Hulde gebring aan egpaar wat in vliegongeluk sterf

Die wrak van die vliegtuig. (Foto: Verskaf deur SAPD)

Boodskappe van skok en hartseer het Vrydag op sosiale media ingestroom vir die geliefde egpaar, Jan en Engela Kemp, wat vroeër vandag gesterf het toe hul vliegtuig op ʼn plaas naby Mookgopong in Limpopo neergestort het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar van Volksrust in Mpumalanga was op pad om by hul seun by ʼn wildlodge in die Waterberg-distrik te gaan kuier toe die ongeluk omstreeks 13:30 gebeur het. Volgens Ngoepe het die ligte vliegtuig op ʼn heuwel naby een van die lodges in die gebied neergestort.

Pappie Maja, woordvoerder van die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO), het aan Maroela Media gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar word ondersoek. Volgens Maja is die vliegtuig grootliks verwoes in ʼn brand wat ná die impak ontstaan het.

Jan was ʼn ywerige vlieënier en die egpaar was bekend en geliefd in die Volksrust-gemeenskap. Verskeie mense het op sosiale media hulde aan die egpaar gebring en hulle as mense “met harte van goud” bestempel.

“Rus in vrede my vriend. Nou kan jy vlieg net waar en wanneer jy wil,” het een sosialemediagebruiker geskryf.

Ngoepe sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Philip ·

Ag tragies. Innige simpatie met naasbestaandes van die paartjie.

Louzette ·

Baie hartseer nuus oom Jan en tannie Engela. Julle is legendes. Riv vlieg vir altyd hoog. Sterkte aan die familie.

Judge Dredd ·

Menseregte kommisie sal nou ondersoek hoekom die vliegtuig nog die ou vlag op het.

Nr ·

Judgedredd hoekom is daar altyd een van jou tipe in die kommentaar. Iemand wat ras by iets insleep waar dit GLAD nie hoort nie. Besef jy n familie is in rou gedompel. 3 Mans wat hulle ouers in n oogwink verloor het en jy kom lewer sulke simpel kommentaar. Sies man skaam jou. Dan hoop ek jy was sarkasties want as jy dink daai is die ou landsvlag moet jy jou oe laat toets. Ek sou my kop in skaamte laat sal as ek jy was!!!!!

Siener van Melbourne ·

Regter Drek, dis beslis nie die ou landsvlag nie. Specsavers toe met jou.

Grieta ·

RIV Jannie en Engela. Ek was bevoorreg om julle te kon ken. As daardie die OU landsvlag is, is en nou GOLIAT van Goliatsdal

Mariné Lourens ·

Dagsê Stormrider

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die Burgerlike Lugvaartowerheid was die vliegtuig ‘n PA-38 Tomahawk RT 13B.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Cheryl ·

Dis ‘n verskriklike tragies ongeluk. Baie sterkte aan egpaar se seun voor wie die ongeluk gebeur het, dis baie om te verwerk, ons gedagtes is met jou en wens jou baie sterkte toexx

Yankee ·

Jy siener, waarom dan m ander mens n “drek” noem?? Sies vir jou!!

Sandra ·

Judge Drek, duidelik het jy nie die 2 mense geken nie. Ons is in seer gedompel oor ons vriende wat harte van goud gehad het van ons weggeneem is.

Arie van CAA ·

Baie geskok te hoor van my ou maat.
Lang ure saam oor n biertjie met groot waardering gesels oor vliegtuig aangeleenthede.
Nou is jou half ondeunde lag en jou stem stil.
Lyk asof die lugstrominge hierdie keer nie saamgewerk nie en jou tot teen die top van die koppie afgedruk het.
My innige meegevoel met naasbestaandes.

JJS ·

Ek sien die vliegtuig het in 2015 ‘n noodlanding op die N11 naby Newcastle uitgevoer… laat ons liewer nie nou bespiegel voor die ondersoek nie klaar is nie!!!

Hartseer ·

Oom en tannie, my hart is so seer. As ek my kry dan dink ek aan al die goeie dinge wat oom en tannie al gesê en gedoen het. Ek gaan oom se geselsies by die werk mis! Weet net oom en tannie los n baie groot leemte in ons harte! Rus in vrede geliefde oom Jan en tannie Engela!

Judge Dredd ·

@Nr – so jammer vir jou oningeligte kommentaar.

Waar het ek ras ingesleep?
Oranje,Blanje,Blou is die basis van ou landsvlag en gebruik deur die koloniale Britse magte om die boere te indoktroneer.

Johan en Meisie Horn ·

Ons innige simpatie met die kinders en familie hulle was baie goeie vriende en het baie vir hulle gemeenskap gedoen. Rus in vrede julle want julle is nou by die vader wat julle so gedien het.

Eben Pretorius ·

Ek het die mense nie geken maar wat ek kan af lei was hulle wonderlike mense in hul gemeenskap asook besondere mense en geliefd onder familie en vriende Innige simpatie aan die naasbestaandes

Siener van Melbourne ·

Jammer Yankee, ‘Judge Dredd’ vrylik vertaal. Groetnis

Arie (CAA afgetree) ·

Cherokee en B,
Vir julle info en ander lede van die publiek.
Registrasie letters internasionaal aan RSA toegeken is ZS, ZT en ZU.

Die ZU reeks word in RSA gebruik vir vliegtuie wat vliegwaardig is maar wat nie voldoen aan internasionale standaarde soos van die FAA (VSA) of die JAA (EURO) of Britse standaarde nie.
Hierdie groep staan.beken as Non Type Certified Aircraft (NTCA) en sluit in hoofsaak mikroligte en tuis (op)geboude vliegtuie in. Sekere privaat ex-militêre vliegtuie word ook hierby ingesluit.
Jan Kemp se PA38 was n tuis heropgeboude vliegtuig wat na behoorlike inspeksie vliegwaardig verklaar. As sulks sal dit deel wees van die ZU geregistreerde groep vliegtuie.
Gebrekkige lugwaardigheid moet nie hier afgelei word nie. My ervaring is dat sulke eienaars oor die algemeen beter na hulle vliegtuie omgesien het as sommige. ZS groep vliegtuie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.