Huldeblyke stroom in ná kleinhoewe-aanval

Boet Smal. Foto: Facebook

Op 26 Mei het Boet Smal en sy lewensmaat, Esther, sewe jaar se liefde saam gevier. ʼn Week later is hy voor haar oë vermoor.

Huldeblyke het Sondag ingestroom vir Smal wat Saterdagmiddag tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in Heidelberg in Gauteng met ʼn mes doodgesteek is. Esther is tydens die aanval in die rug gesteek en in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas.

Esther het op 26 Mei ʼn foto van haar en Boet op Facebook gedeel met die woorde: “Vandag 7 jaar by ʼn fantastiese man vir my en pa en oupa en grootoupa. Jy is ʼn wonderlike mens, lief jou.” Smal het op dié inskrywing gereageer met die woorde: “Dankie, my skat, lief vir jou ook. Ek moet jou bedank vir die 7 jaar saam met my.”

Boet Smal en sy vrou, Esther. Foto: Facebook

Talle mense het Sondag op sosiale media hul skok uitgespreek oor die aanval op die paartjie. Abrie Robbies Beetge het geskryf: “Dit was so skok. So dierbare oom kon nie eens ʼn vlieg skade aandoen nie. Duidelik gaan ons hom almal mis.” [sic] Jayne van Staden het geskryf: “ʼn Meer vredeliewende mens as Smal is daar nie.”

Een van die hartroerende huldeblyke het gekom van Ettienne Smal, een van Boet se kleinkinders: “Oupa … Dankie vir die beste kinderlewe en vriend wat oupa was. Ek het nie woorde vir die gat wat in my hart gelaat is nie. Rus sag, Oupie.”

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Sake van moord, poging tot moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Leser ·

Sinneloos…maak mens se hart net seer. Ek het nie meer woorde vir wat hier aangaan nie.

Oupa Kalahari ·

Boet, ons is jammer hierdie regering en land het jou en Hester gefaal. Wat ‘n besonderse mens was jy nie gewees en sterk in jou Geloof. Jou Liefde vir mens en dier, landskap en die vreugde wat jy altyd uitgestraal het om almal van raad en hulp te bedien, jou respek vir ieder en elk van kleur sal nooit vergeet word nie. Jy en Esther was besonderse mense en die Gemeenskap gaan met baie hartseer van jou afskeid neem en mis. Alle seeninge aan die Smal familie en Esther ons bid vir jou vinnige herstel en gesondheid.

Anoniem ·

Dit is nie net die regering wat hulle gefaal het nie dit is ons as blanke afrikaners wat mekaar faal omdat ons verskeurd is onder mekaar. Ons praat sleg van mekaar. Ons gun nie die een die ander die son oor sy kop skyn. Ons ken nie eens ons buurman nie. Ons verwaarloos ons eie volk maar n ander volk die neem ons aan. Wat se volk het ons geword wat selfs ons rug op ons geloof gedraai het. Lees maar hier dan sal jy self sien wanneer iemand iets aanhaal uit die bybel hoeveel negatiewe reaksie sien jy. Ek se sies vir my eie volk wat so versleg het.

thinus ·

CR het ernstige woorde en planne gehad die naweek oor politieke moorde ( seker maar so 5 ) taxigeweld,en die misdaad kultuur in SA waar een mens niks daarvan dimk om ‘n ”potshot” te maak op iemand anders nie. Raai wat: hy het niks te sê gehad oor plaasmoorde wat 10 keer erger is nie! WANT HY EN SY PARTY KEUR DIT GOED!

En jy . . . ? ·

En jy . . . ? Lindiwe Sisulu, wat sê jy van hierdie vlaag onlangse moorde!!??

Frikkie ·

Oom Boet was my buurman en vriend en ek was oomblike na sy sinlose moord by hom maar was te laat om die grootman te help. Kon ambulaans vir Ester kry. Gaan beslis ons oggend “more en geseende dag vir jou”mis. Aan sy familie- sterkte en mag die Vader julle toevou met Sy liefde.

PJC ·

Plaasaanvalle neem net toe en die statisieke dui nie eers die gevalle aan waar aanvallers se pogings skeefloop en hulle die aftog blaas nie. In sulke gevalle word dit nie deur die polisie as ń plaasaanval gelys nie.

Anoniem ·

Oor hietdie naweek allen het ek van vir aanvalle en moorde gelees baie syerkte aan die geliefde man se familie dis tof hoe dit gaan ??????

