‘Huisrowers’ vinnig vasgetrek

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Twee vermeende huisrowers is Woensdag in hegtenis geneem kort nadat hulle en twee makkers op ’n huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand toegeslaan het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n 53-jarige man en sy gesin was tuis toe vier verdagtes omstreeks 11:30 in ’n motor voor die huis stilgehou en verskeie  skote vanaf die voordeur na binne die huis afgevuur het.

Volgens Makhubele kon een van die familielede daarin slaag om in die huis weg te kruip en van daar af skote terug te vuur voordat die verdagtes met ’n skootrekenaar en ander huishoudelike items op die vlug geslaan het.

Die polisie is kort daarna ontbied waarna hulle dadelik na die verdagtes begin soek het.

Volgens Makhubele het die polisie later op twee verdagtes afgekom waar hulle in ’n oop veld langs ’n winkelsentrum in die omgewing weggekruip het. Die twee verdagtes is op die plek in hegtenis geneem. Die polisie het in die proses ook op twee onwettige vuurwapens beslag gelê.

Die twee ander verdagtes is in dié stadium steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Scalla

Knap gedaan, vat so katvis.

Magda

Mis die harde arbeid en lewe in die tronk vir misdadigers – deesdae is n tronk n gratis bly plek as hulle nie een het nie, sodra dit verander glo ek sal misdaad ook minder wees. Bly almal is veilig en hoop die ander 2 sal gou vas getrek word.

Termiet

En dan was daar diegene wat hulle vuurwapens oorhandig het…. Dit word nou teen ons gebruik.

Kokkie

Dis presies wat ek ook gedink het, Hannes. Moes die ‘kuier gaste’ dan nie hulle wapens ingegee het met Bheki Cele se amnestie nie. Belaglik!

Lourens

Hulle is NIE “vermeende” huisrowers nie.
Húlle het eerste geskiet, én hulle is weg met buit, so hulle is gewapende huisrowers, punt.
Maak nie saak wat die wet daar sê nie, hul het hulself bewys as gewapende huisrowers.
Dit is onskuldig tot daar andersins bewys is, maar hier is bewyse voor die hand liggend.