Huisroof: Boef kom sy moses teë

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Vermeende inbreker is dood nadat hy deurboor is toe hy op ʼn heining geval het kort nadat hy glo ʼn huis in Johannesburg beroof het.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê gemeenskapslede het die polisie Sondag omstreeks 04:30 na die huis by Averillweg in Robertsham, suid van Johannesburg, ontbied.

“Polisiebeamptes het op die man se liggaam afgekom waar dit nog aan die duiwelsvurkheining bo-op die muur gehang het. Hy is op die toneel dood verklaar. Ons vermoed hy is tussen 25 en 30 jaar oud.” Volgens Masondo is daar ingebreek by ʼn huis naby die plek waar die man aangetref is. Die eienaars was nie tuis nie.

“ʼn Televisie, twee baadjies en ander items is langs die muur aangetref. Dit is in dié stadium nog nie duidelik of daar moontlik nog verdagtes betrokke was nie.” Masondo het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek is begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.