Huiswerker glo herhaaldelik verkrag

Argieffoto

’n Man van Bronkhorstspruit is in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 41-jarige huiswerker verkrag het.

Volgens kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die 45-jarige man glo Maandagmiddag die huiswerker in ’n kamer in die huis in Riamarpark ingesleep en haar herhaaldelik verkrag tot vroeg die volgende oggend.

“Daar word verder beweer die verdagte het haar toe gedwing om seksuele dade met sy hond te pleeg,” het Masondo gesê.

Die polisie is in kennis gestel van die beweerde voorval en die man is in hegtenis geneem. Lt.genl. Deliwe de Lange, polisiekommissaris in Gauteng, het die beweerde slagoffer die versekering gegee dat die oortreder sal boet vir sy “bose en barbaarse dade”.

Die verdagte sal Donderdag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

amelia ·

Is die verkragter ook die huiseienaar of was dit n betreder?

Tanya Kruger ·

Hy moes defnitief die eienaar gewees het want ek glo nie ‘n inbreker gaan met sy hond by iemand se huis opdaag om te steel en te plunder nie.

christa ·

wat gaan aan met die mensdom???????????????? was hy regtig so belustig?. Dit klink eerder die man is van lotjie getik en ‘n seksbehepte man

Pop ·

Haat kook oor op alle plekke. Ons mense huil en vra wat gaan aan??. Wat aangaan is dat die ANC die land oor die afgrond regeer. Ons president was ook al van verkragting aangekla. I rest my case!!!

wat nog ·

Amelia ek glo nie ‘n betreder vat sy hond saam en gebruik ‘n ander huis deurnag nie, dis seker beslis die sieklike eienaar en haar bekend, die dat hy so gou gevang is

Cacophony ·

Wat van die arme vrou? Meer simpatie vir ‘n hond as vir die slagoffer?

Marrietta ·

Hierdie man moet eers skuldig bevind word. Die werker kan dalk gelieg het net om hom by te kom vir iets wat hy nie wou doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.