Huldeblyke ná dood van bekende hengelaar

Die foto van Takkie Branford is die Maandag voor sy dood by Hartbeespoortdam geneem.

Die foto van Takkie Branford is die Maandag voor sy dood by Hartbeespoortdam geneem.

Huldeblyke stroom in vir die bekende hengelaar en kameraman van Pretoria, Takkie Branford van kykNET se Hier gaan ons alweer-faam. Branford is skaars ʼn maand ná sy 36ste verjaardag oorlede.

Sy suster, Tanya Branford, het Donderdag aan Maroela Media gesê Takkie sal altyd onthou word sy avontuurlustige geaardheid en liefde vir mense, die buitelewe, kamerawerk en veral hengel.

Takkie was gemaklik agter ʼn kameralens en het begin professionele kamerawerk doen tydens jagkonsessies in Tanzanie. Hy was aanvanklik ook kameraman vir Hier gaan ons alweer, kykNET se gewilde hengelprogram, maar het só goed saam met die span visgevang dat hulle hom gereeld as ʼn gashengelaar genooi het. Hy het ook kamerawerk vir ʼn 4×4-program op kykNET gedoen.

As hy nie in sy vrye tyd lyn nat gemaak het nie, het hy graag hengelwenke met sy talle aanhangers gedeel. Hy was ook bestuurder van ʼn gastehuis in Roseville in Pretoria se Moot-omgewing waar hy saam met Suzanne, en hul twee kinders op die perseel gewoon het.

“Hy het uit sy pad uit gegaan om mense te akkommodeer. Daar is gaste wat keer op keer teruggekeer het om daar te bly as hulle in die omgewing is, omdat Takkie so gasvry was. Hy het ʼn oop geaardheid gehad en was ʼn ware mens-mens. Hy het gelewe vir sy vrou en twee kinders. Hy was ook gaande daaroor om saam met sy vriende te kuier en te braai,” het Branford gesê.

Sy gunsteling visvangplek was langs die Zambezirivier in Zimbabwe en hy kon ʼn mens besig hou met visvangstories waarmee ‘n mens boeke vol kon skryf, het hy gesê.

Takkie se liggaam is verlede Donderdag by sy huis aangetref. Die polisie vermoed geen vuilspel nie.

Branford het almal bedank vir hul woorde van bemoediging vir die familie deur die moeilike tyd. “Baie dankie ook aan Takkie se vriende wat blomme, visvanggoedjies en ʼn pragtige foto van hom by die gastehuis se muur gesit het. Deur al die boodskappe, oproepe, SMS’e en mense wat net ʼn drukkie kom gee het, kan ek sien watter geweldige impak ons kleinboet in soveel mense regoor die wêreld se lewe gehad het. Daar is nie woorde om te beskryf hoe stukkend ons harte is nie,” het sy gesê.

Sy hengelmaats by Hier gaan ons alweer het op hul Facebook-blad geskryf: “Hi almal – soos julle weet, het ons verlede week afskeid geneem van ‘n gashengelaar en ons vriend, Takkie. Baie dankie vir almal se boodskappe van bemoediging vir ons as span asook vir sy gesin en familie. Namens almal waardeer ons dit opreg, baie dankie vir almal se gebede. Met die Here se genade van daar bo sal ons almal deur die swaar tyding kom. Ons sal hom in ons harte dra vir altyd.”

Takkie se roudiens is Saterdag om 10:30 by die Lede in Christus-kerk op die hoek van Booysenstraat en Casperlaan in Les Marais, Pretoria, waarna ‘n privaat verassing gaan geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marlene ·

Dit het ‘n week terug al gebeur, en ons hoor dit nou eers!!!!

Anoniem ·

Takkie ou maat ons gaan jou geesdrif en liefde vir hengel mis.
Sterkte aan familie en God sal julle bystaan in die hartseer.

Dion ·

Depressie is ‘n siekte wat onverstaanbaar is! Soveel mense wat hul eie lewens geneem het, was sulke gemaklike spontane mense. Bitter!!

estiaan smit ·

takkie ons amel sal jou baie mis jy was n insperasie vir ons hengelaars ons dink aan jw ek dink baie aan jou maar ek sal jw nooit vergeet nie

estiaan smit ·

takkie ons amel sal jou baie mis jy was n insperasie vir ons hengelaars ons dink aan jw ek dink baie aan jou maar ek sal jw nooit vergeet nie ek se altyd ek is jy as ek n vis vang want jy is n hengelaar wat amel wil wees hoop ek sal vis kan vang soos jy eendag

estiaan smit ·

takkie ons amel sal jou baie mis jy was n insperasie vir ons hengelaars ons dink aan jw ek dink baie aan jou maar ek sal jw nooit vergeet nie ek se altyd ek is jy as ek n vis vang want jy is n hengelaar wat amel wil wees hoop ek sal vis kan vang soos jy eendag 15 jaar oud

wighardt ·

Takkie ons het mekaar ontmoet met 2000 se desert run ,ons sal altyd friende bly my maat ,gaan jou mis hier op aarde ,maar sal jou daar bo weer sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.