Huldeblyke stroom in vir oudregter

hof-hamer

Argieffoto.

Huldeblyke stroom in vir oudregter Essa Moosa wat Sondagoggend in Kaapstad oorlede is.

Moosa (81) is by sy huis in Rondebosch-Oos ná ’n kort siekte oorlede. Hy sou reeds Sondagmiddag begrawe word.

Pres. Jacob Zuma het gesê hy is hartseer oor die voormalige hooggeregshofregter en menseregteprokureur. “Sy afsterwe is ʼn reuseverlies vir die land. Ons wil graag ons medelye betoon met die Moosa-familie en ons gebede is met hulle in die moeilike tyd.”

Glynnis Breytenbach, woordvoerder van die DA, het gesê Moosa het ʼn groot bydrae gemaak tot die land. “Hy was ʼn menseregteprokureur wat apartheidsoortredings soos aanhouding sonder ʼn verhoor teengestaan het. Hy het ʼn groot rol gespeel in die totstandkoming van ons demokrasie.”

Moosa het tot 1997 as prokureur gewerk en is in 1998 as regter van die Wes-Kaapse hooggeregshof aangewys voor hy in Februarie 2011 afgetree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Hierdie kommentaar word geloots met respek vir Essa Moosa en simpatie met sy agtergeblewenes. Bevraagteken slegs Glynnis Breytenbach se stelling dat ‘hy ‘n groot rol gespeel het in ons demokrasie’. Demokrasie noem jy dit, Glynnis? Jy het self gevorderde opleiding. Jy weet mos van beter en het self al die ANC se boelietaktiek ervaar. Jy behoort van beter te wees as om Suid Afrika te beskryf as ‘n demokratiese bestel.

jaco ·

Met Glynnis se parlementêre salaris van MEER AS R1miljoen per jaar, PLUS n lekker motor PLUS n lekker huis PLUS ‘n onthaaltoelae PLUS ‘n selfoonkontrak PLUS verniet vlieg, is dit maklik om te sê SA is ‘n wonderlike demokrasie.

E.K. - ek sê net! ·

Me Breytenbach noem nie dat alles nog demokraties geskied in die land nie, sy noem dat hy gehelp het om demokrasie tot stand te bring. En om aangehoudending sonder verhoor WAS verkeerd, maak nie saak hoe jy voel oor anderskleuriges of wie ookal nie. As die skoen aan die ander voet was sou jul dieselfde gevoel het, mens moet tog regverdig dink mense! Die punt wat ek maak is dat Moosa vir regverdigheid en geregtigheid gestaan het en in enige mens is dit bewonderingswaardig al stem jy nie met sy politiek saam nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.