Huldeblyke stroom in vir kletsrymer AKA

AKA (Foto: AKA/Instagram)

Huldeblyke stroom in vir een van Suid-Afrika se gewildste kletsrymkunstenaars Kiernan Forbes, ook bekend as AKA of Supa Mega.

Maroela Media het vroeër berig hy is Vrydagaand buite ʼn restaurant in Durban doodgeskiet.

Die 35-jarige Forbes het ʼn rits Suid-Afrikaanse toekennings verower en is verskeie kere vir ʼn Black Entertainment Television (BET)-toekenning in die VSA genomineer. Hy is een keer ook vir ʼn MTV Europe-musiektoekenning genomineer.

Hy is Vrydagaand saam met nog ʼn persoon doodgeskiet toe hulle van die restaurant af teruggestap het na hul motor. Twee gewapende mans het die straat oorgesteek en op hulle gevuur, het die polisie gesê. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Masechaba Khumalo, woordvoerder van die departement van sport, kuns en kultuur, sê AKA was ook ʼn liedjieskrywer, musiekvervaardiger en entrepreneur.

Hy het in 2011 groot gewildheid behaal met sy debuutalbuum Altar Ego, met treffers soos “I Want It All”, “All I Know” en “Victory Lap”.

Die album het verskeie toekennings verower soos Beste Hip Hop Album en Beste Musiekvervaardiging by die 2011 Metro FM-musiektoekennings. Die album het ook die Beste Straatmusiek-toekenning ontvang en AKA is aangewys as manlike kunstenaar van die jaar by die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (Sama) in 2012.

Daarna het albums soos Levels, Touch my Blood en Bhovamania gevolg.

“Hy was ʼn patriotiese kunstenaar wat ons vlag hoog laat wapper het waar hy ook al gegaan het,” sê Khumalo.

Die ANC in KwaZulu-Natal het intussen gesê hulle doen opnuut ʼn beroep op wetstoepassers om streng op te tree teen misdadigers en alle hulpbronne te gebruik om onskuldige gemeenskappe te beskerm. “ʼn Strenger hand op misdaad is hoegenaamd nie ondemokraties nie. Dit strook met praktyke van vry mense,” sê Bheki Mtolo, provinsiale sekretaris van die party. “As die ANC in KwaZulu-Natal doen ons ʼn beroep op die ANC-regering om die Verenigde Front teen Misdaad-inisiatief te verskerp tydens volgende week se provinsiale kabinetsvergadering.”

Mtolo sê misdaad is een van die grootste bedreigings wat deur die land in die gesig gestaar word sedert vryheid in 1994 bekom is. “Alle sfere van die ANC-regering moet die polisie ondersteun en aanmoedig om streng en beslissend op te tree om lewens, eiendom en die waardigheid van ons land te beskerm.”

Mtolo het sy meegevoel betuig met die familie, vriende, aanhangers en musiekbedryf. “Wanneer iemand wat jy liefhet ʼn herinnering word, dan is daardie herinnering ʼn skat. Ons gaan almal sy stem mis, maar hy sal nooit uit ons hart verdwyn nie – ons sal aanhou bly luister na sy inspirerende musiek.”

Beauty Dlulane, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur sê AKA se afsterwe is ʼn verlies vir die bedryf en vir Suid-Afrika.

Volgens Dlulane is ‘n derde persoon ook tydens die skietery beseer en is tans in die hospitaal.

Op sosiale media het die platejoggie Justin James geskryf: “Een minuut is jy hier, en die volgende oomblik is jy weg. Mens moet die beste van jou tyd maak – net soos wat AKA gedoen het. Rus en vrede aan die Beste van Alle Tye.”

Sangeres Nandi Madida voeg by: “Broeder, dankie vir die musiek en die herinneringe.”

Sangeres Tamara Dey skryf: “Rus in vrede, Kiernan, Dankie vir die herinneringe en die musiek. My innige meegevoel aan Kairo, Lynn en die familie. Ons dink aan julle almal en hou julle naby aan ons harte.”

When social media was flooded last night with articles and videos stating that you had passed on, my heart was in denial…

Posted by Love, Laugh, de Lange. on Friday, February 10, 2023

 

I Genuinely thought I’d wake up and it was all a bad joke. You don’t have to be related to feel this pain. It’s…

Posted by Leo Dos Santos on Friday, February 10, 2023

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Janice ·

Florida weg is heerlik in die dag. Die restaurante is tops, maar saans bly jy ver weg.

Christine ·

Het hulle al uitgevind hoe AKA se verloofde ‘n paar jaar gelede uit die venster van haar woonstel na haar dood geval het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.