Huldeblyke stroom in ná geliefde aktrise sterf

Bronwyn van Graan. Foto: Jesse Kramer

Talle bekendes het hulde gebring aan Bronwyn van Graan, die bekende Suid-Afrikaanse aktrise wat onverwags oorlede is.

Van Graan was veral bekend vir haar rolle in verhoogstukke en radioverhale insluitend Land van Skedels, Die KeiserBetesda en Bullets Over Bishop Lavis. Sy het onder meer die rol van Marlene vertolk in Mari Snyman se vervolgverhaal Bure wat op RSG uitgesaai word. Dit is nog nie bekend hoe van Graan oorlede is nie.

ʼn Neef en ‘n niggie van Van Graan het albei haar dood op sosiale media bevestig, maar meer besonderhede is nie bekendgemaak nie.

Party with a Purpose Productions, waarvan Van Graan een van die stigterslede was, het ook haar dood bevestig en hul medelye aan haar geliefdes betuig.

Die bekende aktrise Vinette Ebrahim het Saterdag op haar Facebook-profiel hulde aan Van Graan gebring. “Bronwyn van Graan, jou leë plek sal gevoel word. Dankie vir die pragtige siel wat jy is. Vlieg met die engele,” het sy geskryf.

Richard van der Westhuizen, wat saam met Van Graan aan Bure gewerk het, het op Facebook geskryf: “Vanoggend het die akteurs bymekaar gekom vir die laaste opnamesessie van RSG se middagsepie Bure. Daar was een leë sitplek. Rus in vrede Bronwyn van Graan. Lieflike mens, wonderlike aktrise. Jy word erg gemis.”

Die akteur Mpho Osei-Tutu het geskryf dit was “ʼn geskenk” om Van Graan te kon ken, terwyl Emo Adams Van Graan as “ʼn krag en lig” beskryf het. “Mag daardie kers vir ewig brand,” het Adams geskryf.

Sean van Noordwyk, bekend vir sy rol in die sepie Getroud met Rugby, het geskryf Van Graan was ʼn “ongelooflike aktrise” en gesê hy was ʼn aanhanger van haar sedert hy haar die eerste keer in die produksie Betésda gesien het by die KKNK in 2010.

Die aktrise en televisie-aanbieder Mandi du Plooy Baard het ook op sosiale media hulde aan Van Graan gebring: “Bronwyn Van Graan ek het nie woorde nie! Wat ʼn ongelooflike vrou. Rus sag.”

Fahiem Stellenboom, bemarkingsbestuurder van die Baxter-teater, het geskryf hy is platgeslaan deur die nuus van Van Graan se afsterwe. “My medelye aan haar familie. Sy was een van die mees geliefde siele in die kunstebedryf en [haar dood is] ʼn hartseer verlies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Verdag ·

Dalk tenderjaloesie oor haar nuwe onderneming, dalk aanval op vryheid van spraak.

Daan ·

Hoekom wil niemand sê wat haar dood veroorsaak het nie, dit laat mens wonder……… Dalk selfdood?

Andre Traut ·

Daan hoekom is dit vir jou so belangrik. Het jy haar geken? Gaan die rede of oorsaak van haar dood jou dag beter maak? Bepaal jou by jou eie sake

SelfdoodSeVoet ·

Daar is nie ‘n ding soos Self-DOOD nie. Suicide is nie verander na Self-Death nie. Cide = Moord. Sui = Self. SelfMoord. Watse nuwe polities-korrekte sielkunde is hier aan die uitbroei in SA? Ek hoor dit die laaste jaar al meer. Maak dit dit beter vir families as mense beweer hul kind/ouer/familielid het selfDOOD gepleeg eerder as selfMOORD?

Anoniem ·

In die geval is dit nie nodig om te spekuleer oor haar dood nie. Dit was nie self dood nie. Dit is vreeslik hartseer. Daar is nie sensasie betrokke nie. Maar ek respekteer haar familie as hulle nie wil deel nie. Maar die oorsaak is vreeslik hartseer. Baie baie simpatie met die naastes.

Sarie ·

As jy haar nie persoonlik geken het nie hou op wonder en hou op om te wil weet. Bid vir haar naasbestaandes vir krag en genade in die hartseer tyd. Bid net dis al.

My van is ook Van Graan. Dit is hartseer. Sy is so pragtige vrou. Ek dink haar geliefdes en mede akteurs treur oor haar. So jammer. Rus in Vrede liefste Bronwyn van Graan. Van Marie van Graan Westonaria ·

My van is ook Van Graan. Ag ek is so jammer vir die pragtige vroutjie wat so vroeg gesterf het. Sy is so mooi gewees. Gewild en geliefd. Rus in vrede Bronwyn van Graan

Riaan ·

Wanneer daar gese word dat iemand “bekend” is, is daardie persoon nie regtig bekend nie. Jy sou nie se “die bekende Steve Hofmeyr” of “die bekende Lady Gaga” nie, want almal weet wie dit is. Ek wens Afrikaanse media wil ophou om dit so te skryf.

Johan. H. ·

Ken nie die bekende persoon nie, Maar sterkte ieg aan die wat agter bly.Elke huis KRY sy kruis dan moet jy die beste maak daarvan, Soms baie moeilik.

Marion Spreadbury ·

I am Bronwyn’s mother-in-Law and just to set the record straight…….
Her death was from natural causes and please respect her family who are going through a very emotional time!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.