Huldeblyke stroom in ná vyf familielede saam sterf

Vyf lede van die Rademeyer-gesin het saam in ʼn botsing gesterf. Coert Rademeyer jr. (heel links) het ná die ongeluk dié foto van sy gesin op Facebook gedeel. Foto: Facebook

Huldeblyke stroom in ná die gru-botsing die afgelope naweek waarin vyf lede van dieselfde gesin op die R61 by Palm Beach voor Port Edward in KwaZulu-Natal gesterf het.

Ses mense is Vrydag dood toe die bestuurder van ʼn groot vragmotor vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, ʼn verkeersbeampte langs die pad raakgery en nog twee ander voertuie getref het. Die verkeersbeampte is dood en so ook vyf mense wat saam in een van die ander voertuie was.

Die vyf oorledenes in die voertuig is later geïdentifiseer as Elaine en Coert Rademeyer, hul dogters Elsi Rademeyer en Orpa Rademeyer-Barnard, asook Orpa se man, Henk Barnard. Die verkeersbeampte se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ʼn Polisiewoordvoerder het aan Maroela Media bevestig die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Orpa en Elsi was albei oud-leerders van Hoërskool Alberton. Die skool het Saterdag op sy amptelike Facebook-blad sy medelye met die gesin se naasbestaandes betuig. “Ons dink veral in hierdie tyd aan [Orpa en Elsi se broer] Coert Rademeyer, ook ʼn oud-Allie. Mag ons Liewe Heer jou toevou met sy liefde en krag,” lui die inskrywing.

Coert Rademeyer jr. het Maandag in ʼn inskrywing op sy Facebook-blad geskryf dat almal in ʼn stadium in hul lewe deur moeilike tye moet gaan en moet sterk wees. “Ons sal nooit kan verstaan hoekom hierdie goed gebeur nie. Maar een ding wat ek graag wil hê almal moet onthou, is dat maak nie saak wat in die lewe gebeur nie, God is goed! Hy lewe en Hy hou ons in sy arms was. Hy sal jou nooit verlaat nie, maak nie saak wat nie,” het hy geskryf.

“God is goed en sy liefde is so groot. Hy het my geseën met die wonderlikste familie,” het hy in ʼn tweede inskrywing geskryf. Verskeie mense het op dié inskrywings gereageer met boodskappe van ondersteuning en bemoediging.

Talle ander boodskappe, foto’s en herinneringe van die oorledenes het op Facebook ingestroom. “Julle was sulke goeie mense dat God besluit het julle is te goed om nog op aarde te wees, dat jul reg is om [die] ewige lewe in te gaan,” het Deidre Nel geskryf. “Die Here het sy mooiste blomme gepluk,” het Geraldine de Wet geskryf.

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Willie ·

Coert, ons is saam met julle hartseer, al ken ons julle nie. dat so baie van jou familie eensklaps weg is, is ondenkbaar. Hou vas aan jou getuienis, dit sal jou deurdra.

Muffin ·

Dit us regtig baie baie tragies en hartverskeurend. Alle sterkte vir alle familie en vriende.
Maroela ons sal graag terugvoer wil he oor die oorsaak van die ongeluk. Ek wil nie bewerings maak nie maar dink aan baie dinge.

Marita ·

Tragies – Sterkte aan Coert. Kan jou net in gebed aan Hom opdra

Miranda ·

Was saam die Barnard sussies en Henk op skool gewees… onthou hom as ‘n besige klein seuntjie… mag hy en die ander mensies in vrede rus… Tannie Delene, Estie en Izel… liefde en innige simpatie. Ons dink aan julle en bid vir vertroosting.

JP Nelson ·

Ek was in die bevooregte posisie dat Coert Rademeyer een van my kollegas was byTFR. Laas jaar het hy met pensioen gegaan. Ek wil net vir sy seun Coert sê sterkte. Ons by TFR dink aan hom in hierdie moeilike tyd.

