Huldeblyke ná diereliefhebber sterf terwyl hy help

Pieter Prinsloo. Foto: Facebook

Huldeblyke stroom in vir ʼn inspekteur van die Helderberg-dierewelsynsvereniging in Kaapstad wat doodgery is terwyl hy beeste langs die N2 naby Gordonsbaai van die pad probeer weghou het.

Volgens die dierewelsynsvereniging is Pieter Prinsloo (45) Donderdagaand dood. Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van strafbare manslag, asook bestuur onder die invloed van alkohol word ondersoek.

Volgens Rwexana is Prinsloo omstreeks 19:00 raakgery en ondersoek die polisie die omstandighede rakende die voorval. Prinsloo is op die toneel dood.

Die dierewelsynsvereniging het gesê hy is platgeslaan oor Prinsloo, wat in Desember 2010 by die vereniging aangesluit het, se dood.

“Hy was van die begin af passievol oor sy werk en was tot met sy dood amptelik aan diens,” het Julia Evans, voorsitter van die Helderberg-dierewelsynsvereniging, gesê.

“Hy het elke oggend vroeg sy huis verlaat en was nog tot laataand met noodgevalle besig. Geen krisis was te groot vir hom nie.” Volgens Evans het Prinsloo talle beseerde diere gered, agter hulle aangehardloop om hulle veilig te kry, saam met die brandweer en veiligheidsmaatskappye gewerk om katte wat in bome vasgekeer was te red en hondegevegte stopgesit.

“Hy kon soggens meestal gevind word waar hy diere op straathoeke in die Strand gevoer het. Pieter was ʼn man wat toegewy was aan sy werk. Hy het ure in landdroshowe deurgebring waar hy vir die regte van diere geveg het.”

Volgens Evans het Prinsloo sy jong dogter, Nadine, bo als die liefste gehad. “Ons medelye aan sy familie en sy jong dogter. Mag jy in vrede rus en ons salueer jou.”

Rwexana het intussen bevestig dat ʼn 36-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem is en Dinsdag in die Strand-landdroshof sal verskyn.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johanna ·

Dis n groot verlies. Rus in Vrede Pieter Prinsloo. innige simpatie met die familie.

Anoniem ·

So jammer dat so n passievolle persoon so moet sterf. Daar is so min mense wat veg vir diereregte, en hul lewens toewy tot hierdie werk! Jammer vir sy gesin en familie.

Grant ·

Ek het steeds nie woorde nie. My hart is stukkend vir sy familie, vir die gemeenskap wat hy gedien het en vir elke dier aan wie se lewe hy nog ‘n verskil kon maak. Hy is wreed weggeneem en die blomme op die toneel is nou slegs ‘n stille herinnering aan die held wat daar gesterf het. Strafbare manslag en bestuur onder die invloed….mag hier asseblief geregtigheid geskied vir ‘n klein bietjie troos vir die wat agterbly. Saluut en Rus in Vrede Pieter Prinsloo. Jy laat ‘n reuse leemte by Helderberg Animal Welfare.

Louna ·

Wat gebeur met die eienaar van die diere wat reg langs ‘n snelweg wei? Ek sal graag wil weet wat die reg sê hieroor. Daardie diere is amper elke dag langs die pad en nog mense sal sterf as gevolg hiervan.

Erica ·

‘n Held het gegroet. My opregte simpatie met al sy geliefdes en almal by Helderberg Dierewelsynsvereniging. Mense soos Pieter Prinloo is dun gesaai.

Wilma ·

Diere in nood verloor n opregte persoon. My hart stukkend vi almal wie hom geken het en geliefdes

Andre Kruger ·

Innige meegevoel.
Ek weet dat drank 24/7 gekoop kan word maar die straf is eerstens te laat en soms kom mense skotvry daarvan af.
Wetstoepassers is soms nog verder onder die invloed as die skuldiges. Tragies.
Die wetgewing maak nie voorsiening vir hierdie tipe oortredings nie. Drink en bestuur is ‘n erger oortreding as wettige sigaretrook in die straat !

Sandy ·

Steek daar waarheid in die seding “only the good die young”, dit moet wees, want hier is ‘n man wat dag en nag hom tot beskikking gestel het om die wat nie vir hulle self kon praat nie, ten koste van homself te help. Rus in vrede Pieter Prinsloo. Jy was ‘n held bo helde as ek die berig so lees. Simpatie aan sy familie vir hulle verlies.

Francois Prinsloo ·

Pieter, oom frans hier. Ons sal jou altyd onthou.

sê gou ·

wat van die beeaye se eienaar? die onus eus op hom om seker te maak sy loslopende diere veroorsaak nie probleme nie. sir her soos veroorsaak. gaan sie persoon skotbry wegloop? te veel vee eienaars kom skotvry weg met sterftes en skade wat hulle loslopense diere veroorsaak.

kita ·

R.I.P Pieter, jy was n goeie mens met n hart van goud! #fallenanimalrescuehero .
mag die skuldige swaar beboet word.

Hartseer ·

Ek onthou Pieter van my kinderjare af. En ek onthou ‘n vriendlike, glimlaggende maat . . . . Ai dis so ongelooflik hartseer, en onregverdig!
Innige simpatie aan die familie en vriende.
Dis hoekom ek ‘n kleintjiedood het aan simpel spoedlokvalle op tye en plekke wat nie sin maak nie. Daar is nie genoeg gevolge vir dronkbestuurders nie.

André ·

Baie dankie Pieter vir alles wat jy gedoen het vir alle diere! Daar is min soos jy. Jy het ‘n groot passie gehad vir diere en jy gaan sekerlik ‘n groot leemte los op hierdie aarde. Baie, baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.