Huiswerker vermoor glo vrou voor kinders

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Ma van Lonehill in Johannesburg is Woensdag glo voor haar twee kinders deur haar huiswerker vermoor en die kinders moes ure lank alleen met haar liggaam bly.

Die Lonehill-inwonersverenigings het kort na 18:00 in ʼn verklaring gesê die voorval het vroeër die dag in ʼn veiligheidskompleks in Scealesweg plaasgevind.

“Dit spyt ons om inwoners mee te deel dat ʼn volwasse vrou weens steekwonde gesterf het ná ʼn onderonsie met ʼn huiswerker. Die verdagte is geïdentifiseer en die polisie is op soek na die persoon,” lui die verklaring.

Kapt. Makgowanyana Maja, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die slagoffer is omstreeks 15:00 in haar huis vermoor. Die vrou se liggaam is omstreeks 18:00 gevind.

“Dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. Die huiswerker word in verband met die voorval gesoek en ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur,” het Maja gesê.

Nandi Mayathula-Khoza, LUR van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling, het haar skok oor die voorval uitgespreek en gesê die departement het ingegryp om die kinders, onderskeidelik vyf en nege jaar oud, by te staan ná die moord op hul ma deur die “ontevrede” huiswerker.

“Die kinders het ná die moord ʼn hele paar uur alleen saam met hul ma se lyk deurgebring voordat hulp opgedaag het. Die departement het regdeur die aand gewerk om die erg getraumatiseerde kinders met hul pa en ander familielede te herenig,” het Mayathula-Khoza gesê.

“Nadat die kinders van die toneel verwyder is, het hulle dadelik die nodige sielkundige ondersteuning ontvang. Ons het ook die provinsiale polisiekommissaris in kennis gestel om te verseker dat die polisebeamptes op die toneel kindervriendelike ondersoekprotokol toepas.”

ʼn Forensiese patoloog van die departement van gesondheid het bygestaan om die vrou se liggaam te verwyder. Die oorledene se naam en ouderdom is nog nie bekend gemaak nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media intussen verneem dat net een van die kinders saam met die vrou by die huis was. Haar liggaam is glo al teen 15:15 gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

antjie ·

Eish…dis hartseer…ek is bly ek het nie n huiswerker nie…..werk liewers self…die hele land is in een groot gemors….

Yvette ·

Ja, al is dit hoe moeilik om by als uit te kom is dit steeds beter so!

MM ·

Dit is die Forensiese Patoloog se werk om lyke van ‘n toneel af te verwyder. (RGL )

Gideon ·

Kry familie om na die kinders te kyk. Dit gaan egter word. Jy kan die goed nie vertou nie.

Melanie ·

Hoe moet die kinders nie nou leef die trauma waardeur hul moes gaan,hoekom die moeder doodsteek,as jy ontevrede is bedank die rasse kaart gaan weer opgehaal word virseker.

Kaspaas ·

Sodra hulle die huiswerker opspoor en arresteer gaan sy die raskaart speel vir simpatie. Dan gaan COSATU en EFF n ding daarvan maak dat huis werkers uitgebuit word. Die docket gaan verloor word en die saak gaan n stille dood sterf verskoon die “punt”.

Savethetigerplz ·

Amper elke dag lees jy van nog ‘n moord in die koerant, ek stem saam, ons land is in ‘n gemors

Jean ·

Goeie hemel, jy bly in ‘n veiligheidskompleks dan vermoor jou eie huiswerker jou? Skokkend. En dit nogals voor haar twee kinders? Kan die wreedheid nie glo nie.

Foxi ·

Ag wat……daar gaan niks van kom nie in elk geval. Dis maar nog net n moord…….
Wonder wat het die werker nog gevat uit die huis….
Nog n ongevoellige bose mens en nog kindertjies wat wees gelaat is. Is dit regverdig? Hoe swaar moet die wêreld net nie dra met al die gemors nie!

Naas ·

Nou gaan almal wat nie n bediende kan bekostig, weer kom vertel jy moet nie een he en self huis skoonmaak.
Ek is seker daar is hierdie jaar al meer mense deur hulle buurmanne vermoor as deur hul bediendes

Liefie ·

Hemel ek is bly ek is nie lui nie. Geen helper ooit vir my nie nee dankie!!!

Ek het ongelooflike druk werk en besige drie kinders maaar my huis is altyd baie skoon want my man en kinders is ook nie lui nie.

Ek betaal geen niemand om drie keer dood te gaan, met nege ma’s en pa’s en wat twintig keer kan swanger om my te kom frustreer nie.

My hande is immers nie rond nie.

Beth ·

“Liefie” – Net omdat iemand ‘n huiswerker het beteken nie hulle is lui nie. Jy het geen idee hoekom ander ‘n huiswerker het nie. Ek doen my eie huiswerk maar ek sal nooit iemand anders veroordeel wat wel ‘n huiswerker het nie. Los die judgment eerder uit en konsentreer op dit wat belangrik is – twee kindertjies is vandag sonder hul ma.

Georgie ·

Liewe hemel “liefie” jou hande is wel nie rond nie maar jou hart is hard…iemand se moeder, iemand se dogter, iemand se vrou en vriendin is VERMOOR…

Lola ·

“Liefie”, vat asb tog net die dag af – jy is seker so moeg! ‘n Ma van 2 kinders, ‘n man se vrou, iemand se dogter en suster is vermoor voor haar kinders en jy sanik oor ander se “ronde” hande en luigatgeid en hemel jouself op oor jou stresvolle, besige lewe – baie geluk. Regtig???

Lou Erasmus ·

As iemand ‘n huishulp wil aanstel moet hulle maar die risiko dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.