AD ·

@Ferdie…blykbaar was die pad blokade nie reg opgestel. Ons was 15min na die ongeluk daar. ..Maroela hou ons asb op hoogte. @ Coert jnr baie sterkte ons dink aan julle. Dit is baie tragies. ?

Heidi ·

Dis so hartseer, jammer vir jul verlies. My innige meegevoel!

Muffin ·

JP Nelson sterkte vir jou ook. Hoop nie dit is dom vraag nie maar waarvoor staan TFR. Dankie

Anon ·

Sterkte aan ALMAL wat iemand verloor het in die tragedie. Rus in vrede almal wat hul kosbare lewens verloor het, die verkeersbeampte ook xx

Marinda ·

Van die opmerkungs wat in berig aangehaal is stem ek glad nie mee saam nie. Dit is *so NiE* Bybels om te sê enige mens was te goed om langer hier te bly óf dat God sy mooiste blomme kom pluk het. My innige simpatie aan die naasbestaandes met hierdie enorme hartseer.

Jimmy ·

Ek Stem saam , God kom pluk nie sy blom nie , grootste snert daai . Ek wil iets oor kom as mense so praat . Ek bid vir hierdie mooi familie

Karinda ·

God is ‘n God van liefde Hy bring nie dood en hartseer oor ons nie. Hy vertroos ons.

Ansie Groenewald ·

As die verkeersbeamptes die verkeer reels gevolg het en waarskuwens uitgehad het van die padblokde sou daar geen ongeluk gewees het nie. DIE trok het meer as toegelaate spoed aftekom en beheer verloor toe die verkeersbeamte vir beduie het om afte trek by die bokade en alle still staande voertuig getref. Dis hoe n verkeersbeamte oorlede is en n gesien uitgewis is. Sterkte aan die oorblywende lid van gesin. Rip.

Muffin ·

Ansie Groenewald,
Baie dankie vir die inligting. Was jy daar.

Karen Glasgow ·

Daar is nie woorde nie net baie hartseer vir die familie en vriende van diè gesin en veral hul seun. Julle bly in ons gebede. Ons land se paaie is ‘n totale nagmerrie. Daar is nie genoeg wetstoepassing nie, spoed is aanvaarbaar en sperstrepe word nie in ag geneem nie.

Alwyna ·

Die owerhede sal iets moet doen aan vragmotorbestuurders. Hulle bestuur soos besetenes… Talle ongelukke word deur hulle veroorsaak.

Dot ·

Dis n baie erg. My jong broer, sy vriendin, haar suster en hul ouers is al 5 dood in 1975 ook agv n vragmotorbestuurder. Hulle was op pad na die vriendin se broer se troue. Was n groot skok vir ons almal en mens het nie woorde om te troos nie. Sterkte vir almal betrokke

Ronnie ·

So jammer oor julle verlies. Orpa is die tweede onderwyser van Retief Hoërskool in Kestell wat binne twee maande oorlede is.

Natasha ·

Sterkte aan die oorblywende lid van die famielie en Jaco Lottering ons harte gaan uit aan jou ook. Sterkte vir julle almal.

Pastoor ·

Dit is verskriklike skokkende nuus. Vir die familie bid ek sterkte. God pluk geen blomme uit Sy tuin nie. Mense word ook nie Engele nie. Die vyand het hulle lewens geroof. Wanthy is n mense moordenaar van die begin af As die mens sterf gaan hy Paradys toe as hy n kind van die Here was. Soos die rower wat langs Jesus gehang het. Heb 9.27.
Baie sterkte ek glo ons sal hulle weer sien in Verheerliking

J ·

Baie dankie vir hierdie kommentaar! Ek kan nie verstaan hoekom mense nog steeds sê God kom pluk blomme uit Sy tuin. En ek het al gehoor dat mense sê God het die persoon nodig gehad in die hemel. Absolute snert.

Baie sterkte aan Coert – mag jy jou troos in Sy teenwoordigheid vind.

Wickus de Bruin ·

Ons gesin dink aan jou in ons gebede Coert. Jy is reg. Die Here is jou Rots en Skuiling en van Hom sal vertroosting en versterking kom. Sterkte vir julle familie.

