Huispryse styg skerp

(Foto: Maroela Media)

Suid-Afrikaanse huispryse het in Oktober met 15,1% gestyg in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar, het die onafhanklike verbandtussenganger MultiNET Dinsdag gesê.

Die vraag na huise het pryse opgejaag terwyl verbruikers die lae rentekoers aangryp. Aansoeke vir huislenings het met 50% toegeneem, het Shaun Rademeyer, uitvoerende hoof van MultiNET, gesê.

Die Reserwebank het rentekoerse die afgelope jaar al met ʼn gesamentlike 300 basispunte verlaag om druk op die ekonomie – wat weens die Covid-19-pandemie op sy knieë gedwing is – te help verlig. By die laaste monetêre beleidsvergadering in September is die rentekoers egter onveranderd gelaat.

Talle handelsbanke het sogenaamde betaalvakansies gebied aan verbruikers wat weens die maande lange afsonderingstydperk geldelik in die knyp is, en die voorraad huise wat aan agente beskikbaar is, het beduidend afgeneem. Talle huiseienaars probeer in hierdie stadium ook aan hul eiendom vashou, eerder as om dit te verkoop, het Rademeyer gesê.

Hy voorspel egter dat die groei in die eiendomsmark teen 2021 gaan verstadig, wanneer meer banke die betaalvakansies gaan begin opskort en ʼn bestendige aantal huise weer op die mark beskikbaar word.

Ontwikkelaars neem ook hierdie neiging waar en probeer so gou moontlik nuwe projekte aan die gang kry. Dit beteken soos wat meer eiendom beskikbaar gestel word, gaan huispryse ook meer mededingend begin word.

“Ons gaan aanhou om in die eerste ses maande [van volgende jaar] groei in die huismark te sien, terwyl verbruikers voordeel trek uit die lae rentekoers,” het Rademeyer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Ek se elke dag dankie dat ek my huis 15 jaar gelede gekoop het en afbetaal het in 10 jaar deur ‘n extra R1500 elke maand te betaal. Ek betaal nou net elke maand munisipale tariewe en my elektrisiteit. Hier in die Kaap kan ‘n een sitkamer woonstel jou enigeiets van R9000 tot R10000 ‘n maand kos om te huur, en ‘n huis seker van R12000 tot R20000. As jy nie wil squat nie moet jy seker……en betaal!

quartus ·

vaste eiendom is, soos ons hierbo duidelik kan sie, steeds n baie goeie belegging.

J ·

Wens ek was 20 jaar jonger dan het ek nou baie eiendomme GEKOOP! … ek is egter nou besig om af te skaal en het winsgewende huureiendom om te verkoop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.