Huldeblyke stroom in ná moord op sendelingpastoor

Past. Francois Snyman saam met sy vrou, Mariëtte, en vier kinders (Foto: Every Nation Durbanville/Facebook)

Huldeblyke stroom in vir past. Francois Snyman wat Saterdagaand voor sy vrou en kinders in Lesotho doodgeskiet is.

Snyman was aan die Love Lesotho Ministries verbonde en is in die sendelinghuis op die kerk se terrein in Semonkong doodgeskiet.

“Sy vrou en kinders was teenwoordig, maar is ongedeerd,” het Wolfgang Beyer van die Every Nation-kerk in Durbanville gesê.

“Bid asseblief vir sy familie asook die gemeenskap wat verpletter is. Francois het ʼn groot impak in baie gemeenskappe oor die hele Lesotho gehad tydens die afgelope sewe jaar sedert hulle na Semonkong verhuis het.”

Die organisasie Farming God’s Way het ook sy medelye met Snyman se vrou, Mariëtte, en hul vier kinders betuig.

“Hy en sy gesin het die Basotho-mense met waardigheid en eer gedien en was ʼn simbool van hoop en Jesus se beloofde oorvloed.

Past. Francois Snyman (Foto: Semonkong Children’s Centre/Facebook)

“Francois, ons salueer jou en eer jou, ons dierbare en kosbare vriend, en ons bid dat jou hele familie God se vrede en vertroosting sal ken,” het die Grant Dryden, verbonde aan die organisasie, gesê.

Harvesters Ministries het gesê Snyman se vrou en kinders is na ʼn plek van veiligheid geneem waar daar na hulle omgesien word.

“Francois was ʼn goeie vriend en kollega. Hy het Harvesters se werk in Lesotho gedoen en hy het dit goed gedoen. Hy sal gemis word.”

Die Semonkong Children’s Centre, waar meer as 50 weeskinders tuisgaan, het ook hulde aan Snyman gebring. Die Snyman-egpaar was nou betrokke by die sentrum en was soos ouers vir die kinders daar.

“Francois sal onthou word as ʼn voorbeeldige sendeling, ʼn toegewyde vader en eggenoot, asook ʼn uiters harde werker met die diepste liefde vir ons Here en Verlosser Jesus Christus en sy medemens,” het die Jesus in aksie-beweging gesê.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Thelsa ·

Jammer maar my bydrae vir Sendingwerk het laankal opgedroog. Hierdie is die resultate. Talle voorbeel;de daarvan in ons nuusblaaie.

Boksombende ·

Thelsa, almal behalwe een Apostel van Jesus was vermoor, en kyk hoe het God Sy kerk gegrooi sedertdien. Ek glo jy moet mooi gaan dink en bid oor hoekom jy Sendingwerk geondersteun het.

Robert ·

Dit was my gedagte ook… Hoe sou die apostels hulle werk kon doen as dit nie was vir gehoorsame gelowiges njie.

Atta ·

Dieselfde Jesus wie jy aanhaal het ook gesê:
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 

Boksombende ·

Onder alle rassisme (of dit nou die geval hier is of nie weet ek nie), le ons sondige natuur. So ja, miskien is hy vermoor omdat hy wit was, maar ek dink eerder hy was vermoor want hy het die Lig van Christus na ‘n verlore nasie gevat en hulle het dit verwerp. Dis niks nuuts nie. Gaan lees oor hoeveel Christene al vermoor is oor geskiedenis. Die goeie ding is dat God sy Kerk sal bou en niemand sal Hom kan stop nie.

Misky ·

Innige simpatie met die familie in die moeilike tyd. Niemand is nerens meer veilig solank jou voete op die suidelike deel van Afrika is nie.

marius ·

Gaan die gemeenskap vir wie hulle gedien het eis dat die moordenaars in die openbaar tereggestel word ?

Danie ·

Die engelsman het mos n spreekwoord wat lui “no good deed goes unpunished”. Baie jammer oor die tragiese onsinnige moord op n goeie mens. Die vraag is egter, was dit dit werd gewees?

Jerry ·

Ons westerlinge wil so graag almal in Afrika oortuig van ons waardes, gewoontes en geloof. Ons was nog altyd onderdrukkers in hulle oe.

Robert ·

Sterkte aan sy geliefdes en mede gelowiges wat hy gedien het.

Alida Maria ·

My innige simpatie met Francois se afsterwe. Hy en sy gesin het ń groot bydrae gemaak om die wêreld ń beter plek te maak. Nêrens in die bybel is vir ons ń gelyk en gemaklike pad beloof nie al woon jy in watter land ookal. In hierdie wêreld sal hartseer en pyn deel uitmaak van lewe. Die vraag is eerder watse verskil maak elkeen van ons? Of leef ons net vir self en eie goed? Francois het die stryd gestry, die wedloop voltooi en sy eind beloning is gewaarborg.

Atta ·

Alida Maria, min mense verstaan dit. Elke sendeling wie ek ken het vooraf die koste bereken en ek is oortuig Francois het dieselfde gedoen. Ons bid vir sy geliefdes vir vertroosting.

Skappie ·

Sterkte aan hierdie gesin. Mag onse Liewe Heer saam met julle in hierdie moeilike tyd wees, en julle styf vas hou in Sy arms.

Adeline ·

In die tyd waarin ons leef – die laaste dae – moet ons as Kinders van die Koninkryk van die Hemele eerder baie versigtig wees waarmee ons besig is – die Wil van ons Hemelse Vader – die Skepper van die Heelal – of met die wil van ‘n mens. Wanneer ons op Sy skoot sit en na Sy hartklop luister sal jy weet wat is die regte ding om te doen, want Hy sal Sy woord in jou oor fluister en bevestig met Sy hartklop. Ons kan nie oordeel nie – maar beoordeel en in die lig van die situasie is daar ‘n realiteit wat bestaan uit 2 bene – feit en waarheid. Baie se realiteit bestaan uit vals feit en die leuen – is baie belangrik om tussen die twee realiteite te onderskei. Die een bring vrede en veiligheid – die ander gaos en dood. Waar staan ons in ons draaglikse lewe? Kyk ons ons Hemelse Vader in Sy oë (hy sien als) en praat ons in Sy Oor (Hy wat als hoor) En hoe bid ons? Ek wonner ernstig hoe hierdie gesin nou deur die “Sending” gemeenskap versorg gaan word en watter inpak die gebeure op hulle het?

Swerwer ·

Moeilik om in sulke omstandighede positief te bly en emosies te donderdruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.