Huisroof daal, maar kapings neem skerp toe

Pali Lehohla, statistikus-generaal, Donderdag (28 September 2017) in Pretoria. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Misdaad teenoor Suid-Afrikaanse huishoudings en individue ouer as 16 jaar het afgeneem, terwyl kapings en seksuele oortredings skerp toegeneem het, het die Slagoffers van Misdaad se 2016/17-opname getoon.

Statistiek Suid-Afrika (SSA) het Donderdag die jongste verslag in Pretoria bekendgestel. “Ongeveer 7% van huishoudings in Suid-Afrika was in 2016/17 slagoffers van misdaad, in vergelyking met 9% van huishoudings in 2015/16,” het Pali Lehohla, statistikus-generaal, gesê.

Huisbrake het met 8% afgeneem, terwyl huisrooftogte met 25% afgeneem het. Diefstal van persoonlike eiendom het met 12% afgeneem.

Voertuigkapings en seksuele oortredings het onderskeidelik met 93% en 110% toegeneem. StatsSA het egter gewaarsku dat die statistiek oor kapings en seksuele oortredings versigtig gebruik moet word, aangesien dit op die tweede vlak van gehalte vir aanvaarbare statistiek val weens die klein hoeveelheid respondente wat misdade in hierdie kategorie ervaar het.

“Die hoeveelheid huishoudings wat misdaad ervaar het, het persentasie-gewys verminder. Dit is die realiteit. Die enigste provinsies waar dit toegeneem het, is in Limpopo en KwaZulu-Natal – die res toon ʼn afname in hierdie misdaad, hoewel ʼn baie gematigde afname,” het Lehohla gesê.

“Die meeste misdade gebeur in huise, so jou huis is nie baie veilig nie. Die helfte van misdade gebeur op huishoudelike vlak, soos huisbrake, veediefstal, huisrooftogte en diefstal van voertuie.”

Hy het gesê in 2016/17 het ongeveer 1,5 miljoen misdaadvoorvalle by ongeveer 1,2 miljoen huishoudings plaasgevind.

Huishoudings waar ʼn man aan die hoof staan het meer voorvalle van misdaad gesien as huishoudings waar ʼn vrou die hoof van die huishouding is. Bruin mense se huishoudings is die meeste geteiken, terwyl huishoudings van swart mense die minste vir hierdie tipe misdade geteiken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lee ·

Weet nie lekker waar hy sy inligting kry nie. Even die STATS van werkers is nie reg nie. Helfde van sake word nie aangemeld nie so sy feite is belaglik.

Callie ·

Belieg en bedrieg om beter te lyk. Mens nie veilig in jou huis nie maar hulle probeer jou ontwapen. Dis erg.

Werner ·

Weet nie wat die ouens by statestiek SA took terwyl hulle werk nie maar dit is sterk plaas aanvalle is al meer hierdie jaar as hele laas jaar dit beteken n toename in my boek

Buitestander ·

Kan statastiek SA vir ons die plaasaanvalle ook gee?

Karma ·

Kyk, ek sê dit sommer nou reguit in mooi, ‘plein’ suiwer Afrikaans (hoop nie MM neem aanstoot nie) – hond-se-dinges!!!

Wie prober julle om die bos lei? Jan-Alleman-en-Sy-Maat daar buite of moontlike toeriste/beleggers? Ek dink ek stem saam met Werner – Stats SA se werknemers moet iets sterker as gewone sigarette rook (dalk bietjie aaptwak, daarom sien hulle ons sodanig dom aan?).

Boeremeisie ·

Not de hel is hierdie die waarheid nie! Voorheen sou jy een of twee mense miskien van gehoor het wat inbraak beleef het. Nou kan julle verseker wees iemand in jou familienof vriendekring is al by ingebreek of beroof. Julle flippen lieg vir ons

Vermeende ·

Hel maar hulle is dom, kyk nou net wat se hy eintlik……
Misdaad neem af waar die publiek homself beter kan beveilig met 8%, in sy huis!
Misdaad neem toe met tot 110% waar die publiek homsef nie kan beskerm nie en die die regering se verantwoordeliheid is om beskerming te lewer, op straat buite jou huis.
Besef hy dat hy eintlik vir die regering se dat hy nie sy werk soos die SAPD kan doen nie.

Freud ·

Sê asseblief vir my met hoeveel persent het plaasmoorde toegeneem en wat ons polisie daaraan doen. Dit is nou die wat nie toeriste beroof en in hegtenis geneem word vir renoster stropery nie.

Jordaan ·

Snert! In elk geval, wanneer jy aangeval word maak dit geen snars saak of dit meer of minder word nie.

Hanna ·

Die motief vir plaasaanvalle is altyd “roof” vlgs die polisie. Selfs al kry mense seer. Dis altyd n saak v diefstal wat kastig ondersoek word. So, julle syfers is sommer van meets af foutief. Julle fool nie ons wetsgehoorsame burgers nie.

Johann ·

Whahahhahaaaaaa!!!!! Shame: dat mens SO dom kan wees om te dink logies denkend intelegente mense glo n SYFER wat uit net nog n onbekwame ANC Propaganda Departement kom? Hulle is seker deur KPMG ge audit?????? HANDPOPPE in ZUPTOPIA!!!!

Sarel Strydom ·

Feit bly staan dat die regering veronderstel is om sy Burgers te beskerm en dit gebeur nie.

Kowa ·

Jip en die aarde is nie rond nie, dis plat soos ‘n tafel. Die paashaas, Kersvader en die tandemuis bestaan regtig. Jou pa en ma het lekker vir jou gejok!!!!!!!!!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Statistiek? So baie misdade word nie eens aangemeld nie. Motoreienaars kan hulself verder beskerm teen die verlies van hul voertuie deur vir hul ‘n Tracker aan te skaf. Hiedie is NIE ‘n advertensie nie, maar hulle toets gereeld my toestel en so is ek gisteraand in kennis gestel ek moet vanoggened aanmeld vir ‘n nuwe toestel aangesien myne getoets is en dit vervang moet word, en hier is ek 24 uur later met ‘n nuwe Tracker teen ekstra koste. Goeie diens van ‘n installeerder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.