Hulde gebring aan chirurg wat in botsing sterf

Dr. Ashraf Mohamed

Die Netcare-hospitaalgroep het hulde gebring aan ʼn chirurg van die Unitas-hospitaal in Centurion wat die naweek in ʼn botsing omgekom het.

Dr. Ashraf Mohamed en sy pa, Hafez Mohamed, is Vrydagmiddag dood in ʼn botsing op die hoek van Wierdagweg en die R55 in Sunderland Ridge.

Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitale in Suid-Afrika, het gesê hulle rou oor die dood van Mohamed, ʼn mond-en-kaakchirurg en ʼn gesondheidsorgkundige vir wie almal baie respek gehad het.

“Dr. Mohamed was baie gewild onder sy kollegas en pasiënte asook die personeel en bestuur van die Netcare Unitas-hospitaal waar hy 20 jaar lank gepraktiseer het.

“Ons wil ons opregte meegevoel betuig met sy vrou, Rehana, en hul kinders. Dr. Mohamed sal gemis word deur almal wat die voorreg gehad het om hom te ken,” het Du Plessis bygevoeg.

Mohamed het sy voorgraadse en nagraadse studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi en daarna sy vakkundespesialisopleiding in die Groote Schuur-hospitaal gedoen. Hy het sy opleiding in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad voltooi.

“Dr. Mohamed het nie net op kliniese vlak bygedra tot die Netcare Unitas-hospitaal nie, maar het ook ʼn aktiewe rol gespeel om die bestuur te help met voorstelle om prosesse te verbeter tot voordeel van pasiënte en die gemeenskappe wat deur die hospitaal bedien word,” het Du Plessis bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

toy ·

Innige meegevoel aan sy familie. Dit is ‘n verlies in die mediese praktyk om so iemand te verloor.

Laetitia ·

So jammer oor die afsterwe van die geliefde dokter.Simpatie aan sy familie.

Gert van Wierdapark ·

Meegevoel met sy familie! Kan M/Media uitvind wat het aanleiding gegee tot die ongeluk. Jul berig het verwys na n vragmotor en 2 ander motors?

Faan ·

Seker omrede daar beslis n onpadwaardige trok met n ongeleerde bestuurder of n taxi betrokke was.

Mariaan ·

Tragies..sal ook n update oor sy kinders waardeer wat ook kritiek beseer was.
Hoop dit gaan al beter met hulle

Oom Kalahari ·

Innige meegevoel aan Dr . Mohamed se familie met hul tragiese verlies. Wens hul alle sterkte toe gedurende hierdie tyd van rou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.