Huldeblyke stroom in vir Randall Wicomb

Randall Wicomb Foto: ravepad.com

Randall Wicomb Foto: ravepad.com

Huldeblyke stroom van oraloor in vir Randall Wicomb, die sanger en musikant wat Sondagoggend vroeg sy stryd teen kanker verloor het.

Maroela Media het vroeër berig Randall, wat veral bekend was vir “Dans met die rooi rok”, die “Duitswes-wals”, het in die ouderdom van 66 by sy huis in Stellenbosch gesterf. Hy laat sy vrou Koba, en drie kinders agter.

Steve Hofmeyr het Sondag ʼn spesiale boodskap op sy sosiale media gelaai vir Randall en die bydrae wat hy gelewer het tot Afrikaanse musiek:

Skaam sigeuner van my taal
Wie gaan haar nou deur sy tande haal soos suikerriet, en soos met karobpeul die soet daaruit suig, en dit terugsing op ons lippe.
Jy gaan die engele neffens jou maak huil
Waar jy en Dawid nou Psalms ruil…
Rus rustig vriend.

Nog huldeblyke aan die sanger:



https://youtu.be/rKxHcnMCeaw
https://youtu.be/GTUMVo11b6c

Randall Wicomb (1949-2015)Skaam sigeuner van my taalWie gaan haar nou deur sy tande haal soos suikerriet, en soos met…

Posted by Steve Hofmeyr on Sunday, 27 December 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eliza-beth ·

Rus sag ou grote! Stekte aan al sy familie en vriende.

Oud Paul Rooser ·

Ek dink graag terug aan die lekker skool jare daar in die sewentigs as ‘n standers sessie in Paul Roos op Stellenbosch. Sparks en sy Josephine wat jou emmers vol laat sweet en lang trane laat huil het, maar dan later in die week die snaakse nuwe onnie wat 600 seuns kon laat dreunsing. Snaaks? ‘n Parabat met sulke fris biceps spiere en so half engelserig, maar ‘n ou wat hou van musiek maak en sing.
Die beach Boys se Sloop John B: … “I feel so broke up, I wanna go home”…was te bedaard vir die matrieks heel agter in die saal. Hul sing: … ” I feel so f ..ked up, I wanna go home”. Mnr. Wicomb laat ons daai liedjie oor en oor sing en jy kan sien hy soek. Hy wil daai manne vastrap.
Die volgende oomblik spring hy van die verhoog af en hol al in die paadjie af tot by die kwajongens. (Dit was in die tyd van daai platform skoene. Wat ‘n gesig, al dawerend op die plankvloer af tot agter in die saal.) Ek dink amper ‘n prominente DA lid van vandag (pa was ‘n orrelis by die studente kerk) was een van die manne daar agter in die saal :-).
Ons almal het geskater van die lag vir die petalje, maar ‘n paar uitverkorenes se agterstewe het saam gesels.
Vormende jare wat ek graag vir my kleinkinders sal wil toewens.
Dankie Mnr. Wicomb, jy het on ryker gelaat
(en Sparks? : fikser en vasbyt geleer!) .

Paul ·

n Groot boom in die musiekbedryf het geval. Sy bydrae was enorm en die wyse waarop sy liedjies (veral die Griekwa Psalms) hierdie pragtige Taal van ons laat leef het, was ongelooflik. Gedurende 1986 het ek een van sy konserte in Kaapstad bygewoon. My dogter, nou ook al n jong dame, het altyd (as ek die LP gespeel het) van oom Rooirok gepraat. Rus sag oom Rooirok en dankie vir alles wat jy vir Afrikaanse musiek gedoen het!

albert marais ·

Groot verlies vir Afrikaans en afrikaase musiek. Sterkte aan die familie

sarievan heerden ·

Daar is ‘n baie spesiale band tussen ons kunstenaars wat mens altyd bemerk wanneer een van hulle probleme het of ‘n ramp hul tref. Wat ‘n mooi versie van Steve aan sy ontslape vriend!

Lynette ·

Sjoe hy was ook n stem duisend . Ek het die voorreg gehad om op my 50ste verjaardag na n show in Namibia te gaan . dit was die show van Griekwa Psalms . Daai aand het ek besef hierdie is n diep man . Met so n onder smile . Dankie Randall vir my CD en RIV jou taak is volbring en soos baie ander gaan ek jou en jou stem mis .

pop ·

Ek het die huisgenoot se artikel die week gelees van Randall, en kon nie ophou huil nie. So eensaam in sy pyn was hy, Was die hartverskeurendste storie. Ek hoop my ou man en kinders sal my nie so in eensaamheid die doodstyd laat aanpak nie. Rus in vrede geliefde mens. Jy was voorwaar n spesiale mens, en ek is bly dat jy nou musiek maak in die Hemel. Nes jy gese het jy gaan.

joep en helma houba nederland ·

wij hadden enkele jaren geleden het voorrecht Randal te ontmoeten en lang met hem te praten over wat belangrijk was in zijn leven – geloof muziek en een eerlijke kijk op het leven.
Wij koesteren dit kontakt en nog meer zijn muziek. Hij moge rusten in vrede.
Een verlies voor Zuid Afrika en de mooie Afrikaanse Taal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.