Ai tog ·

Ai tog waar kom die mense daaraan dat God sy mooiste blomme gepluk het?? God maak nie dood nie!

Vragmotor renons ·

Alwyna,
Ek stem saam, vragmotors ry soos hul wil en hou nie by hul spoedbeperking nie. Was self in ‘n nare ongeluk jaar en half gelede a.g.v. n trok wat ons 3 x laat tol en 5 x laat rol het. Eers nie gestop nie. Aan Abba Vader al die eer, prys en aanbidding vir nog ‘n kans op voluit te kan lewe!

Frankie ·

My innige simpatie aan Coert en die res van die familie en vriende.

Van waneer af maak God nie dood nie?

God is dié Almagtige God – met finale sê oor lewe, dood en al die wreedheid en swaarkry op hierdie aarde. Sonder God se goedkeuring kan niks op hierdie aarde gebeur nie.

Die Bybel is VOL voorbeelde van God wat skuldiges en onskuldiges doodmaak….die oudste seuns van die Egiptenare tydens die 10 plae…nie een van daardie kinders het hulle ouers en plek van geboorte gekies nie… en wat van Lot se hele familie wat deur God uitgewis is? Net om Lot se geloof te toets….

En ja…Hy is ook God van liefde, genade en wonderwerke.

Ons is skepsels van ‘n komplekse God wie niemand in hierdie lewe ooit regtig ten volle sal kan begryp nie.

Andrea ·

Dankie Frankie. Al die versuikerde sienings van God maak my naar. God is nie n teddiebeeragtige pappa nie. Hoekom dink jul moes Christus gekom het en kom sterf het op n wrede manier?

Hannetjie Harvie ·

Coert, ek is so bly jy vind jou sterkte en troos in die Here. Jy is n goeie vriend van my seun, Francois, en ek dink aan jou en bid vir jou. Sterkte met die moeilike tyd wat voorle.

Dean main ·

Was blessed to have known coert for 25years. Had him as my manager for 18years. He was like a second father to me. Will miss him and his family dearly. Dean Main.

treurgrond ·

Coert, vind jou sterkte en vertroosting in die Here. Die Here staan by jou. My hart huil trane vir mense wat ek nie eens geken het nie dit is net hartverskeurend.

Will ·

Ons innige simpatie en diepe meegevoel met jou verlies Coen. Mag ons Hemelse Vader jou, die familie en vriende versterk met emosionele, fisiese en geestelike krag gedurende hierdie bitter hartseer tyd. Ons voel julle pyn van hier oorkant die Atlatiese oseaan. Ons bid vir julle ? en weet daar is die Wonderlike hoop op ‘n blye weersiens wanneer Jesus kom en die dood finaal beeindig is. sterkte!

DS ·

Asseblief mense elke persoon deel met dood op sy eie manier. As dit iemand laat berusting vind deur te sê – God het sy mooiste blom gepluk – los hulle. Maar nee ons as Christene MOET mos mense oordeel selfs in so hartseer tyd (vergeet gou wat bybel sê oor oordeel). Miskien is dit die enigste manier hoe dié persoon “cope” met die verlies. Ek dink regtig dat as jy niks goeds kan sê nie bly dan eerder stil. Sterkte Coert in die moeilike tyd en hou vas aan jou geloof want in so hartseer situasie is dit al anker wat jou staande hou.

Felix Schneider ·

Ai wat ‘n verskriklike tragedie !!! Baie sterkte Coert in hierdie tyd wat voorlê. Mag die Here jou daardeur dra. Ek het die wonderlike voorreg gehad om 6 jaar saam met Orpa te werk. Wat ‘n pragtige mens. Ek self was ook 2 maande terug in ‘n motorongeluk waar ‘n ander onderwyseres van ons skool ook oorlede is. Ook ‘n vragmotor wat van agter in ons vasgery het terwyl ons gewag het om in te draai by Kestell.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.