ·

I will come and clean your home I do it here without any problems

KB ·

En wie gaan hierdie databasis administreer (indien die sagteware werk)? Dit gaan net so ‘n flop wees soos eNatis, vuurwapenlisensies, eTol, staatshospitale, SASSA, WVF, Eskom, ens., ens.
As die kern vrot is, kan geen rekenaarstelsel dit regruk nie. Genade! Waar is die logika?
“Garbage in, garbage out”.

Grassie ·

Hier waar ek woon werk ‘n huiswerker gewoonlik net een dag, soms ‘n half dag, per week. Hulle word na elke werksdag betaal. As hulle nie opdaag nie word hulle nie betaal nie. Nou wonder ek as wat word hulle geklassifiseer – ‘n huiswerker, ‘n stukwerker of ‘n los arbeider. Moet al 5 die werkgewers hulle registreer of wat.

JohanR ·

Ek wonder hoeveel wit huis houdings het jare al besluit om hulle eie huiswerk te doen. Is nie moelik nie solank almal inspring en elke dag hulle deel doen….Pa, Ma, seun, seun, dogter. Dan kan julle eenmaal ‘n maand die geld wat vat aan ‘n huishulp uitgegee sou word en gaan lekker uit eet.

Dirk Mostert ·

Hoe meer “red tape” hoe minder poste. Bly liewers sonder ‘n huishulp. Die regering wil maar net nie leer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.