Huiswerker in hof oor video van ‘mishandeling’

Baba Nico. Foto: Verskaf

Baba Nico. Foto: Verskaf

ʼn Huiswerker van Welkom in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy op video betrap is waar sy glo haar werkgewer se sewe maande oue baba slaan, het Beeld Maandag berig.

Lt.kol. Thando Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê Mafsehediso Lisbeth Makashea het op 23 Desember in die Welkom-landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Sy sal weer op 29 Januarie in die hof verskyn.

Die kind se ma, Anna-mi Linde, het aan die koerant gesê dat sy op 21 Desember saam met haar sesjarige dogtertjie gaan inkopies doen het en ʼn handkamera in die sitkamer opgestel het waar Makashea na klein Nico omgesien het.

Linde het aan die koerant gesê dat sy ʼn slegte ondervinding met hul vorige huiswerker gehad het en vir haar eie gemoedsrus wou sien hoe Maskashea haar kinders behandel wanneer sy nie by die huis is nie.

Die video wys glo hoe Makashea vir Nico klap wanneer hy huil, sy kop teen die vloer vasdruk en hom aan sy hempie optel.

Linde en haar man, Org, het strafregtelike klagte teen Makashea aanhangig gemaak nadat hulle die beeldmateriaal gesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Sollie ·

Huiswerkers het nie OOIT na my kinders gekyk nie. Finish en klaar. Ons was arm en my man het weer begin studeer net na my 2e se geboorte en ek het tuis gebly tot hul 3 en 5 was sodat hul na ‘n ordentlike kleuterskool kon gaan en oud genoeg was om presies te kon sê wat hulle wil hê, wat gebeur, wie doen wat ens, maar tot dan het ek tuisgebly. Mens se kinders is kosbaar en as jy wel moet gaan werk as hul heel klein is, wees BAIE uitsoekerig met hul dagsorg. BAIE UITSOEKERIG!! En neem liefs baba saam vir inkopies veral as jy reeds ‘n slegte ondervinding met bediendes gehad het! Wat help die videokamera – die baba is klaar geslaan!!Nee wat, mens moet maar mooi dink, so kleinding kan nie hom/haarself verdedig of vertel wat gebeur nie.

pop ·

Hoekom het mense kinders as hulle nie te alle tye self na hulle kan omsien nie. Pateties om so klein baba by n huiswerker te los. En Solly is reg. Die baba het klaar skade opgedoen!!!!!

Charlene ·

Sollie ek is een van daai patetiese mense wat nie of lekker om ander se rûe lewe of dat my man derduisende rande verdien nie. Ek en my man moet werk, maar my dogter is baie gelukkig by haar kleuterskool – daar is baie buite aktiwiteite wat sy aan kan deel neem ek en kan dat sy dit doen omrede ek werk vir `n lewe. Ek is nie `n mamma wat by die huis kan bly om na haar eie kind kan omsien nie. Jy is redelik selfsugtig, jy sien nie die punt raak nie maar duidelik is jy gewoond daaraan dat AL die aandag om jou MOET draai. Dit gaan oor `n stuk gemors wat haar self mens noem wat `n klein baba geslaan het omdat sy mamma en pappa hom nie alleen tuis wou laat nie en ook kan dink sulke klein babas is nou nie mal oor `n shopping spree nie en hom toevertrou het aan iemand, en duidelik was hulle onder die indruk hulle kan haar vertrou maar kom ons maak net voorsienning vir die wat as… Maar mense onthou dit was Desember die skole en kleuterskole asook dagmoeders het gesluit vir Desember
Hoop alles gaan goed met die baba en dat daar nie enige skade is nie.

Sollie ·

Charlene – moenie my persoonlik aanval voor jy nie BAIE mooi my kommnetaar gelees het nie. Let wel ONS WAS ARM, my man het nei ‘n groot salaris verdien en het weer begin studeer buitemuurs, moes SELF vir alles betaal, plus petrolgeld twee maal per week Pretoria toe vanaf Randfontein om by aandklasse uit te kom. Dit was osn keuse en ek is steeds bly, om eerder te sukkel as dat ek ‘n baba by enigeen sou los!Ek veroordeel NIE mense wat moet werk, lees weer, ek sê DUIDELIK mense moet baie mooi hul dagsorg kies. So klim af van jou perdjie, sit op jou leesbril en lees mooi voor jy my sommer vals beskuldig!

