Huiswerker vas ná sy glo hek vir ‘rowers’ oopsluit

(Foto: Dall-E)

ʼn KwaZulu-Natalse huiswerker verskyn later vandag in die Pinetown-landdroshof nadat sy glo haar werkgewer se huis willens en wetens vir boewe oopgesluit en toe aangevoer het dat sy die slagoffer van ʼn rooftog by die huis was.

Die 33-jarige vrou word van meineed aangekla.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het die vrou, ʼn huiswerker in Mariannhill Park, Dinsdag ’n saak van huisroof aanhangig gemaak en aan die polisie gesê sy was besig om wasgoed op te hang toe sy ’n geluid in die huis hoor.

Sy het verder beweer dat sy gesien het hoe ʼn man ʼn TV-stel wegdra. Sy het ook beweer sy het gesien hoe nog ʼn sogenaamde rower die motorhek oopbreek. Dié man het glo juwele gebuit en haar van haar selfoon beroof. Hulle het daarna, volgens die vrou, in ʼn silwer voertuig, gevlug.

Netshiunda sê kringtelevisiebeeldmateriaal van buurhuise het egter gewys hoe die vrou die hek vrywillig vir die twee mans oopmaak.

“Sy is gevolglik van meineed aangekla,” sê hy.

Die polisie het mense gewaarsku om nie met misdadigers saam te werk en daarna ʼn vals klagte aanhangig te maak nie.

“Hulpbronne en tyd wat aan vals sake bestee word, kan eerder aangewend word om inwoners van die provinsie te bedien en te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

SjN ·

99% is dit inside information, voer nie die misdaad self uit nie maar deel in die wins

Gert ·

Jy weet nooit of jy n nedersetting joernalis of werklike huishulp in diens neem nie.

Papsak ·

Ek laat hulle nie in my huis of my jaart toe nie hulle bly skelm sluit haar ver toe kan hulle nie vertrou nie ek doen my eie werke

Niklaas ·

Dis geen uitsondering nie. Menige inbrake gaan gepaard met hulp van binne werkers. Hul word dalks later beloon deur die inbrekers met ‘n fooitjie in die hande.

JohanR ·

En dis hoekom ek my eie huiswerk doen, en nog huiswerker kan nie werk kry want niemand vertrou meer nie.

Jaco ·

En laat jy jou eie mense vir jou werk, dan is dit weer smoke break op smoke break en die grinder en die boormasjien en die yoghurt verdwyn. Ek maak maar eerder self skoon.

Annelize ·

Na my mening is 99% van Huisrowe en inbrake “inside jobs”.

En dis hoekom, al werk ek voltyds en het nog ‘n kind op skool, word al ons huiswerk en tuinwerk self gedoen. Dit lyk maar partydae nie van die wafferste daar by ons nie, maar “touch wood”, ons is sover nog nie die slagoffers gewees van huisrowe of inbrake nie.

JvR ·

My tannie het destyds n bordie gehang in haar huis. En nou praat ek van die 70’s. My house. It is clean enough to be healthy, and dirty enough to be happy. Sy het destyds al gese huishulpe is net probleme, en dat dit gaan erger word

Di ·

Selfde wat met meeste plaasaanvalle ook gebeur – meeste van die tyd is werkers op ie plaas die wat inligting uitgee. Moet hulle net nie meer in diens neem nie, punt!

Sue ·

Kry Vir jou n Robot vacuüm en mop en robot venster skoon maker. Dan het jy niks sulke nonsense Nie. Altwee op Takealot.

Casper ·

Belaglik verby,sy is ‘n medepligtige en mot daarvolgens vervolg word.Baue van hierdie huisbrake en plaasaanvalle is uitgevoer met inligting van binne.In plaasaanvalle is werkers of voormalige werkers betrokke.

Elize ·

Doen my eie huiswerk. As iemand wil kla dat dit nie silwerskoon is nie gee ek vir jou ‘n lap en emmer om skoon te maak

Veronika ·

Dis hoekom ek maar eie werk doen, die liggaam wil nie altyd meer nie maar dan bly dit maar vir n ander dag. Moet maar vat soos jy dit kry as jy by my kom.

Ronél ·

Hande uit die moue en werk self…………baie bevredigend en veiliger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.