
Tamsyn Maker (heel regs) saam met Axene Prinsloo en Tarryn Lamb (middel). Hulle het die groep Blackbyrd gevorm. (Foto: Instagram)
Die dood van Tamsyn Maker, sangeres en lid van die Suid-Afrikaanse musiekgroep Blackbyrd, word deur talle bekendes op sosiale media betreur.
Die skoknuus van Maker, wat saam met mede-groeplede Tarryn Lamb en Axene Prinsloo liedjies soos “From the Bottom of my Heart” en “All for Me” uitgereik het, se dood is oor die naweek bekend gemaak.
Die oorsaak van haar dood is egter nie bekend nie.
Maker se kêrel, Kyle Davids, het in ʼn roerende huldeblyk op Facebook foto’s van die sangeres gedeel en gesê sy was “’n ongelooflike mens” wat altyd in sy hart sal wees.
“Hoe pragtig is jy, jy is ʼn goddelike, skynende lig! Jy gaan gemis word, en vir altyd geliefd wees!” het hy geskryf.
Die Jacaranda FM-omroeper en sanger Martin Bester en die akteur en sanger Emo Adams het hulde aan Maker op sosiale media gebring.
“Ons verloor te veel [lewens] sonder enige waarskuwingstekens. Jy sal gemis word tot ons weer ontmoet,” het Adams gesê.
“Die belangrikste is nou om aan haar familie te dink in hierdie tyd. Sy was ʼn sagmoedige gees,” het Bester op die Breakfast with Martin Bester–program gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Snaaks die hoeveelheid jong mense wat nou doodgaan wereldwyd..