Callie ·

Danien, jy is reg. Wit Afrikaners ek smeek julle. Om iets op die forum kwyt te raak wys ons is almal diep geraak, bekommerd en baie ontstoke oor wat in die land aangaan. Kom ons almal begin n bydrae lewer met elkeen wat n plan of n idee gee wat ons as n volk moet doen. Dis reg, spoel ons monde uit waar moet maar kom ons kry idees oor hoe om saam te staan. Wat moet ons doen om ons mense en ons self te beveilig. My eerste voorstel is om in elke dorp al ons kerke te betrek. Ons leraars te kry om te preek oor wat aan die gang is. Om gemeentes bymekaar te kry en daar almal saam te begin staan. Daar kan duisende voorstelle en idees uitkom. Asb, ek vra weer mooi. Om net hier gal te braak gaan ons nerens bring as ons nie begin saamstaan voor ons opstaan teen die barbaarse en geweldadidige aanslag teen ons wittes nie. Slegs as ons as gelowiges saamstaan en optree kan en sal ons geloof en God se bewarende hand ons deurtrek. Om net te sit en praat gaan niks laat gebeur nie. EK SMEEK, ASB

Alice ·

Callie stem 100% saam. Goeie voorstelle wat jy reeds gemaak het

J. Klopper ·

Die enigste oplossing wat gaan verhoed dat daar nog een enkele van ons vermoor word is om laer te trek. Maar natuurlik sal ons dit nie doen nie, ons moet eers al ons besittings verloor en dan is dit in elk geval te laat want almal is dan reeds uitgemoor.

thinus ·

Callie ja,dis nou tyd om almal saam te bind en saam werk. Maar hierdie forum gaan ons nie help nie want te veel polities korrek. Is daar ‘n ander forum – daar is baie planne maar min tyd!

Anoniem ·

Stem saam ons sal drasties moet n plan maak. Mense as ons nie opstaan en saamstaan gaan die handjie wat oorbly ook vermoor word. Gaan kyk hoeveel mense het in 2017 die land verlaat en die wat oorbly gaan mense wees wat te oud is of nie die geld het om die land te verlaat. Ek lees van mense wat se sluit aan by die boere legioen. Mense daar is soveel boer instansies gaan google dan sien jy self. plaas dat al hierdie organisasies soos boere legioen en Suidlanders en al die ander saamstaan en een groot organisasie stgi maar nee hulle bring nog meer verdeeldheid onder die Afrikaner.

Staan saam as een ·

Ek ken my buurvrou en sys n regte pyn. CR wil he ons as wit volk moet glo dat ons niks kan doen en nie vir mekaar omgee. Hy wil he ons moet glo dat ons hande afgekap is. Kom ons bewys hom verkeerd.Daar is ook hopeloos te veel organisasies,staan tog saam as een,hoekom wil hierdie organisasie dit doen en daardie een dat doen? Genadiglik tog!!! Word een,dan is ons sterker. Hoekom wil die een geld he en die ander een ook as dit maar eintlik gaan vir dieselfde doel? Nie een is tog beter as die ander. Sterkte aan die familie

jd ·

Ons moet paraat begin word verpligte georganisieerde skietoefeninge ,sekuriteitsdrille ,sekuriteits beveiliging,strategiese beplanning binne die perke van die wet is my voorstel.Ons moet ons self help niemand gaan ons help nie ek wil ook gal braak oor hierdie sinelose dade wat nie gaan ophou nie. ons moet wys ons is sterker as die klomp rassistiese moordenaars .Dis al oplossing .Parater,sterker in geloof .

Callie ·

Ek stem thinus. Moet deel wees van die idees om n ander forum te kry. Dir is regtig net ons kan nie meer wag nie. Die tempo waarteen ons uitgemoor word is verkriklik.