Barbara ·

Wat bedoel jy hoekom het mens kinders maar kan nie self kyk nie obviously het jy baie geld so jy kan lekker na jou kinders kyk terwyl ons wat nie kan by die huis bly nie moet werk om geld in te bring, so stadig oor die klippe met die aantygings ne,

Adele ·

Sjoe… stadig met die klippe gooi! Daar was sekerlik n grondige rede hoekom sy die baba daar gelos het. Feit is… die vieslike versorger het oortree en moet straf kry vir haar dade.

Allison ·

Ek het n nanny wat na my kinders kyk en hulle is liewer vir haar as vir my! In vandag se tyd moet meeste van ons ma’s werk om die pot aan die kook te hou so jyt nie n keuse as om jou kind by iemand te los. Die Here was regtig vir my goed met so goeie nanny maar ek sweer, as dit my kind was, het daai vrou gek@k!!!

annette ·

Ai mens, niemand kan in vandag se tye enige iemand sommer goedsmoeds vertrou nie. Ons leef in wilde tye en veral met jou kinders kan mens nie ‘n kans waag nie. Jy weet nie wat gebeur as jy jou kinders sommer in enige mens se hande plaas nie. Betaal liewer meer en los jou kind waar dit veilig is as jy nie anders kan nie en moet werk. Dit is due maar die Hemel weet jy kan nie ‘n prys op jou kind se lewe plaas nie.

Jan ·

Kinders is al deur pa’s, ma’s, broers, susters, oupas, oumas, vriende en ander famielie lede aangerand. Die media is vol van die tipe berigte. Nou op wie kan ons nog staatmaak?

Jan ·

Kinders is al deur pa’s, ma’s, broers, susters, oupas, oumas, vriende en ander famielie lede mishaqndel. Die media is vol van die tipe berigte. Nou op wie kan ons nog staatmaak?

Jan ·

Kinders is al deur pa’s, ma’s, broers, susters, oupas, oumas, vriende en ander famielie lede mishandel. Die media is vol van die tipe berigte. Nou op wie kan ons nog staatmaak?

LEN ·

Ek glo net, een maal ‘n barbaar, altyd ‘n barbaar. Hulle praat van rassisme en apartheid, maar dit is nou erger as wat dit ooit in die ou Suid Afrika was, dis nou net omgekeerd, en word met onmenslike aggressie toegepas.

Petro ·

Ek sal haar dood geslaan het voor die polisie by haar kon uitkom sou die ambulans of lykswa daar wees, in vandag se lewe kan n mens nie meer bekostig om huisvrou te wees nie maar dit lyk my jou kinders is nerens veilig nie!!!!!

Petrus Swanepoel ·

Baie huiswerkers vereis ‘n goeie salaris maar het nie noodwendig die nodige ervaring, kennis en opleiding om die werk te kan doen. Dit is al lankal tyd dat werkers verantwoordelikheid aanvaar vir hulle optrede teenoor die werkgewer. Ek voel baie jammer vir die kind en ouers, hulle het die regte ding gedoen en een misdadiger aan die polisie oorgegee.

rienie ·

Mense, mense, hoe gaan doen jy inkopies en los jou kosbaarste besittings tuis. Dit is nie altyd maklik met twee kinders as jy inkopies moet doen nie, maar neem dan liefs die huishulp saam waar jy ook toesig het. Hierdie kindjie het regtig skade opgedoen, toe ek na die video kyk wou ek iets oor kom, Hoop die mamma het geleer hieruit en weet nou dat niemand beter na haar kind kan kyk as sy self nie. Sterkte ! Hoop werker kry wat sy verdien.

