Huiswerker gesoek na Rhenosterspruit-moord

Johann le Roux. Foto: Facebook

Johann le Roux. Foto: Facebook

Die polisie soek steeds na nog ‘n moontlike verdagte in verband met die moord op Johann le Roux (61), wat in sy huis in Rhenosterspruit, naby Lanseria, met ʼn houtstomp doodgeslaan is.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die Le Roux-egpaar se huiswerker word gesoek aangesien sy hul moontlik in die ondersoek kan bystaan. Drie verdagtes is Dinsdagoggend op ʼn kleinhoewe in Rhenosterspruit vasgetrek nadat die polisie ʼn wenk van inwoners in die gebied ontvang het. Hulle sal tereg staan op aanklagte van moord, huisbraak en motordiefstal.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes het Le Roux vermoedelik tussen 12:00 en 13:00 in sy huis ingewag. Hulle het hom glo oorval, vasgemaak en met ʼn stuk hout doodgeslaan. Die aanvallers het die huis geplunder en met verskeie elektriese ware, klere, skootrekenaars en Le Roux se twee voertuie op die vlug geslaan.

Le Roux se liggaam is later die dag deur sy vrou, Charisse, by die huis aangetref.

Alex Swanepoel, Le Roux se stiefbroer, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die hele familie erg geskok deur die voorval, maar veral Charisse kry baie swaar.

Charisse het intussen op haar Facebook-blad hulde gebring aan haar man. “Johann, dit is so onwerklik en soms glo ek iemand gaan my wakker maak uit hierdie vieslike nagmerrie!” het sy geskryf. “Rus in vrede, Johann. I will miss you forever and ever!”

Volgens Swanepoel is geen begrafnisreëlings nog getref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

m ·

Ai, so onnodig. Hierdie mense het ma net geen lojaliteit nie en sal nie skroom om jou dood te maak nie. Dis hoekom ek nie hierdie mense in my huis soek nie, ek doen ma liewer alles self. Sterkte aan die familie.

Theresa B ·

Maak nie saak waar ek bly of hoe hard ek deur die dag werk nie. My huis en tuinwerk sal ek self doen. NIEMAND sal vir my werk nie. As mense kom kuier en my huis is deurmekaar – so be it. Hoeveel mense probeer hierdie spul help deur vir hul werk te gee en dan is dit wat jy kry.

Hennie ·

Dis hoekom ek alles self doen, kyk maar hoeveel van hulle is betrokke by roof, aanval, moord ens. ‘n Voormalige speurder het my vertel dat enige rooftog beplan is, en natuurlik kry hulle inside info.

Michael ·

Wat is nou die verskil tussen die ou wat die pizza fiets omgery het en hierdie voorval hoekom is dit nie ook nou ‘n rasse aanval …..ek dink dit is omdat die persoon wat hier verslag gelewer het die feite weergee maar in die konteks van polities korrek wees????

Karma ·

Michael, die geval van die kitskos-afleweraar was ‘n “staged” ding – baie mense glo dit nou. En daar is niemand dood nie, maar dit was ‘n wit man wat ‘n ‘aanslag’ op ‘n nieblanke person gemaak het. ‘n Onskuldige man is hier dood, bloot terloops ‘n wit man. Almal – Maroela Media inkluis – is deesdae SO sensitief en SO polities-korrek georiënteerd dat dit eintlik lagwekkend is, as dit net nie so verdeksels hartseer was nie!

Dewald ·

Dit is gewoonlik hulle wat inligting uit gee,so doen als self.

Hannes marais ·

Ek het dit by vorige kommentaar ook getik dat ons by konserwatiewe wereld regerings sal moet gaan aanklop vir hulp vir die blanke folk van sa.en dai lande is hongarye,pole,of Israel..en ek dink Israel is n beter kans…

007 ·

Die wat in jou huis werk, weet alles wat in jou huis aangaan!

Tina ·

Stem saam ek doen maar my eie huiswerk, my man hou die gras kort en doen die tuin,. Jammer maar vir die wat regtig eerlik is wat werk soek, maar mens kan net nie meer die kans vat nie.

Hermann ·

Moenie bekommerd wees nie. Al die eerlikes is in die begrafplaas.

bitter teleurgesteld ·

VERTROUE is iets wat jy moet VERDIEN! Jammer die teendeel is DUIDELIK VERKEERD BEWYS DEUR BRUTALE GEWELD TEEN WIT RAS GEMOTIVEER, AANGEBLAAS EN GEIGNOREER DEUR HUIDIGE ANC BEWIND.

Karma ·

Ek dink dit was ene A. J. Stuijt wat in ‘n kommentaar op MM gister gesê het die huishoudster (bediende?) en haar seun is ook doodgeslaan en dit was 4 Malawiërs wat die moord(e) gepleeg het. Nou – uit hierdie berig – blyk dit dat die huishoudster en dié se seun nie dood is nie, maar dalk van hulp kan wees met die ondersoek (die insinuasie is dat die huishoudster dalk betrokke was?) Of het die Le Roux ‘n huishoudster én ‘n bediende, dat ons van twee verskillende persone hier praat? “Very confusing” nou – hoeveel mense is doodgeslaan? Net mnr. Le Roux, of hy, die huishoudster/bediende en dié se seun ook?

Karma ·

Ek het gister in my kommentaar oor die voorkoms van (plaas) moorde – gebaseer op wat A. J. Stuijt vermeld het, van die huishoudster/bediende/werker en dié se seun wat ook doodgeslaan is deur 4 Malawiërs – gesê dat misdaad is misdaad en dat dié gevalle nie noodwendig volksmoord op die blanke boere is nie. Ek begin nou self twyfel. En die WREEDHEID van die aanvalle! Dit is om van naar te raak. Om te dink iemand word doodgeslaan met ‘n stomp voorwerp, of ‘n stuk hout (soos in ‘n ander aanval) … dit is onmenslik, brutaal en wreed!

Louw ·

Die beste een is die een waarvoor jy die bangste moet wees, glo dit maar

anita ·

Geen mens kan n ander se lewe neem nie.
Maar die moordenaars het mos die reg om te moor, want hulle is reg en het die reg.
Dit is mos nie verkeerd nie, wat vir een tel, tel vir almal.

Andrea van Vuren ·

Anita, jy is reg. Onthou om wit te wees is ‘n sonde in die ‘ander’ se oë. Jy moet blatant van die aardbol verwyder word al is dit met ‘n stuk hout!

Cindy ·

Anita, jy is reg, geen mens kan ‘n ander se lewe neem nie. Maar die wat dit doen kan ook nie mense genoem word nie, hulle is monsters. Sterkte aan die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.