Fanie ·

MENSE ASB SLUIT AAN BY Boerelegioen. Dis ou SAP en Weermag manne wat ons mense leer om paraat te wees en om ons self te beskerm indien ons aangeval word op enige manier. Staan jy as persoon n kans teen 3 of staan jou gesin n kans teen 6??? Glo nie. Asb doen dit vir jouself en jou gesin. Dit gaan vir ons oor jul eie beskerming. Ons wil die moorde en gemartel stories stop of altans keer voor dit gebeur. Al kan jul as mense die gevaar net weghou tot hulp opdaag. Sluit aan sodat ons mekaar kan help. Boerelegioen is glad nie n politieke party of mense wat moeilikheid wil maak nie. (Ons leer net ons mense en staan ons eie mense by in nood).( DIS AL ) Al behoort jy aan n buurtwag of wat ook al. Dis nie verkeerd nie. Dis nog n hulpmiddel. Kry jouself net gereed op een of ander manier. Oud, jonk, vet of skraal maak nie saak. Solank jy boerebloed in jou are het wil ons jou help om jouself en jou mense te beskerm. Stuur kontak nommer na 076 639 2959. Whatsupp VAN en AREA na 0825219704 Mag ons Hemelse Vader sy hand oor elkeen van julle hou en beskerm. Liefde Lindie

Prioriteit ·

Baie dankie vir die inligting. Het nou net aangesluit. Bly om te sien jy hoef nie te boer om n lid te wees nie.

Elvira ·

Waarom word daar nie erge steawwe ingestel vir hierdie misdade nie. Dis n vlaag van haaat, rassisme en moedswilligheid om net mense te loop en vermoor sonder rede. Sterkte aan hierdie familie en ook almal wat al deur sulke traumatiese aanvalle geraak is.

Uvonka ·

Elvira ongelukkig is daar ‘n doel met die tipe van misdade…………..

cooll ·

En so gaan dit aan tot dat ons almal doodgemaak is… Asseblief iemand doen iets !!!

Didi ·

Danien, stem 1000% saam met jou. Ons is ons eie mense se grootste vyand. Niemand het meer tyd vir niks en niemand nie. Alles wat goed was is nou sleg en alles wat sleg was is nou goed…

thinus ·

Callie ek gaan probeer om my plaaslike VF en as daar is Afriforum en sommer TLU verteenwoordigers te sien. Ek wil aan hulle oordra dat ek as gewone burger en Afrikaner nou aandring dat almal onder een front saamstaan en tot aksie oorgaan. Wie nie saamstem om te verenig moet hul openlik ontrek van alle Afrikaner sake en regte, en hulle dus amptelik as Nie-Afrikaner vereenselwig. ( joiners/verraaiers) Ek is trots Afrikaner, ek is wettig in Suid Afrika en ek wil my eie land en regering hê.

Callie ·

Ek stem thinus. Daar moet een groot organisasie wees wat kan bestaan uit die honderde ander. Almal moet net hulle eie ek wat belangrik is eers eenkant plaas. Asb, almal moet na een doel werk en dit is om wat met ons mense gebeur stop te sit. Kom ons vat hande, vir die wat dit al reeds te laat is en vir ons en ons kinders se toekoms. As ons almal saamstaan sal God ons te hulp kom.

thinus ·

Dankie Callie jy en ek sit die bal aan die rol, ek gaan ook dadelik die Boerelegioen kontak soos Fanie bo vermeld, ek het nog nooit van hulle gehoor nie, maar gaan uitvind.

MADELEIN ·

En altyd is dit dieselfde. Niemand is in hegtenis geneem ivm die voorval nie ,en dit is die einde van al die berigte jy hoor nooit weer enige iets nie al die berigte eindig presies dieselfde( Moorde)

Robbies ·

Ek gaan begin om te vra hoeveel van ons ken ons BUURMAN se naam op al 4 kante?
Ons grootste probleem is ons wil nie betrokke raak nie! Daar is mos ander wat dit kan doen!!
Die tyd is amper te laat Raak betrokke by groepe om jou CPF AFriforum Daar is so baie. Raak net betrokke, Jy hoef nie patrollie te ry nie, Kry radio vir koms, As die paw paw die fan slaan isd nie meer selfone of eerder komunikasie nie Dit sal die eerste ding wees wat hul afsit. Wie is in beheer daarvan en hoeveel?
Gaan na jou bure en leer hul ken hoef nie te braai saam hom nie, Ons almal kan ongelukig nie leiers wees nie ons 2 de probleem wat ons sukkel om saam te staan.
mense dis tyd die CRIME in SA is hoog elke 4 de dag word boer vermoor of aangeval. Julle ken nie statestiekke Ons werk sam baie groepe en plaas groepe .
Dit is Baie sad wat met oom Boet gebeur het ken hom al jaare Baie goeie oomie Kon nie dink wat deur sy gedagte gegaan het op daai oomblik nie.

Mag die Vader die tannie en al sy famielie se seer vertroos met Sy liefde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.