Anton Smit ·

Ek hoop die ma kry ook n boete want dit is van geldgierigheid dat n ma nie na haar eie kinders kyk nie

Gail ·

Ai tog! Arme ma. Haal die balk uit jul eie oe voor jy die splinter in die ma se oog wil uit grou. Die ma is nie die een wat onreg veroorsaak het nie die huishulp het. En net so terloops dit kom nie net voor in huishulpe nie maar by ons wit ras ook. Moenie die arme ma judge nie!! Sy is alreeds in so groot pyn van dit wat gebeur het. Bemoedig haar eerder en bid vir haar as om haar te vervloek.

Jo ·

Anton, ek dink nie geldgierigheid kan hier die skuld kry nie. Die ma moet dan die huiswerker betaal het om na die baba te kyk. Dit is ‘n baie hartseer ding wat gebeur het en nie een van ons het die volle storie nie, dus is dit nie regverdig om ‘n oordeel oor die ma te vel nie. Dalk was die kleintjie siek en kon sy hom nie uitneem nie en sy moes dalk by die winkel uitkom. Kom ons gee die mamma die voordeel van die twyfel.

Barbara ·

geldgierigheid se agter ent man, sy moet seker werk soos baie ander van ons, do not jump te gun Anton as jy nie weet wat die rede is of was vir haar om haar baba by die huiswerker te los nie,

Marlize Brickhill ·

Jy weet heel duidelik nie waarvan jy praat nie. Ek sou ook baie eerder elke dag by my kinders wou bly. Maar my huis en water en krag betaal nie hulself nie en sit nog minder kos op die tafel. En dit maak nie van my ń geld gierige mens nie.

des ·

Ag foeitog die kleinding,,,dis nie maklik om jou kind net te los met n vreemdeling maar wat kan jy doen as jy werk ens?voel so jammer vir die ma’s vadag se dae,!!mens kan geensins meer by die huis bly!

Liz ·

Die groot probleem deesdae is nie die ouers of die oppassers nie, dis ons regsstelsel. Te veel misdadigers kom weg met ‘n “slap on the wrist”. Kry ons regsstelsel meer strenger en die straf harder.

Johanna Caren Pietersen ·

Geen kind verdien dit nie. En die skade wat aangerig word is die ergste. Hoe kan een mens dit aan so n onskuldige klein mensie doen?

Mariska ·

Ek kan nie glo dat mense in die dae steeds babas by barbare los nie. REGTIG!

Theo ·

Regtig!!!!! Party mense moet nie kinders hê nie………………..Ek dink so aan die saak” Jy het n baba wat jy vir almal vertel dis jou kosbaarste besitting en sal enige iets doen om te sien dat niks hom/haar sal onreg of seer maak!!!!!Dan gaan jy en los daai kosbare baba by iemand wat R1500-R2000 p/maand verdien en uit n plakkers kamp kom REGTIG!!!! Dis soos om n handsak vol geld miljoene rande vir n kar wag te gee en te se pas die miljoene op asseblief!!!! Ek dink net jy moet nie verbaas wees as jy teleurgestel word as jy so optree en dink!

Alta ·

Met alle respek, jy is seker ‘ n finansieële reus, daarom dat jou vrou self jul kinders kan oppas. Ek sou voostel jy prys die Vader dat jul van so aard geseën is, en slinger nie verwyte nie. Ons kon dit ook nie bekostig het vir my om by die huis te bly nie, maar dit maak my nie minder lief virmy kinders nie.
Ek voel So Jammer vir die ouers

Theo ·

Nee verstaan my mooi armoede het niks met my stelling te doen nie!! Hulle het n vorige ondervinding met so bediende gehad………en hulle gaan en los n baba by nog een wat hulle niks van weet nie! Maar miskien is jy reg Alta ek los nie my kinders by mense wat ek nie ken nie maar by geregistreerde dagsorg sentrum al moet ek en dan ook my vrou ons vingers stompies werk om dit te doen…………….daar is baie wat jy kan doen om dit te bekostig sny DSTV ens ens………….en met daai selfde geld wat hulle iemand betaal het om huis skoon te maak en na hulle kinders om te sien kon hulle seker gemaak het hulle kinders het die nodige versorging!!!!!!! En JA ek se ook hang daai gemors wat dit aan n baba of kind doen!! Maar speel mens as ouer so met jou kind se lewe deur sulke slegte besluite te neem??

