Huldeblyke stroom in vir jong vlieënier

Werner Nel. Foto: Facebook.

Huldeblyke stroom in vir Werner Nel (28), die man wat Vrydagmiddag dood is toe die ligte vliegtuig waarvan hy die vlieënier was neergestort het.

ʼn Goeie vriendin van Nel het aan Maroela Media gesê die akrobatiese vliegtuig waarin hy verongeluk het, is deur homself gebou. “Hulle het dit self geverf en baie lank daaraan gewerk.”

Maroela Media het vroeër berig Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Vrydag teen 17:15 op ʼn kleinhoewe naby Boschkoplaan in die Tierpoort-omgewing plaasgevind.

“Die voorval sal deur burgerlugvaart ondersoek word,” het Dollman gesê.

Meganiese toerusting moes gebruik word om Nel se liggaam uit die wrak van die vliegtuig te kry.

Die vriendin vertel Nel se been is in 2009 geamputeer ná ʼn motorfietsongeluk. “Hy moes ná die ongeluk sy vlieglisensie weer oordoen, dis hoe ons hom ken – ʼn fighter. Hy het nie dat dit hom onder kry of homself jammer gekry nie.”

Werner Nel. Foto: Facebook.

Nel se pa is glo ook jare gelede in ʼn vliegongeluk dood.

Nel het sover vriende se kennis strek net nadat hy opgestyg het van die Kittyhawk-vliegveld in Boschkoplaan neergestort. “Niemand van ons weet nog wat fout gegaan het nie.”

Nel het volgens sy Facebook-profiel by Interafrica gewerk. Sy biografie op Facebook lees: “I am proudly a disabled commercial pilot, flight instructor and aerobatic pilot.”

Op 1 Oktober het ʼn Facebook-plasing gedoen van die vliegtuig waarin hy verongeluk het met die opskrif: “Today I had the privilege to fly my Zlin-50 for the first time!”

Nel was nie getroud nie.

“Hy was regtig ʼn inspirasie vir ons almal. Hy het baie liefdadigheidswerk gedoen en kinders vir flips met die vliegtuig geneem. Ek hoop daar waar hy nou is, is hy gesond en hardloop hy met albei bene rond,” het die vriendin gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Aitog dis hartverskeurend as iemand wat met sulke passie lewe so tragies moet sterf.Innige simpatie aan sy naasbestaandes en vriende.

Stormrider ·

Maroela, is dit dalk moontlik dat julle kan uitvind wat sy pa se naam was? Ek het ‘n Nel vlieginstrukteur gehad wat in ‘n vliegongeluk oorlede is

Trippie ·

Ek het gistet al die foto’s via ‘n vriend ontvang wie self ‘n vliegtuig besit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.