Huisrower swaar tronkstraf opgelê

hof-hamer

Argieffoto

Die 32-jarige Joseph Dimpho Mohapi is verlede Donderdag ná ’n hofsaak wat twee weke lank geduur het in die Bloemfonteinse landdroshof tot 40 jaar tronkstraf gevonnis. Dit volg nadat hy skuldig gepleit het op ses aanklagte van huisroof.

Ao. Sias Smit, verbonde aan die DNS-taakspan by Mangaung, het Mohapi met behulp van ʼn DNS-monster in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein opgespoor, waar hy verhoorafwagtend was.

Met behulp van dié DNS-monster is Mohapi verbind met ses huis- en winkelrooftogte, asook die besit van gesteelde goedere.

Mohapi is 36 jaar tronkstraf opgelê op ses aanklagte van huisroof en vier jaar vir die besit van gesteelde goedere. Dit hof het beslis dat die vonnisse nie gelyktydig uitgedien sal word nie en dat hy in totaal 40 jaar tronkstraf sal uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Markus ·

Met huidige SA tronke wat 150% vol is ,stygende misdaad en die regering se onvermoë om nuwe tronke te bou wil ek amper sê, ek kan dit nie glo nie.

XYA ·

Daar was ses aanklagte van huisbraak teen hom en ses maal ses is ses-en dertig indien hy ses jaar op elke aanklag gekry het.

Willem Grobler ·

Dít is hoe dit moet werk. Hierdie vonnisse wat gelyklopend uitgedien word is twak. Die misdadiger moet die volle prys betaal vir sy wandade.

Genieve ·

Chris Ws.. ek het reg gelees..jy pleeg ses keer moord x 4 moorde en dan kry jy net 20jaar??
Na 2jr kom jy op parool uit sjoe nuwe SA neh

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.