Maggi ·

Hoe kan die ma nadat sy alreeds ñ slegte ondervinding met nog ñ vorige huiswerker gehad het, haar kind in nog een se sorg los? Hoop sy het nou geleer om nie weer enige een te vertrou nie. Hoop die huiswerker word behoorlik gestraf!

Gwen ·

Waarom mishandeling in aanhalings plaas in die opskrif? Dit is tog duidelik uit die beeldmateriaal dat daardie gemors die kind mishandel het. Maroela Media moet regtig ’n daadwerklike poging aanwend om nie so polities korrek te wees nie. Dit is Media24 se ondergang ook.

boer ·

Mense,mense, dis hoe hulle oor ons voel. Die koerante wys gou gou vinger na ons as rassiste,maar ek wonder wie is die eintlikke rassiste?

Hulle word aangese,om aan te rand en te moor waar en op die maklikste manier . Bly eerder self by die huis en kyk na jou kinders en doen maar self die werk om en in die huis,dis beter so

Giel ·

Nuwe SA!!!!!! Baie geluk ma. Boere word vermoor en hulle sal mooi na ons kinders kyk????? Ek glo nie!!!!!!

anne ·

Mens kan die barbare eenvoudig net nie vertrou nie. Ek glo daar is baie van ons eie mense wat na ons kinders sal omsien vir dieselfde salarisse wat die ‘huishulpe’ verdien (sluit dan asb net ook al die ekstras in wat hulle kry). Sal nooit my kind aan een van hulle toevertrou nie want as sy dit moet probeer verwurg ek haar self.

annette duvenhage ·

Daar is genoeg lee mynskagte in die Vrystaat….sy gaan tien teen een net wegkom met ‘n “slap on the wrist”.

Liana Conradie-Abrahams ·

Ek dink enige ouer doen navorsing voordat hulle hul kind by iemand laat. Mense kan egter baie misleidend wees net om geld te kry. My simpatie met die familie, hulle moet nou net sorg dat dai duiwelse vrou aan die pen ry!

Regina Fourie ·

My kinders is vandag al diep in hul twintigs, gelukkig kan ek se dat ek my kinders by slegs twee geleenthede vir n paar ure by n familielid en n vriendin gelos het, dit was n oueraand en kinders is nie toegelaat nie, en die ander geleentheid was n matriekreunie. Nooit het ek gedroom daaroor om hul by n huishulp te los nie of by enige ander persoon nie. As hul nie kon saamgaan nie, het ek by my huis gebly, wat nog te se van by n huishulp! Niemand kyk beter na my kinders as net ekself nie. Ek het my man gehelp in sy besigheid en die kinders is van geboorte saamgeneem. Ek sou nooit n oomblik gerus wees om hul by n huishulpwat ek in elk geval nie gehad het nie, te laat nie. Daardie ma kon beslis die kind saamneem dorp toe- ek sou dit nooit in der ewigheid toelaat dat my kinders by n oppasser bly nie, as jy kinders wou he, is dit jou plig om hul alke minuut op te pas. Waarom hul weer by n oppasser los na n vorige slegte ondervinding? O nee, nooit oor my dooie liggaam nie, waar ek gaan, het hul saamgegaan, al was dit vir tien minute net kafee toe! Ek kan moeilik begryp hoe sulke ouers se koppe werk. Plaas hul dan eerder in n betroubare kleuterskool ofdagsorg of familielid se sorg. Wat het daai ouers dan verwag? Ag nee wat, bly ek by my standpunt!

Barbara ·

Goed en wel maar as mens nie anders kan as om te werk nie hoe gemaak, so ja elkeen se omstandighede is anders, ek eht my drie kinders deur bediende laat grootmaak en was nie eendag spyt daaroor nie, die enigste keer wat my kind by kleuterskool gebly het , het sy teruggekom met bytmerke en sy het haar koppie oopgeval wat die kleuterskool nie eens verwerdig het om te laat weet nie en ek by se hierdie was 29 jaar gelde so ja, daar is goeie huiswerkers daar buite doen net goed navorsing,

