’n Man van Bronkhorstspruit is in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 41-jarige huiswerker verkrag het.
Volgens kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die 45-jarige man glo Maandagmiddag die huiswerker in ’n kamer in die huis in Riamarpark ingesleep en haar herhaaldelik verkrag tot vroeg die volgende oggend.
“Daar word verder beweer die verdagte het haar toe gedwing om seksuele dade met sy hond te pleeg,” het Masondo gesê.
Die polisie is in kennis gestel van die beweerde voorval en die man is in hegtenis geneem. Lt.genl. Deliwe de Lange, polisiekommissaris in Gauteng, het die beweerde slagoffer die versekering gegee dat die oortreder sal boet vir sy “bose en barbaarse dade”.
Die verdagte sal Donderdag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Is die verkragter ook die huiseienaar of was dit n betreder?
Wat gaan aan met die mense in land, dit is sieklik!!!!
Ons is in n siek wereld !!
wat gaan aan met die mensdom???????????????? was hy regtig so belustig?. Dit klink eerder die man is van lotjie getik en ‘n seksbehepte man
Haat kook oor op alle plekke. Ons mense huil en vra wat gaan aan??. Wat aangaan is dat die ANC die land oor die afgrond regeer. Ons president was ook al van verkragting aangekla. I rest my case!!!