Huisrowers ná jaagtog vas

Die gesteelde motor wat omgeslaan het. (Foto: Verskaf)

Drie vermeende huisrowers is in hegtenis geneem nadat hulle motor vroeg Woensdagoggend in Durban tydens ʼn hoëspoed‑jaagtog met die polisie omgeslaan het.

Dít volg nadat die verdagtes, tussen die ouderdomme van 21 en 30, vroeër by ʼn huis in Sunningdale ingebreek, die huiseienaar beroof en die polisie wat op hul spoor was, probeer ontduik het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het omstreeks 04:00 ʼn hek van die huishouding oopgesny om toegang tot die huis te verkry.

Die verdagtes het die eienaar van die huishouding, wat in daardie stadium geslaap het, oorval waarna hulle met ʼn televisie-stel, juwele, selfone en ander huishoudelike toestelle na buite is om dit in die slagoffer se motor te laai.

Die verdagtes het met dié motor op die vlug geslaan en die eienaar het die huis se alarmstelsel geaktiveer waarna die polisie se hulp ontbied is.

Volgens Gwala is die motor later in Umhlanga gewaar waarna die polisie die gesteelde voertuig agterna gesit het wat in ʼn hoëspoed-jaagtog ontaard het.

Die verdagtes het egter in Duffweg beheer oor die motor verloor en die voertuig het omgeslaan. Twee verdagtes het beserings in die ongeluk opgedoen en is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Die ander een is reeds in aanhouding.

Die verdagtes sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
James

Mediese behsndeling waarvoor ons betaal. Ironies

Ramkat

Kan jy glo mense het àlarmstelsels dan slaap hulle sonder om dit te aktiveer.

Gert van Wierdapark

Gee die beseerdes vir die bloed bank die volgende dag!

SjN

Blinde sambok slaan hard .

Heksie

Jammer hulle is nie P4 nie!