Barbara ·

Soe maar die manne en vroue is vol van kommentaar, maar mens kan nie iemand veroordeel as jy nie self in daai persoon se skoene staan nie, ons weet nie wat die rede was hoekom sy haar baba by die huiswerker gelos het nie, en al is dit geregistreerde kleuterskool dit kon daar ook gebeur het, soos nou die aand op carte blanch bewys is, so moenie net weg spring en iemand veroordeel as ons nie self weet wat die omstandighede is van die familie nie, so mammas en pappas as julle dit kan bekostig wat ek weet nie regtig veel van ons vandag nie met die kostes van die lewe wat so duur is, laat mamma elf na die klein mensie kyk,

Vera-Lynne ·

Sjoe, ek kan nie glo almal oordeel die ouers, veral die ma, so baie nie. Ek het nog nie kinders nie, maar sal graag wil hê. Soos meeste van julle (en veral vrouens) praat, moet ons maar eerder nie ons meisies skool toe stuur nie, nog minder
Universiteit, want ons MOET ons eie kinders grootmaak, anders is ons slegte ma’s. Ek is hoër gekwalifiseerd as my man, kan hy dan maar by die huis bly en kinders grootmaak? Moet my baie geld en tyd spandeer op n opvoeding nou tot nuut gaan, omdat ek die vreugde van kinders wil hê? Hier is my keuses: 1. Hê kinders, gee my loopbaan op en maak hulle self groot – mense oordeel my want ek is nie selfstandig nie en mors my geleenthede wat my ouers so hard voor gewerk het om vir my te gee. Ek is te lui om te werk in werkende ma’s se oë 2. Hê kinders en werk voltyds – mense oordeel my want ‘ watse tiepe maak nie haar eie kinders groot nie’. ‘Ek gee eerder my luukshede op as om my kinders by iemand anders te los’. Dit is wat ek sal hoor. 3. Hê gladnie kinders nie – hoor vir die res van my lewe ‘ ag shame, hulle gaan alleen oud word’ ‘hulle sal nie verstaan nie want hulle het nie kinders nie’.
Regtig mense, hou tog op om ander mense se omstandighede te oordeel. Veral die vrouens!!!

Elfie ·

Dalk moet jy almal se kommentare beter lees. Niemand sê jy MOENIE gaan werk as jy klein kinders het nie, maar sorg dat jy jou huiswerk oor die persoon/plek wat die versorging moet doen, baie goed doen! En iemand wat soos die ma in die berig alreeds ‘n slegte ervaring gehad het behoort SES maal te dink voor sy ‘n bediende met haar kind vertrou – ek sou!! Nee om die waarheid te sê ek sal liefs my kind saamgeneem het.

Michelle ·

Dit is heel eenvoudig – as dit my kind was – sou hierdie nooit op openbare media verskyn het nie.
Een of ander berig in ‘n koerant sou seker gehandel het oor n lyk wat erens aan n frats ongeluk omgekom het…en toe gevind was…
R1000 borg – Bah!
Daai ding gaan weer vir iemand anders werk, en dieselfde doen…

Ek geen nie regtig om of dit huishulp, oppasser, familie of vriende is nie –
JY TOKKEL NIE MET MY KINDERS NIE!

Juhani ·

Moet my 2c bysit: My moeder moes my ook by huishoudsters los en by dagsorgsentrums. Sy het gedink sy doen goed en ek is dankbaar vir haar goeie bedoelings, MAAR… daardie ondervindings het my getraumatiseer as kind en ek sit vandag nog met probleme. Ek verstaan mammas voel hulle moet werk om vir hul kinders “net die beste” te kan gee, maar die beste is minder “goeters” en meer mamma-tyd. ‘n Mens KAN afskaal; ‘n kleiner plekkie kry, ‘n voertuig verkoop, DSTV afsit, minder oproepe maak, tweedehande meubels koop, hoender koop i.p.v. vleis, ens. Daar is niks beter vir ‘n baba as sy eie mamma nie. Vir die eerste 2 jaar (ten minste) het ‘n kind sy ma nodig. Daar is niks belangriker nie.
Wat die video betref: Ek sal haar iets aandoen. Ek wonder of sy haar eie kinders ook so behandel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.