Huiswerkers deur hond aangeval

Argieffoto: Netcare 911.

Argieffoto: Netcare 911.

Twee huiswerkers is glo Maandagoggend deur ʼn hond in Mooikloof, in die ooste van Pretoria, aangeval.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval omstreeks 11:00 plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik waarom die hond, ʼn Amerikaanse veghond, die vroue aangeval het nie. Een van die  vroue was in ʼn ernstige toestand toe paramedici daar opdaag en die ander het ʼn bytwond aan haar hand opgedoen,” het Botha gesê.

Die vrou wat ernstig beseer is, is op die toneel gestabiliseer, waarna albei vroue na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die Boschkop-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê die voorval is nog nie by die polisie aangemeld nie, moontlik omdat die vroue nog in die hospitaal is.

Korky Levanon, woordvoerder van die Tshwane-DBV, het aan Maroela Media gesê die DBV is ook nie  nou bewus van die voorval nie, maar sal inligting bekend maak as dit aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elinette ·

Die naam “Amerikaanse Vegbulterriër” sê alles – dit is in dié honderas se aard om aan te val en te byt om seer/dood te maak.

Lelane ·

Elinette. Jou kommentaar is absoluut sonder enige waarheid. Jou kennis van die ras strek opsigtelik net sover soos die algemene nonsense wat die pers die gemeenskap voer. Was dit
bevestig dat dit werklik ‘n opregte ‘Amerikaanse Vegterrier/Pitbull” hond was. Indien die vorige vraag se antwoor ja was… Was was die onderhoudskondisies van die hond? Wat was die onstandighede van die byt-insident? Met soveer onbekende inliging blyk jou opinie sonder gronde en soos die gewone bangmaak nonsens. Ek hoop dat jy jou huiswerk oor die ras sal doen voordat jy verder onware uitlatings sal maak.

Danie ·

Mense wat nog nooit n pitbull besit het nie. Moet maar eder stilbly. Want hulle kani praat uit ondervinding. En dan kry mens n pitbull. Wat bloedlyn bekend. En n pavement special gekruisde ding wat se pa n pitbull was en sy ma n hond. Dan kry jy mense wat op seepboks wil staan en skree. Maar wat nie verskil weet noe.

Madre ·

Sal regtig wil weet is dit n PitBull of vark hond gewees. Wat sou die honde hulle so maak aanval het. Ek het Pit bulls en myne sal net aanval as hulle of ons lewens in gevaar is.

Hermann ·

Hi Madre dit was n pitbull. Dus die amerikaanse veghond. Die varkhond kom van Brittanje “hence” die british bullterrier.

arie plaasboer ·

Ellinette,
Weet jy dit wat jy beweer of is dit gebasseer.op hoor-se?
Beantwoord tog die vrae wat Madre vra voordat jy weer wilde bewerings oor honderasse maak.
Dit is redelik algemeen bekend dat die soort honde wel doen soos wat jy.beweer, MAAR dan is hulle so verkeerd deur.hul eienaars geleer. Dus moet.eintlik die eienaars en NIE.die.honde NIE , van hierdie.gedrag aangekla word.

alida ·

As die werkers op die verkeerde plek en tyd was sal die hond hulle byt. Hy beskerm sy gebied en die hand wat hom voed.

Karen ·

Ek het self 2 pitties en sal nooit in my lewe ‘n ander ras aanhou nie! Ek raak woedend as mense uitlatings maak oor dinge wat hulle niks van weet nie! In meeste gevalle is dit die eienaar se nalatigheid wat sulke ongelukke veroorsaak en dan boet die honde gewoonlik met hul lewens. Ek weet nie wat die rede was vir die aanval of wat dit veroorsaak het nie, maar om te sê dat dit in hulle aard is om aan te val of dood te maak is BAIE ver van die waarheid af! ‘n Pitbul is geteel om “dog aggressive” te wees en nie “human agressive” nie! Moet asb. nie die ras se naam beswadder as jy nie jou feite agter mekaar het nie! Leer hulle eerder ken, want jy weet nie wat jy mis nie!!! O ja, vir wat dit werd is, ek praat oor die algemeen en nie met iemand spesifiek nie! ***

Ariska ·

Dit het al te veel gebeur dat die koerante sé dis Pitbulls en dan kom die waarheid later uit dat varkhonde was. So ja, ek stem saam Madre…..was dit REGTIG Amerikaanse veghonde aka Pitbulls of nie????

Hermann ·

Hi daar ek dink nie so nie. As dit n “varkhond” was was hulle dood lol. By the way die regte naam is Bullterrier

Francie ·

Dit is waar dat sommige honderasse meer aggressief is as ander. Binne enige honderas sal jy ongelukkig ook honde kry wat buite hulle verwagte gedragpatroon optree, hetsy onder stressituasies of nie. Wat vir my uiters belangrik is, is dat ‘n hond binne sy eie perseel moet bly. Dit is die verantwoordelik van sy eienaar en dis ‘n algemene reël dat honde aan ‘n leiband en onder sy hanteerder se beheer moet wees wanneer hy buite sy huis/erf is.

Maritsa ·

Mense maak my so vies met hulle wanpersepsie oor die pitbull ras. As die honde reg groot gemaak word is dit baie liefdevolle honde. Gee hulle net die regte aandag en oefening.

Carla ·

Kan die mense wat nog nooit pitbulls of bullterriers gehad het nie asseblief tog net ophou om op die soustrein van “hoor-sé” te klim. Net soos met kinders is opvoeding van enige honderas bitter belangrik. Sommige rasse verg meer dissipline as ander. Ek was altyd ‘n Jack Russel-fan en nooit kans gesien vir ‘n bullterrier(varkhond) nie maar kan ek net uit huidige ondervinding sê dat ek vrek oor my varkies! Het hulle met dissipline groot gemaak en genoeg aandag gegee en nog nooit ‘n voorval gehad waar my honde iemand/iets wou skade doen nie. My dogtertjies is 2 en 3 en klim saam die honde in hulle hokke, swem saam hulle, le in die grond en klim selfs bo-op hulle sonder dat hulle enigsins tekens van agressie toon. Hulle is wel baie beskermend teenoor ons erf, onsself, die kinders en ons huishulp. Daar moes iets gewees het wat die aanval geloots het….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.