Huisrower doodgeskiet in Lenasia

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Huiseienaar van Lenasia, suid van Johannesburg, het ʼn rower doodgeskiet nadat hy deur ʼn groep mans in sy huis oorval en geskiet is.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep jeugdiges het Maandag by die huis ingebreek en die eienaar geskiet. Die huiseienaar het een van die inbrekers doodgeskiet terwyl die ander drie daarin kon slaag om te ontsnap.

Die huiseienaar is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. “Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot huisroof en poging tot moord. Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat dalk inligting het oor die verdagtes om die polisie te kontak,” het Makhubela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peter Says ·

Dit voel vir my reg, net jammer die ander het weggekom.

zahn ·

Give that man a Bells. Kom ons leer almal iets hieruit, as jy nie jouself gaan beskerm nie, gaan niemand jou beskerm nie.

scalla ·

Poging tot huisroof en moord, die klomp gemors het dan klaar ingebreek en geskiet, wat was dan hul doel! hul wou verseker nie kom kuier het of koffir drink nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.