‘Huisrower’ by Pta-supermark vasgetrek

Argieffoto

ʼn 29-jarige verdagte is by ʼn winkelsentrum in Centurion aangekeer, ure nadat hy en sy makker glo ʼn man in sy huis oorval en beroof het.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die man is Vrydag in die vroeë oggendure in sy huis in Gerhardsville oorval terwyl hy geslaap het.

“Twee mans het omstreeks 01:30 die man se huis in Akasialaan betree. Dit is nog onduidelik hoe hulle toegang tot die huis gekry het. Hulle het ʼn vuurwapen op die slagoffer gerig en met klere, selfone en ʼn bedrag geld gevlug,” het Moloto gesê.

Die Erasmia-polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur. “Die polisie het inligting ontvang en opgevolg wat hulle omstreeks 18:00 na ʼn supermark in Gerhardsville gelei het. Een verdagte is daar in hegtenis geneem en sy medepligtige is steeds soek.”

Die verdagte moet binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lientjie ·

Jy lees verkeerd, dis nie Centurion winkelsentrum nie……. dis ‘n winkelsentrum in Centurion

Katryn ·

Welgedaan! Trots op julle! As almal so vinnig aangekeer word! Is daar geen diewe en misdadigers in ons pragtige land oor nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.