Hulde gebring aan vermoorde veiligheidswag

Christo Basson

“Sy skielike heengaan los ʼn groot leemte in die maatskappy en gemeenskap.”

Só het die Mapogo A Mathamaga-veiligheidsmaatskappy gereageer nadat een van sy veiligheidswagte Maandag tydens ʼn sakeroof in die Tarlton-omgewing in Gauteng doodgeskiet is.

Christo Basson was volgens die maatskappy welbekend in die Tarlton-omgewing waar hy die afgelope paar jaar gewapende reaksie-dienste verskaf het.

“Ons wil graag ons medelye met sy familie en geliefdes betoon. Hy sal gemis word.”

Maroela Media het vroeër berig die rooftog het omstreeks 09:00 by ʼn drankwinkel en ʼn supermark plaasgevind.

Konst. Carmen Hendricks, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die eienaars van die onderskeie ondernemings het die polisie in kennis gestel dat 14 gewapende rowers die supermark beroof terwyl agt gewapende rowers op die drankwinkel toegeslaan het.

Die toneel waar Basson doodgeskiet is. Foto: IRS Forensic Investigations

Dié rowers het ʼn winkeltrollie by hulle gehad en daarop aangedring dat die winkel se kluis in die winkeltrollie gelaai moet word terwyl van die rowers by die deur wag gehou het.

Hendricks het gesê dat een van die werknemers in die drankwinkel daarin kon slaag om die paniekknoppie te druk toe die rowers in ʼn vertrek waar die kluis staan, doenig was.

“Binne oomblikke het hulle geweerskote buite gehoor en die verdagtes het vorentoe [in die winkel] gehardloop. Hulle het sigarette, drank, twee van die werknemers se selfone en kontant gevat,” sê Hendricks.

Veiligheidswagte van Mapogo A Mathamaga het in dié stadium opgedaag waarna die verdagtes buite die drankwinkel op hulle losgebrand het. Dit is toe dat Basson geskiet is.

Volgens Hendricks het die verdagtes in ʼn blou Audi-sedan en wit Toyota Hilux op die vlug geslaan.

By die polisie se aankoms op die toneel is hulle deur paramedici ingelig dat Basson op die toneel aan sy beserings beswyk het. Die werknemers en kliënte in die onderskeie winkels is nie in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Neilia ·

Hopelik behandel die maatskappy die weduwee beter as wat hulle my friend behandel het na n rooftog van n geldwa. Hulle belonging aan hom n bravery sertifikaat en n R1000 rand maar hy het n leeftyd se skade ligaamlik en geestelik.

Heksie ·

Hoe de joos kom die polisie eers na die tyd daaraan? Tarlton is net so groot …. O ja, ek’t vergeet, seker hul tjommies wat die drankwinkel beroof het!

Elna ·

Rus in Vrede Christo jou mooi herrineringe sal vir altyd gekoester word in ons harte. Ons gaan jou baie mis.Tot ons weer ontmoet eendag. Ons almal hoop dat geregtigheid sal geskied want jy het dit nie verdien om so heen te gaan nie. ??

Chris Ws ·

En die polisie was weer te laat vir optrede!Hoe pateties!Dis nou die mense wat ons moet beveilig en wet en orde handhaaf!Ga!
Ons medelye en simpatie aan Mnr.Basson se naasbestandes in die tyd van rou.Mag ons Vader vir jul onderskraging en vertroosting gee.

Manie van Worcester ·

Hulle is altyd laat maar pasop om hulle te kritiseer, dan raak hulle erg gemeen

Melanie ·

Sekere winkel eienaars sal hulle deure moet toesluit en ‘n venster met diefwering vooraan bring waar kliente buite in ‘n ry staan en by die venster koop.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahaha…Melanie….jy bedoel soos in die “ou Suid Afrika”? Ek het in ‘n dorpie groot geword waar die kafee kliënte bedien het deur ‘n gat in die muur…..want as jy hulle binne in toegelaat het, het jy skade gely. Die Griek wat die kafee besit het, het dit baie mooi verstaan….

Paul ·

Is die veiligheidswagte behoorlik opgelei om sulke situasies te hanteer. Ek meen as daar gereageer word op ‘n noodknoppie wat geaktiveer word is dit duidelik dat daar heelwaarskynlik ‘n aanval op die plek is. As veiligheidswag moet jy nie dan op die plek afstorm nie maar gereed wees om jou vuurwapen te gebruik en onder dekking optree.

Mellissa ·

Jy is onsensitief. Hy het sy lewe lank sy lewe in gevaar gestel dat mense soos ek en jy veilig bly. En daar was niks kort met sy opleiding nie. Ons het n engel mens verloor. Jou kommentaar word glad nie waardeer nie. Volgende keer voor jy iets se dink wat dit aan die families moet doen wanneer jy dit se.

Mellissa ·

Jou comment is onsensitief. My oom was goed opgelei en het jare lank sy lewe in gevaar gestel soos dat mense soos ek en jy veilig bly.

En voor jy jou Mond uit spoel oor iets wat jy niks van weet nie dink wat jy se. Jy was nie daar nie. Ek sal nogal graag wil sien wat jou kanse sal wees teen so baie van hulle.

Sies vir jou

Dragonlady ·

Rus in Vrede Christo, jy sal altyd onthou word en in ons harte bly

lh ·

Hulle het Geen naam . . . geen adres! die kanse dat hierdie moordbende OOIT gevang word is NUL! maar dit sal nooit hierdie man weer kan teruggee aan sy geliefdes nie. My hart gaan uit na julle, mag God julle troos en dra. . . . Christo Basson, rus sag

Magda ·

Nog n onskuldige lewe geneem deur onmenslike rowers. Rus in vrede.

barend v d westhuizen ·

ja suid afriks besit die skelms vuurwapens wat net die sapd en weermag mag besit maar snaaks genoeg al die rowers is in besit van dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.