Hulde vir 23-jarige wat voor eindstreep sterf

Nathan Kimbrey (foto: Facebook)

Huldeblyke stroom in vir die jong man wat Sondag sowat ʼn kilometer voor die eindstreep van die Twee Oseane-halfmarathon ineengesak het en dood is.

Volgens die organiseerders van die Twee Oseane het paramedici Nathan Kimbrey (23) weer probeer bybring, maar is hy op die toneel dood. Die organiseerders het hul medelye met Kimbrey se familie betuig. “Ons gedagtes is by sy familie.” Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Kimbrey het in 2018 aan die Edgemead High School in Kaapstad gematrikuleer.

“Nate het ’n tasbare lig om hom gedra wat baie gemis sal word. Ons word weereens daaraan herinner dat môre nie gewaarborg is nie, koester elke oomblik wat jy saam met jou geliefdes het,” het die skool gesê.

ʼn Gedenkdiens word Saterdag vir Kimbrey gehou.

Siraaj Toefy van Schaapkraal is Saterdag na ʼn beroerte oorlede nadat hy die Twee Oseane-ultramarathon voltooi het.

Toefy (60) is hospitaal toe geneem nadat hy olik gevoel het en is kort daarna oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Casper ·

Dit is verskriklik hartseer.Ek glo fiksheid het nie ontbreek by hierdie atlete nie.Hulle oefen baie hard.

Nici ·

Dis ongelooflik. Vyf jaar gelede het mens net nie gehoor van sulke goed nie en nou gebeur dit konstant! Wonder wat gebeur het.

Skappie ·

Sterkte aan elkeen se gesin, vriende en almal wat hulle geken het. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle, dra.

Dries ·

My simpatie met al die familie en vriende. Baie tragies en hartseer.

Philip ·

Nici.
Ag asseblief, die ou deuntjie van dit het nie voorheen gebeur nie is onwaar en holrug gery en ruik baie na ‘n inenting blameer storie.
Francisco Lázaro[ 24 jaar oud sterf in 1912 tydens ‘n Olimpiese marathon.
Duncan Kerr 28 sterf in 1985 tydens ‘n Glasgow marathon.
Lisa B. Christensen 19 jaar oud sterf in 1990 tydens ‘n marathon.
Luke Roach 22 sterf in 2001 tydens ‘n Chigago marathon.
David Rogers 22 sterf in 2007 tydens ‘n Londense matrathon.
Die werkliheid het mos nou maar die nare manier om in te meng met duimgesuigde stories.

George ·

@Nici, het jy 5 jaar terug die tiepe insidente gevolg? Doubt it. Daar is 100de wat dit oorkom. Hy het n beroerte gehad, en niks met dit te doen nie, gaan lees die inskrywings.

Surizaru ·

Philip – as meer mense net wil moeite doen om feite te verifieer. Dankie dat jy dit in perspektief plaas.

Delia ·

Baie jongmense het ongediagnoseerde hartprobleme. Aorta aneurisme, my vriendin se 21 jarige kind.
My nig se seun 29, hartaanval.

George ·

@Delia, presies. Gaan vra 100 mense in hul 20’s en vra of hul al deeglike toetse gedoen het, en ek kan amper waarborg 98/100 gaan se “nee” . Net so as jy 100 mans in hul 30’s gaan vra of hul prostaat al getoets het, gaan net so baie se nee.

Gaitsigubib ·

Dankie Philip. Hier bevestig jy nou wat se seldsame gebeurtenis hierdie is. As mens die hele wereld se populasie in ag neem en die feit dat minder as 10 mense onder 30 so gesterf het oor die laaste 100jaar dan worder mens watter faktore het die laaste paar jare verander. Mens wil nie spekuleer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.