Huldeblyke stroom in ná sjef Sonia Cabano se dood

Talle huldeblyke vir die bekende sjef en kosskrywer Sonia Cabano het na haar dood ingestroom. (Foto: Ontbytsake/Facebook)

Huldeblyke stroom in ná die dood van die bekende sjef en kosskrywer Sonia Cabano.

Cabano se liggaam is luidens berigte Maandag in haar huis in die Kaapse stadskom gekry. Die oorsaak van haar dood was nie dadelik bekend nie.

Die 57-jarige Cabano was die skrywer van vier kookboeke en was onder meer aanbieder van die kykNET-leefstylprogram Pampoen tot perlemoen. Sy het grootgeword in Brandfort in die Vrystaat en was ʼn suksesvolle model op Europese loopplanke.

“Daar is ʼn groot leemte in die koswêreld vanaand,” het Pieter Malan van Kokkedoor-faam en bekend as PappaChef, op Facebook geskryf.

Die program Ontbytsake het Cabano as “vlymskerp met ʼn heerlike sin vir humor” bestempel.

“Ons is geskok en hartseer om te hoor van die skielike afsterwe van een van ons voormalige Ontbytsake-sjefs…,” lui die boodskap. Cabano was van 2004 tot 2006 betrokke by dié program.

Cabano het in Kaapstad gewoon van waar sy as beroepspreker, vryskutsjef en kosskrywer gewerk het. Oor haar werk is gesê dat dit gekenmerk word deur ʼn geesdrif vir plaaslike kos en kultuur, veral Suid-Afrika se gedeelde erfenis.

Sy word ook oorleef deur haar kinders, Guillaume (21) en Sabah (19).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Madz

Ai nee….. GROOT verlies vir ons! RIV Sonia – jou legacy sal voortleef in ons kos-kultuur.

George

Sy was n sonstraal op enige program. RIV>

Chris dupreez

Dit is n groot verlies.

Madeleine

So hartseer!!

Francois Le Cochon

Ai, baie slegte nuus.